Water in Vaalrivierstelsel beroerd – 't Scheldt

Water in Vaalrivierstelsel beroerd

Na berig word deur Media24 is die watersituasie in die Vaalrivierstelsel so beroerd dat 12 miljoen mense waarskynlik gedwing gaan word om hul waterverbruik met minstens 15 % te verminder. Die Dept van Water en Sanitasie is van plan om onmiddellik waterbeperkings in Gauteng, dele van Mpumalanga, die Noord-Vrystaat en dele van Noordwes in te stel. Volgens hierdie beplanning sal boere hul watergebruik met 20 % moet verminder, maar Eskom en nywerhede waaronder steenkoolmyne en Sasol sal nie daardeur geraak word nie, want hulle ‘moet die ekonomie aan die gang hou’. Daar is tans 23% minder water in die Vaalrivierstelsel as ‘n jaar gelede, terwyl Vaaldam nou 40,4 % vol is teenoor 74 % ‘n jaar gelede.Hentiesbaai Kwêla Dorp van die JaarIn die Kwêla Dorp van die Jaarkompetisie 2016 is uit die nege streekswenners drie finaliste aangewys waaruit Hentiesbaai as algehele wenner benoem is. Die ander twee finaliste was Paul Roux en Potchefstroom. Volgens die organiseerders van die kompetisie word daardeur nie net dorpe bymekaar gebring en gees gebou onder die inwoners nie, maar kry die dorpe ook ’n sterk finansiële inspuiting met toerisme wat toeneem na die dorpe. Hentiesbaai is die eerste Namibie-se dorp wat die toekenning verower.Krieket SA-ondersoek gelosDie onafhanklike komitee van vier lede wat deur Krieket SA aangestel is om die swak vertonings van die Proteas verlede seisoen te ondersoek, is afgestel nog voordat dit met sy werksaamhede begin het. Volgens van die lede van die komitee is die proses laat vaar omdat die mandaat nie duidelik was nie en daar nie ooreengekom kon word oor die omvang en tydskedule van die ondersoek nie. Een van die lede van die komitee was Francois Pienaar, oud-Springbokkaptein. Algemeen is verwag dat die komitee ook aandag sou gee aan die impak van kleurkwotas op spankeuses en die werksprestasie van afrigter Russell Domingo. Nou is al hierdie evaluasies van die baan. Intussen ploeter die Proteas voort in die driehoekige eendagreeks in Guyana met Wes-Indië en Australië en het hulle die eerste wedstryd teen Indië met vier paaltjies verloor.Sukses van CapitecCapitec Bank staan uit as een van die sukses-stories nie net in die SA banksektor nie, maar ook in die sakewêreld oor die algemeen. Capitec is in 2000 deur Riaan Stassen en Michiel le Roux begin en uitgebou van mikrolener tot ‘n volwaardige bank – vandag as een van die groot banke in SA. Capitec het in 2002 teen ‘n aandeelprys van minder as R2 op die JSE genoteer en huidig verhandel dit teen R593 per aandeel. Standard & Poor’s (S&P) verwag dat Capitec teen die einde van volgende jaar die derde grootste bank in SA gaan wees wat betref getal kliënte. Waar Capitec in 2009 1,5 miljoen kliënte gehad het, het dit ein-de Februarie vanjaar 7,3 miljoen kliënte gehad – sowat 17,5 % van die totale mark.Regeringshulp droogtegeteisterde boereTerwyl Vrystaat Landbou bereken het dat boere in die provinsie dringend 1 miljoen ton veevoer benodig om hulle oor die effek van die 2015/16 droogte te help, het die Vrystaatse regering 100 sakke voedingspille geskenk. Daar is wel in die begroting van die provinsiale regering R miljoen begroot vir droogtehulp, maar hoeveel daarvan het by die kommersiële boere in die provinsie, as die hoofkosprodusente, uitgekom? Ons weet nie, daarom vra ons.Intussen het Vrystaat Landbou self ingespring en ‘n totaal van 1 630 bale voer, 38 ton proteïenvoer en 2 877 sakke voerkorrels na 17 van die mees geaffekteerde landbouverenigings in die provinsie versprei. Op nasionale vlak weier die regering om die droogte as ‘n nasionale ramp te verklaar en dienooreenkomstig te hanteer. Wat ‘n klap in die gesig van die puik en positiewe kommersiële boerderysektor.Moeletsi Mbeki oor toekoms van SA‘n Swart persoon wat in eie reg onwrikbaar staan vir reg en geregtigheid, nugterheid en balans in SA – in dieselfde klas as ‘n Thuli Madonsela – is Moeletsi Mbeki, navorser en politieke kommentator. Hy is ‘n broer van oud-pres. Thabo Mbeki, maar is in politieke sienswyse en optrede presies die teenoorgestelde. Moeletsi Mbeki het pas saam met sy niggie Nobantu Mbeki ‘n boek getiteld A Manifesto for Social Change, die lig laat sien, daarin skets hy verwagte toekomsscenarios vir SA wat enige realistiese leser sal skud. Volgens die boek is SA ryp vir ‘n gewelddadige rewolusie aan die hand van ‘n korrupte regering en ‘n gekorrupteerde politieke en sosio-ekonomiese bestel. As jy jou vinger op die pols van SA wil hou, moet jy hierdie boek lees.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *