Waterkrisis in Welkom – 't Scheldt

Waterkrisis in Welkom

Inwoners van Welkom in die Vrystaat sit met ‘n reuse probleem. Die drinkwater is ondrinkbaar. Welkom, met sowat 500 000 inwoners, is die hoofstad van die Vrystaatse Goudveld. Die mees-te goudmyne in die Vrystaat, wat 24 % van die wêreld se goud geproduseer het, het aanvanklik aan Anglo-American (AA) behoort. Nadat die grootste gedeelte van die goedkoopherwinbare goud gemyn is, en van die skagte moes sluit, het Anglo besluit om die land te verlaat. Die land se politiek het ook ‘n groot rol gespeel in Anglo se besluit om sy hoofkantoor liewer na Londen te verskuif. Die goudveld kry ‘n gedeelte van sy water uit die Vaalrivier, wat die laaste 20 jaar geweldig besoedel is. Gauteng se industriële afvalwater, wat met allerlei chemikalieë besmet is, word in die Vaalrivier gestort. Ook Johannesburg se rou rioolwater gaan direk na die Vaalrivier, waaruit die Vrystaatse Goudveld sy drinkwater kry. Daar is ‘n watersuiweringsaanleg by Balkfontein, net buite Bothaville, wat sowat 80 km van Welkom af lê. Sedert 1994, toe die blanke regering in S-A beheer oor die land verloor het, en Nelson Mandela se ANC-regering beheer oorgeneem het, het standaarde orals in die land verswak. Ook die standaard van Balkfontein se watersuiwerings-prosesse het gedaal. Al hoe meer individue in die Goudveld koop nou ten duurste hul drinkwater in plastiekvlesse. Ander inwoners laat waterfiltreerders in hul huise installeer. In November vanjaar het die bom egter wéér gebars, toe inwoners rooi gekleurde water in Witpan, net buite die stad, op-gemerk het. Die bestuurder van die plaaslike slagpale (abbatoir) ontken dat die rooiwater van hom af kom. Ook ander nywerhede in die stad ontken dat hulle daarvoor verantwoordelik is. Sedert die ANC beheer oor Welkom se munisipaliteit oorgeneem het, is daar permanent lekkasies van rioolpype in die stad. Pype word gedurig ver-vang, maar die probleem van stinkende water wat die strate af loop, het nog nooit opgehou nie. Boere in die omgewing kla dat hul beeste en varke van die besmette water drink. Mnr Johan Terblanche, nog ‘n boer van die omgewing, sê: ‘Indien my koeie van die water sou drink, sal hul-le met masels besmet word!’ Saaiboere kla dat hulle hul groente met water uit die Sandrivier besproei, en dat kool, blaarslaai, en ander groentes, soms vol wurms is. Daar is ook reeds lintwurms in die water gevind wat na Witpan vloei. Witpan se water word na die Sandrivier herlei. ‘Om by die ANC-beheerde munisipaliteit te kla, help niks!  Ons doen dit al vir meer as 10 jaar’, sê een van die blanke boere.*Wat het geword van die Weermag wat die ANC geërf het?

In ‘n mediaverklaring sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus: ‘In 1994 het oud-pres. Nelson Mandela self gesê die ANC het ʼn goeie, gedissiplineerde weermag geërf. Vandag kan die vraag gevra word wat van dié weermag geword het?
Vokorts is destyds die weermag uitgebou en gemoderniseer met ʼn wapenaankoopprogram van R 30 miljard wat uiteindelik tot R 70 miljard geëskaleer het. In die proses is o.m. gesofistikeerde Gripen-vegvliegtuie en duikbote aangekoop wat met die beste in die wêreld vergelyk het. Die mil-têre erfporsie van die ANC in 1994 was goed en modern. Maar wat het intussen gebeur? Ons het soldate in die Sentraal Afrikaanse Republiek verloor, terwyl die Gripens weggesteek in ʼn stoor staan. In ʼn ander geval het ons gesien hoe ʼn nuwe duikboot teen die seebodem vasduik. Wat het geword van standaarde en dissipline?
Ons hoor van ʼn vrouekolonel wat met pienk pantoffels in die openbaar rondloop terwyl sy aan diens is. Op Oudtshoorn het ʼn offisier soldate van die weermag se reaksie-eenheid met skerppunt-ammunisie geaktiveer en in konflik met die S-A Polisiediens gebring om ʼn makker te ontset. Wat het dus van die professionele, gedissiplineerde Weermagerfenis geword?’*R30 miljoen vir ou Ramkraal Tronk weg
In ‘n mediaverklaring van die DA – ook slegs in Engels verskaf – word gemeld dat ‘n inspeksie ter plaatse by die ou Ramkraal Tronk op die grens tussen Bloemfontein en Batho geen teken van opknapping en ontwikkeling getoon het nie – dit ondanks die feit dat R 30 miljoen begroot en gespandeer is om die ou perseel te omskep in ‘n nuwe Wetgewergebou vir die Vrystaat. Inderwaarheid is die ou perseel, wat as ‘n geskiedkundige gedenkwaardigheid verklaar is, totaal gevandaliseer. Sover bekend, kon die DA nog nie ‘n verklarende antwoord verkry van die Vrystaatse LUR vir Openbare Werke nie.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *