Polisie moet weer betaal – 't Scheldt

Polisie moet weer betaal

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet alle regskostes van die KwaZulu-Natalse Valkebaas, Johan Booysen betaal, nadat sy skorsing Woensdag in die Durbanse hooggeregshof opgehef is. Booysen is in September deur die nuwe hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, geskors op sy bewerings dat hy onregmatig geldelike vergoeding vir hom en amptenare onder sy bevel beding het om twee verdagtes dood te maak. Regter Anton van Zyl het die skorsing opgehef en bevind Ntlemeza het bewyse van kritiese belang geïgnoreer. Regter van Zyl het bevind dat Ntlemeza foutiewelik aanvaar het dat hy die mag het om Booysen te skors terwyl hy nog besig is om die saak te ondersoek. ‘Dit dui op arbitrêre diskresie en die openbaring moontlik van ‘n persoonlike motief en selfs meer as ‘n smeerveldtog teen die aansoeker’, het hy gesê. Die regter het gesê dit verdien om vermeld te word dat Ntlemeza teen Booysen wou optree sonder enige inligting om sy aantygings te staaf. Booysen het op die kennisgewing om hom te skors gereageer, maar Ntlemeza het dit eenvoudig geïgnoreer en met stappe teen Booysen voortgegaan. Maties uitgelewer aan neo-rassistiese agente van verandering?

Beleef ons nou die nuwe vlaag van die rewolusie teen die Afrikaner en sy toekoms? Die voorsitter van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch se aankondiging Dinsdag, dat enige verandering aan taalbeleid by die US in terme van die Statute moet geskied, word klaarblyklik bla-tant deur die Rektor geïgnoreer. In sy verklaring het George Steyn, US-Raad voorsitter, verduidelik wat die Statute voorskryf vir enige beleidsverandering. Hy het ook gemeld dat tyd te kort is vir enige veranderings op hierdie stadium om in 2016 van krag te word.
Meeste kommentators is dit eens dat enige beleidsverandering tyd sal neem. ‘Open Stellenbosch’ het teruggekap met ´n alternatiewe taalbeleid én met die stelling dat, aangesien die sakelys vir die volgende raadsvergadering nie gefinaliseer is nie, die nuwe beleidsvoorstelle reeds voor die Raad kan dien op 30 November 2015. In slaafse napraat van Open Stellenbosch woordvoerder, Emile Engel, het Wim de Villiers herhaal dat die voorstel om Afrikaans te marginaliseer in 2016 sal voortgaan. Hy het dit verder duidelik gestel dat die bestuur die nuwe taalplan in werking gaan stel. Uit die teenstrydige standpunte en berigte moet noodwendig afgelei word dat De Villiers hom by Open Stellenbosch skaar, sonder inagneming van sy plig om die US in belang van studente en in ooreenstemming met die neergelegde Statute te bestuur. Die feit dat hy nie net Open Stellenbosch napraat nie, maar dat Open Stellenbosch klaarblyklik toegang tot vertroulike dokumente van die Raad het, laat ook die wenkbroue lig. Wat De Villiers tot hierdie onverantwoordelike optrede aanspoor, is nie bekend nie. Dit is ongehoord dat ´n universiteitsrektor só blatant en openlik die Raad van sy universiteit sal teëgaan, aangesien sy gedrag nou duidelik die Raad se gesag uitdaag en ondermyn. Een mening wat ontleders versigtig waag, is of hy onder instruksie én beskerming van die SAKP / ANC optree.
Uit die beleid van kader-herontplooiing weet die publiek dat enige gehoorsame kader in geval van werkverlies bloot elders herontplooi word, of ´n goue handdruk vir dienste gelewer sal ontvang.
Nog ´n vraag wat hom aan enige regdenkende opdring, is of ons die ontplooiing van ´n nuwe geslag neo-rassiste beleef, wat spesifiek oor tyd gevorder het tot senior poste by instellings, en nou daardie instellings teen wil en dank gaan transformeer, om sodoende ´n tweede hoofstuk by 1989-94 se onregmatige onderhandelings en magsoorgawe (deur politici) te voeg? Die parallelle is insiggewend: regerende gesag is misbruik en die ANC-agenda vir magsoorgawe is klakkeloos deurgevoer;  dit is ook gekenmerk deur welluidende leë beloftes, rookskerms en leuens; ook die finansiële belonings het nie uitgebly nie… Intussen het die ja-nee-ja ook tot ANC-beskuldigings teen opposisiepartye aanleiding gegee, wat beweer dat sowel die VF+ as die DA ‘…pogings om enklawes van Afikaner-nasionalisme te trans-formeer, teenstaan’,.
Hoe lank nog? Hoe lank nog voor ons volksgenote deur die leuens van politieke partye, vakbonde en burgerregte organisasies sal sien en besef dat die Afrikaner se enigste rol in die nuwe S-A is as belasting melkkoei?
Gewettigde slawerny is ons volk se voorland, onder die dwinglandy en neo-rassiste, indien ons nie ons strewe en werk na Vryheid verwesenlik nie!
(Geskryf deur Joffre Papenfus).Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *