Solidariteit jag Khulubuse Zuma – 't Scheldt

Solidariteit jag Khulubuse Zuma

Een van die ryk internasionale sakelui wie se naam prominent opduik in die opspraakwekkende sg. Panama Papers wat pas openbaar gemaak is, is Khulubuse Zuma, broerskind van pres. Jacob Zuma. Hy is een van sowat 140 sakelui wat onder verdenking is dat hulle gebruik gemaak het van banke, regsfirmas en buitelandse skynmaatskappye om hul bates te verdoesel.Volgens ‘n mediaverklaring van Solidariteit het hulle die likwidateurs van die berugte Aurora-saak in S-A genader om ondersoek te doen na presies wanneer K. Zuma geld na Panama oor-geplaas het en of dit tydens of kort na sy direkteurskap van Aurora was.Verder is die likwidateurs versoek om ʼn hofaansoek te bring om al Zuma se buitelandse bates te bevries, omrede dit blyk dat hy geld in die buiteland wegsteek met die oog op die hangende uitspraak van die Appèlhof oor die hooggeregshofuitspraak van 2015 waarin Zuma en sy mededirekteure gesamentlik en afsonderlik skuldig bevind is aan skade ter waarde van R 1,7 miljard weens hulle roekelose en korrupte bestuur van die Pamodzi Mynbates.In daardiwe uitspraak is bevind dat Zuma & kie inderdaad die Pamodzi Myn geplunder het. Indien hul appél misluk, sal Zuma & kie aan die bevel moet voldoen, of gesekwestreer word indien hulle in gebreke bly om daaraan te voldoen, aldus Solidariteit.***Nog twee boere tereggestel en een byna keelaf gesnyTwee boere is die afgelope 72 uur tereggestel – Dirk Ackermann (77) in Ermelo en Friedel Filter (72) van die plaas Frisgewagt, Paulpietersburg, na berig word in albei gevalle van agter in die kop geskiet, met weinige indien enige iets gesteel. Meer besonderhede is met die ter perse gaan van hierdie nuusbrief nog nie beskikbaar nie. Inmiddels word berig van Jan Steyn (35) ‘n boer by Paardeberg naby Jacobsdal wat die afgelope Saterdag op sy plaas deur ‘n groep onwettige plakkers byna keelaf gesny is.Terwyl sy vrou en vier seuntjies hom na Kimberley Hospitaal geneem het vir behandeling, is in hul woonhuis al die krane deur die plakkers oopgedraai en die binnekant van die huis gevanda-liseer.*Jonathan Jansen bedank as UV-rektor‘n Mediaverklaring vandag van prof. Jonathan Jansen lui o.a. soos volg: ‘Op 31 Augustus 2016 sal ek as Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uittree. Sedert my aanvanklike aanstelling in die middel van 2009, het ek my senior kollegas ingelig dat ek nie vir langer as sewe jaar sal aanbly nie. Ek het altyd verwag dat hierdie oomblik gemengde gevoelens sou meebring. Ek kan nie begin om die wydte en diepte van die talle en waaghalsige veranderinge op te noem wat deur my ongelooflike span onderneem is nie. Ek was baie, baie bevoorreg om vir so lank op so ’n spesiale plek te wees. Ek vertrek op my eie voorwaardes en sonder enige verwyte, maar met grenslose dankbaarheid teenoor almal wat my gehelp het om elke dag ’n beter leier in hierdie pos te word. Ek sal in September 2016 ’n uitnodiging as genoot aan die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedrags-wetenskappe aan die Stanford-Universiteit aanvaar. Ek sal my navorsing, skryfwerk en stu-dieleidingspligte aan die UV voortsit en sal die projek lei om die teikenbedrag vir die Studentebeursfonds-veldtog in te samel.Ten slotte, sal die UV-Raad binnekort die pos vir ’n nuwe Rektor deur middel van ’n nasionale en internasionale soektog adverte*AfriForum Jeug bevorder Afrikaans op kampusseAfriForum Jeug het as deel van sy Afrikaans-SalBly-veldtog en om Afrikaans se 91ste be-staansjaar te vier, tydelike taalmonumente uit Jengablokke gebou waarop Afrikaanse woorde gedruk is, terwyl 91 ballonne ook by elke geleentheid losgelaat is. Hierdie simboliese aksies is op die hoofkampusse van die Universiteit van Pretoria (UP), Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Noordwes- Univer-siteit Potchkampus (NWU) gehou, hoewel die reaksies op die verskillende kampusse verskil het.By die UV en NWU het dit sonder ontwrigting en in goeie gees plaasgevind, maar op die US-kampus het die EFF konfrontasie veroorsaak, terwyl op die UP-kampus die kampussekuriteit die strukture gekonfiskeer en die studente aangesê het om die perseel te verlaat.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *