Toestroming na Europa ingrypende implikasies – 't Scheldt

Toestroming na Europa ingrypende implikasies

Die steeds voortgaande massale toestroming van vlugtelinge en immigrante uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Europa het allerlei ingrypende maatskaplike, politieke en ekonomiese implika-sies, soos bewese probleme met onassimileer-bare Moslems, noodwendige rassevermenging en skerp toename in mensehandel.Met feitlik net die klere aan hul lyf stroom hon-derdduisende, indien nie miljoene, vlugtelinge veral uit Sirië en Irak na Oos-Europa met die hoop om deurgelaat te word om in Wes-Europa en in Brittanje en selfs tot in Ysland te vestig. Talle van hulle probeer ook in oorlaaide bote die Middellandse See oor te steek en in die proses het al groot groepe verdrink.Die jongste aanduidings is dat van die Europese lande hul grense drasties begin sluit. Kanselier Angela Merkel het skielik ‘n beleidsommekeer gemaak, terwyl Hongarye en Oostenryk streng grensbeheermaatreëls ingestel het. Daar word egter deur die media sterk op die emosies van Europeërs gespeel en is daar basies tweespalt of die vlugtelinge verwelkom moet word of gekeer moet word. ‘Salarisse’ van NW-spookwerkers verdwerg Nkandla‘n Mediaverklaring van Solidariteit lui soos volg: ‘Die koste van salarisse van 36 000 spookwerkers in die Noordwes Provinsie is in een maand sowat 3,5 keer meer as wat pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning tot dusver gekos het. Die gemiddelde amptenaar in die provinsie verdien sowat R 25 000 per maand. Dit is R 900 miljoen as dit met 36 000 vermenigvuldig word. Die Nkandla-woning het sover R 246 miljoen gekos en dus word hier in ’n enkele maand sowat 3,5 keer meer geld vermors. Die Ouditeur-generaal se verslag vir 2013/14 toon die provinsie het R 1 miljard nodig om sy agterstand in te haal. Een maand se spookwerker-salarisse sou dus bykans die provinsie se huidige begro-tingsagterstand kon uitwis.Salarisse van die NW provinsiale regering slurp tans 58 % (R 18,3 miljard) van die begroting op, terwyl die orige 42 % (R 13,5 miljard) al is wat vir besteding aan goedere en dienste asook kapitaal-besteding oorbly’.1 000 jaar om grondeise af te handel TLU SADie huidige grondeise proses gaan nie in een mens se leeftyd afgehandel word nie. Trouens, teen die huidige tempo gaan slegs die 20 737 eise wat in die eerste kwartaal van vanjaar ingedien is, meer as 55 jaar neem om te finaliseer. Dit sluit nie die eise in wat nog uitstaande is van die vorige rondte nie, ook nie die wat na die eerste kwartaal ingedien is nie en uiteraard ook nie dié wat nog tot 2019 ingedien moet word nie.Die Departement verwag dat sowat 379 000 eise ingedien sal word. Daardie eise sal dan in ongeveer 1 000 jaar gefinaliseer word!Hierdie skep bowendien valse verwagtings by eisers dat hulle nog in hulle leeftyd ‘n vergoeding gaan ontvang’, aldus Louis Meintjes, TLU SA president, in reaksie op syfers wat die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming onlangs ter tafel gelê het.Meintjes moedig boere egter aan om positief voort te gaan om die verbruiker van kos op die tafel te voorsien. Hy sê: ‘Ons boer steeds, nie te danke aan die regering nie, maar ten spyte van die regering’. Voorkomingsplan vir agitasie op kampusseIn reaksie op die gewelddadige agitasie van swart studente en EFF-lede op tersiêre kampusse, het AfriForum Jeug (AFJ) ’n Nasionale Voorkomingsplan bekendgestel.Die plan bestaan uit 10 aksies wat by tersiêre instellings uitgevoer kan word, waaronder reaksieplanne indien gewelddadige betogings uitbreek, die gebruik van privaat veiligheidsmaatskappye om studente se regte te beskerm, aksies vir die behoud van Afrikaans en opleiding in studenteregte en selfverdediging.In hierdie verband is ‘n videogreep te sien op AfriForum se YouTube-kanaal byhttps://youtu.be/G-a8SESXKoE.Skynbaar het die AFJ-aksieplan nie veel aftrek by tersiêre instellings gekry nie, maar dit is opmerklik dat die gewelddadige proteste skielik afgeneem of selfs opgehou het. Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *