Wiskunde by Afrikaanse skole 500 % beter as res – 't Scheldt

Wiskunde by Afrikaanse skole 500 % beter as res

Interessant nog uit die 2015 Matriekuitslae is dat dit uit ‘n navorsingsverslag van Helpende Hand Skole-ondersteu-ningsentrum (SOS ) blyk dat slegs 5,3 % van alle skole in S-A meer as 28 % van die Wiskunde-onderskeidings behaal het. Die verslag wys dat 358 Afrikaanse hoërskole (5,3 %) ‘n total van 2 193 onderskeidings (28,2 %) in Wiskunde behaal het. Dit toon dat die verhouding van die aantal onderskeidings per skool 500 % beter is by Afrikaanse skole as by die res van skole in die land.

Die slotsom is dat indien alle skole in die land soos Afrikaanse skole sou presteer het, sou daar meer as 40 000 Wiskunde-onderskeidings in die 2015-matriekeksamen gewees het – daar was egter slegs 7 791.Moslemse seksuele teistering in EuropaDit blyk dat die seksuele aanvalle op vroue deur mans van Arabiese en Noord-Afrikaanse afkoms Oujarsnag 2015 in Keulen slegs die oortjies van die seekoei is. Aanvanklik het die Duitse polisie en hoofstroommedia die nuus daaromtrent probeer verdoesel, maar veral in sosiale media is die deksel van die pot af geblaas en honderde vroulike slagoffers het na vore gekom van hoe hulle in die samedromming van mense in die hart van Keulen geteiken, betas, beroof en selfs verkrag is. Dit blyk voorts dat dit ‘n georkestreerde aanval was en dat tot soveel as ongeveer 1 000 manlike aanvallers betrokke was. Voortvloeiend uit hierdie openbaring het berigte gekom van soortgelyke voorvalle in Swede, Denemarke, Finland, Nederland, België en Frankryk.
Veral uit Swede blyk dit dat al vir ‘n paar jaar vroue die slagoffers is van immigrante uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Daarmee word die hele kwessie van immigrante-instroming in Europa in die kookpot gegooi en is o.a. ‘n wye teenreaksie en sterk opkoms van regse politieke partye die gevolg.Afrikaans struikel op tersiêre vlak
Vanjaar het Afrikaans gestruikel op tersiêre vlak met verskeie Afrikaanse universiteite wat dreig om die handdoek in te gooi vir die taal as onderrigmedium. By Tukkies is aanvanklik berig die bestuur het besluit dit is ikabod met Afrikaans as medium van onderrig, maar later het rektor Cheryl de la Rey dit ontken en gesê die posisie van Afrikaans is vasgelê in die taalbeleid van die universiteit. By Pukke lyk dit of oorhoofse rektor en anti-Afrikaanse aktivis prof. Dan Kgwadi sy sin gaan kry om Afrikaans te transformeer na ‘n randtaal. Die universiteitsraad onder adv. Johan Kruger gee hom sy sin, terwyl Potch-rektor prof. Herman van Schalkwyk einde vanjaar oppad is uit met ‘n skeidingspakket. By Kovsies het rektor prof. Jonathan Janses toegelaat dat ‘n geheime komitee ‘n interne demokratiese besluit vir die behoud van Afrikaans omkeer en lyk dit of kursusse vanaf 2017 slegs in Engels aangebied gaan word.
Die senaat het besluit om nie oor die kwessie te stem nie, terwyl die universiteitsraad onder regter Ian van der Merwe al die pad die groenlilg gee.
By Maties het rektor prof. Wim de Villiers ‘n sleutelrol gespeel om die verskanste posisie van Afrikaans omver te gooi en toe te gee aan die druk van ‘n minderheid hoofsaaklik swart studente – terwyl minstens 80 % van studente en van inwoners van die W-Kaap Afrikaanssprekend is. Hiervoor het die universiteitsraad egter sopas ‘n stokkie gesteek en Afrikaans vir die voorsienbare toekoms van sy plek verseker naas Engels en Xhosa.
Aan die verdere ligkant is Solidariteit besig met die vestiging van die Akademia Afrikaanse Universiteit in Centurion en beplan om teen 2020 ‘n volwaardige en gevorderde kampus operasioneel te hê. Terselfdertyd word beoog om die tegniese kollege Sol-Tech uit te bou tot opleidingskapasiteit van 1 500 ambagslui per jaar.

Vredefort Koepel wanbestuur
Die Vredefort Koepelgebied wat in 2005 tot ‘n Wêrelderfenisgebied verklaar is, is die afgelope 10 jaar so gebrekkig bestuur en wangeadministreer dat selfs ‘n ultimatum van Unesco om dit op standaard te kry teen 1 Februarie vanjaar, verstryk het sonder dat die S-A regering aan die gestelde vereistes voldoen het.
‘n Besoekersentrum vir die gebied wat reeds in 2008 by Vredefort voltooi is teen ‘n koste van R 11,7 miljoen, is só swak gebou dat dit nooit ten volle in gebruik geneem is nie en tans ‘n skuilplek vir boemelaars is. Voorts is altesaam R 18 miljoen bewillig om die gebied toerismevriendelik te maak met o.m. wandelpaaie en inligtingsborde, maar daarvan is eweneens niks te sien nie. Plaaslike organisasies en toerismeforums probeer desnieteenstaande die beste nut en voordeel uit die gebied put, maar die Wêrelderfenis-aangeleentheid het ‘n internasionale verleentheid vir sowel die S-A regering as die Vrystaatse provinsiale regering geword.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *