Vraag oor EFF-veiligheidspersoneel – 't Scheldt

Vraag oor EFF-veiligheidspersoneel

Die DA sê hulle het berigte ontvang dat twee van die sg. withemde veiligheidspersoneel van die Parlement wat telkens ingeroep word om die balhorige EFF met geweld te verwyder, inderwaar-heid EFF-veiligheidswagte is. Daar word beweer dat die twee persoonlike lyfwagte van Julius Malema is wat die Parlementêre inligtingsdiens geïnfiltreer het en in die onderonsies ter beskerming omsien na Malema. Indien die beweringe, wat tans ondersoek word, waar blyk te wees, maak dit des te meer van die Parlement die georkestreerde bespotting wat dit reeds is.*Aftakeling van hoër onderwys: ANC-plan‘n Mediaverklaring van die VF Plus lui soos volg: ‘Die ANC se planne met Suid-Afrika herinner aan die futuristiese rolprent War of the Worlds waar die eerstepersoonverteller ons inlig oor die indringers se planne met die aarde met die volgende stelling: ‘(they) regarded this Earth with envious eyes, and slowly, and surely, they drew their plans against us…’.Net so is die ANC besig om sy sogenaamde Nasionale Demokratiese Revolusie te gebruik om Suid-Afrika te omvorm in ʼn kommunistiese staat waar hy alle mag en beheer het sonder enige plek vir minderhede, en die kodenaam hiervoor is ‘transformasie’. Dit raak toenemend duidelik dat die ANC hoër onderwys beskou as ʼn magsbasis wat deur hom beheer moet word en dit is reeds in werking gestel met die gevolg van swak geskool-de leerlinge, soos in Gauteng waar die LUR vir Onderwys al hoe meer magte bekom in weerwil van die beginsel van gemeenskapsdemokrasie. Midde-in die stryd om die Tesourie van kaping te red, is daar nou nog ʼn stryd om hoër onderwys te red uit die tentakels van Minister Blade Nzimande, die man wat die vrye markstelsel haat, maar hovaardig leef, ry, vlieg en klee in die produkte van dié stelsel.Transformasie is die kodewoord vir totale sentra-lisering van mag en die vernietiging van diversiteit op die pad na die verwesenliking van ʼn kommunistiese staat en hierdie wetsontwerp is een van die instrumente wat vir die doel gebruik word. Die Khoi, San, bruin gemeenskap, Indiërs, Jode en Afrikaners het geen plek of toekoms in die ANC se planne nie. Hierdie minderhede gaan dit nie sonder slag of stoot aanvaar nie en is reeds besig om ʼn verenigde front teen hierdie aanslag te vorm. In War of the Worlds is die indringers uiteindelik deur natuurlike kieme vernietig en net so sal die ANC en die EFF se plan op natuurlike wyse verydel word deur die meerderheid regden-kende mense.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *