Vrystaat steier onder moorddadige plaasaanvalle – 't Scheldt

Vrystaat steier onder moorddadige plaasaanvalle

Die afgelope maand is eers Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger op hul plaas tussen Verkykerskop en Vrede op ‘n Sondagmiddag nadat hulle van die kerk af gekom het deur twee aanvallers elk met verskeie kopskote kritiek gewond. Die volgende Sondag is dr. Hein Smith (77) van die plaas Rondekom dood nadat hy erg vermink en vasgemaak in ‘n veld sowat 800 meter van sy opstal gekry is. Die vermoede bestaan dat hy die hele nag in slegs ‘n frokkie en denimbroek in die snerpende koue deurgebring het voordat hy Sondag gevind is en kort daarna oorlede is. Voorts is ‘n plaasbestuurder, Joseph Matheatau (56) van die plaas Doringnek, deur twee aanvallers ernstig aangerand en daarna gewaarsku dat hy doodgemaak gaan word as hy weer op die plaas gesien word. Sover bekend, het geen lid van die Vrystaatse regering met enigen van hierdie slagoffers of hul naasbestaandes meegevoel betuig nie. In die eerste ses maande van 2015 het ‘n totaal van 15 moorde op plase in die Vrystaat plaasgevind. Inmiddels is 37 skape van Nico Mienie in die distrik Steynsrus in een nag op barbaarse wyse vermink en geslag, terwyl in die mees onlangse voorval die 27 jarige Nerissa van Niekerk in haar plaashuis in die distrik Ficksburg net ná middernag oorval, aangerand en beroof.Staat net so skuldigIngeligte bronne beweer dat meer as 60 % van munisipaliteite verkeer tans in ’n finansiële verknorsing. Hulle het uitstaande skulde wat nie vereffen kan word nie – want hulle het nie geld nie. Benewens swak bestuur, korrupsie en onbevoegdheid, skuld munisipaliteite miljarde Rand aan verskeie verskaffers, waarvan Eskom die grootste skuldeiser is, betaal duisende inwoners ook nie hulle verpligtinge teenoor die munisipaliteite nie.Benewens die onhoudbare situasie, blyk dit nou dat staatsdepartemente ewe skuldig is, omdat hulle ook nie hul verpligtinge teenoor munisipaliteite nakom nie. Pravin Gordhan, die Minister van Samewerkende Regering sê talle staatsdepartemente skuld munisipaliteite sowat R 3,5 mil-jard. Die regering hou 89 munisipaliteite se toelae terug omdat hulle Eskom gesamentlik R 9 miljard skuld, maar staatsdepartement skuld munisipaliteite byna die helfte daarvan. Nou word sulke munisipaliteite gestraf deur hulle toelaes terug te hou omdat hulle Eskom se rekenings nie betaal het nie. Waarnemers sê dit is ’n onhoudbare situasie, want die Departemente se skuld aan munisipaliteite is deels die oorsaak vir onbetaalde Eskom rekenings.Dit blyk dat Staatsdepartemente se skulde aan munisipaliteite bestaan uit elektrisiteit ten bedrae van sowat R 591 miljoen, eiendomsbelasting van meer as R 1,2 miljard, Water R 112 miljoen, die bestuur van rioolwater R 125 miljoen, en algemene skulde aan munisipaliteite ten bedrae van R 950 miljoen. Op die ou end is dit die belastingbetaler wat vir alles moet betaal. Hulle betaal tot 200 % vir alle dienste – dit wat hulle ontvang, maar soms ook vir dienste wat hulle nie ontvang nie!Geskiedenis in skoolhandboeke verdraai

Die grootskaalse verdraaiing van die geskiedenis van die Afrikaner in Suid-Afrika in hedendaagse skoolhandboeke is onderstreep in ‘n verslag wat die FAK uitgebring het ná ‘n ondersoek oor die geskiedeniskurrikulum in skole.Dit blyk dat die skrywers van die skoolhandboeke daarop ingestel is om die ANC en sy leiers as die helde in die geskiedenis op te hemel en die ou Afrikanerleiers as die skurke voor te stel.Die geskiedenis word inderdaad deur die huidige heersers herskryf soos wat dit hulle pas.Nuwe Minderjarige Sekswet
Met die ondertekening deur die staatspresident verlede maand van die Wysigingswet op Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 5 van 2015, het ingrypende bepalings in werking getree, soos dat konsensuele seks tussen kinders van ouderdomme 12 tot 15 wettig is.Die Wysigingswet verander egter nie die ouderdomsperk van jonger as 16 jaar vir statutêre verkragting nie.Volgens die nuwe wet egter, as ‘n tiener van 16 of 17 met ‘n jonger kind seksuele omgang het, is dit nog nie statutêre verkragting nie mits die ouderdomsverskil nie meer as twee jaar is nie. Inmiddels berig Helpende Hand dat in 2014 ‘n totaal van 45 230 strafsake teen kinders aangemeld is, oftewel 124 misdade per dag.Voorts is verlede jaar 1 832 lewenslange vonnisse gevel teen persone wat misdade teen kinders gepleeg het.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *