Slagveld op UV-kampus – 't Scheldt

Slagveld op UV-kampus

Ongekende tonele in S-A het hul hierdie week op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat afgespeel toe ‘n klomp stakende werkers en EFF-lede eers deur ‘n Polisiekordon gebars het en die Varsity Cup rugbywedstryd tussen die Shimlas en die Madibaz ontwrig het, voordat hulle uit blykbare weerwraak na die hoofkampus gestorm het en inwoners van Vishuis en die koshuis self aangeval het. Die volgende oggend het die ontwrigting voortgegaan toe betogende studente die standbeeld van oud-pres. CR Swart afgebreek het, die hoofgebou gevandaliseer het en nog vensters gebreek het. In die proses het talle ge-vegte uitgebreek toe studente en van hul ouers weerstand gebied het en die aanvalle probeer afslaan het. Op die hoofkampus het die Polisie rubberkoeëls en traangas afgevuur om die beto-gers uiteen te jaag. In reaksie het rektor prof. Jonathan Jansen gesê hy was nog nooit in sy lewe so bang nie, terwyl hy veral blanke studente verkwalik het dat hulle op Shimlapark die beto-gers op die veld te lyf gegaan en verdryf het. Die universiteit is besig met ‘n ondersoek.Keuringskwotas onwettigSolidariteit het aangekondig dat dit met regsak-sie teen die Universiteit van Stellenbosch begin het na aanleiding daarvan dat voornemende mediese studente op grond van hul ras gekeur word. Dit blyk dat 67 % van plekke vir mediese studierigtings gereserveer word vir bruin, swart en Indiër-aansoekers, terwyl slegs 33 % vir enige aansoeker, ongeag ras gereserveer word. Alhoewel die 33 % oopgestel is, het ʼn wit persoon per-sentasiegewys ʼn baie kleiner kans om toelating te kry as gevolg van die groot aantal mededingers wat vir die minimum vereistes kwalifiseer en dan aansoek doen. Volgens Solidariteit is hierdie keuringsproses gebaseer op ’n rigiede toepassing van ’n kwotastelsel. ‘’n Persoon se toelating word suiwer beoordeel op ’n rigiede numeriese doelwit wat gestel word. ’n Wit persoon, ongeag hoe goed die persoon presteer en hoe benadeel die spesifieke individu was of is, sal altyd net ʼn 33 %-kans hê om medies by Stellenbosch te studeer’, aldus Solidariteit. FN lê klag teen Wits terroriste’In ‘n mediaverklaring sê die Front Nasionaal SA: ‘Ons is nie verder bereid om die verwerplike houding van universiteite en ander instansies ten op-sigte van dubbele standaarde oor die rassisme-kwessie te aanvaar nie. Hiervolgens word blatante swart-teen-wit rassisme as ‘Vryheid van spraak’ voorgehou, terwyl irrelevante insidente, soos die veelbesproke ‘persgesiggie’ geval op Stellenbosch, totaal buite verband geruk word bloot omdat ‘n blanke persoon daarby betrokke is. Die optrede van ‘n aantal studente van Wits Universiteit, wat hierdie week begin het met ‘n ‘F*ck white people’-veldtog, kan eenvoudig nie maar net afgemaak word as ‘spraakvryheid’ nie. Dit is ongrondwetlik, rassisties, beledigend en is haatspraak in sy suiwerste vorm. Die feit dat hierdie optrede teen ‘n minderheidsgroep in ons samelewing nie alleen toegelaat word nie, maar inderdaad bevorder word deur die Universiteit se weiering om op te tree daarteen, maak van dit niks anders as ‘n daad van terrorisme nie. Prof. Habib van Wits is besig om ‘n habitat van rasse-haat en onverdraagsaamheid op sy kampus te skep deur sy gebrek aan optrede en is ons der-halwe genoodsaak om nou self werk te maak daarvan. As eerste stap het ons kriminele klagte by die SAPD aanhangig gemaak teen Habib, alle lede van sy bestuur en die Senaat van Wits’.Moontlike SEB-vergrype by SAL gestopIn ‘n mediaverklaring sê die VF Plus: ‘ʼn Moontlike poging van die SAL om die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) te oortree, het gesneuwel nadat die BBSEB-kommissie einde verlede jaar op versoek van die VF Plus die aangeleentheid ondersoek het en die SAL daaroor gekonfronteer het. SAL het Bidvest verlede jaar glo opdrag gegee om 30 % van sy filiaal wat vliegtuigtoilette skoonmaak, oor te dra aan ʼn swartbemagtigingsvennoot van die SAL se keuse. Bidvest het in reaksie op dié versoek gesê sy filiaal BidAir Services het reeds swart eienaarskap van 63,42 % en dat swart vroue ’n belang van 24,85 % in die onderneming besit. Dit het reeds die voorgeskrewe SEB-bepalings verreweg oorskry’.Dit blyk dat ná intervensie deur die VF Plus die saak ondersoek is in opdrag van Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies en dat daar teruggekeer is na die wetlike perke op kwotas. Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *