Syngenta 2016 Graanakademie – 't Scheldt

Syngenta 2016 Graanakademie

Verlede maand is die gradueringsplegtigheid van die jongste groep jong graanprodusente van die Syngenta Graanakademie by die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat in Bloem-fontein aangebied. Die gassprekers was landbou-leiers op nasionale vlak, o.a. Jannie de Villiers (HUB van Graan SA), Chris Schoonwinkel (uitvoerende lid van Graan SA), Deon Barnard (UV Sakeskool) en Linda van der Merwe (hoof van kliëntebemarking Syngenta SA).

Die groep, waaronder drie dames, is afkomstig uit al die belangrikste graanproduserende gebiede in die land. Die program word deur Syngenta in samewerking met die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en met die ondersteuning van Graan SA aangebied. As sulks dien die innoverende opleiding van jong sakeleiers voorwaar as voorbeeld vir ander sektore in die ekonomie. Die Syngenta-kursus begin in Maart elke jaar en duur tot Junie, wanneer by ‘n galageleentheid die jong produsente gedetailleerde terugvoer moet gee van hul navorsingsprojekte, waarop hul dan geëvalueer word. Die doelwit is om ‘n nuwe geslag landbouleiers te kweek.Golf van nasionalisme spoel deur wêreldMet die positiewe stem vir Brexit is bevestig dat ‘n golf van nasionalisme tans rondom die aardbol spoel. Die Britte het getoon dat hulle dik is vir die outokrasie en superliberalisme van die kunsmatige Europese Unie en dat hulle eerder hul eie ding wil doen. Dit val saam met die sterk opkoms van regse partye in verskeie Europese lande soos die Alternative fuer Deutschland (AfD) o.l.v. Franke Petry in Duitsland, die Front Nationale o.l.v. Jean-Marie le Pen in Frankryk, die Vryheidsparty in Oostenryk en òf regerende nasionalistiese partye in Serwië, Georgië, Finland, Noorweë, Nederland, België, Italië, Griekeland, Pole, Denemarke, Hongarye, Switserland, ens.In die VSA is Donald Trump besig met ‘n nasionalistiese politieke rewolusie, terwyl Taiwan vir die eerste keer ‘n vrouepresident het en boonop een wat Taiwan sonder China voorstaan. Die politieke stroom in lande soos Japan en Suid-Korea swaai betekenisvol na regs. Hierdie nasionalistiese golf is ondanks die beste pogings van die georganiseerde internasionale geldmag om ‘n gedomineerde eenwêreldstruktuur tot stand te bringen toon weereens dat nasionalisme die sterkste menslike mag in die wêreldpolitiek is.Brittanje: Brexit uit die Europese UnieHoewel dit ‘n sterk moontlikheid was, het die be-sluit in die Britse referendum met 52 % teen 48 % dat die land uit die Europese Unie moet tree, as ‘n verrassing gekom. Finansiële markte en die Britse pond het vanweë die onmiddellike onsekerheid ‘n duik gevat, maar daarna matig herstel. Die Europeërs, veral hul eenwêreldprotagoniste, is teleurgesteld, selfs verbitterd, maar regsgesindes deur die wêreld juig oor die besluit.Dit is duidelik dat ondanks globalisering nasiona-lisme soos ‘n kurkprop weer na die opervlakte skiet. Die Britse eerste minister, wat anti-Brexit was, het onmiddellik aangedui dat hy in Oktober gaan bedank om plek te maak vir ‘n pro-Brexit Tory-leier.Selfs die Arbeider-opposisie is geskud met die oorgrote getal skadukabinetslede wat bedank het uit protes teen die mislukte poging van leier Jeremy Corbyn om ‘n anti-Brexit-stem te bewerkstellig. Corbyn self is onder intense druk om te bedank. Intussen vrees die EU dat nog lande ‘n pro-uittredereferendum gaan uitroep. Wat SA betref as een van die groot handelsvennote van Brittanje, is dit duidelik dat die sosialisties-kommunistiese regering in die duister rondtas oor hierdie nuwe situasie.Skokverslag oor gehalte onderwys in SAIn ‘n mediaverklaring sê die VF Plus: ‘In ʼn verslag van die Wêreldekonomiese Forum (WEF) wat pas uitgereik is, word bevind dat Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskapopvoeding die swakste in die wêreld is en sy algehele onderwysstelsel op twee na die swakte op aarde. Dit is totaal onaanvaarbaar vir ʼn land met S-A se hulpbronne en vermoë om ʼn swakker onderwysstel te hê as lande soos Nigerië, Mosambiek, Malawi of self ʼn bankrot Zimbabwe. Die bevindinge van die WEF is gedoen aan die hand van ʼn meningspeiling on-der sakeleiers oor ʼn verskeidenheid onderwerpe wat deel vorm van die forum se jaarlike Uitvoerende Meningspeiling. Singapoer word volgens die WEF beskou as die land met die beste onder-rig in wiskunde en wetenskap. Nieu-Zeeland is 10de, Egipte 130ste en S-A laaste in die 39ste plek – vir die derde jaar agtereenvolgens’.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *