Parlement se beeld aan flarde – 't Scheldt

Parlement se beeld aan flarde

In ‘n mediaverklaring sê dr. Corné Mulder van die VF Plus: ‘Die beeld van die S-A Parlement is aan flarde. Die vlak van debatvoering en die interaksie tussen Parlementslede en -partye was nog nooit so laag as tans nie. Die Parlement het inderdaad die onderwerp van openbare bespotting geword, en alles is te wyte aan ʼn bloedvete tussen die ANC-regering en die ware ANC-jeugliga wat gedrapeer in rooi en onder die naam EFF in die Parlement sit. Die EFF het dit in 2014 duidelik gemaak dat dit hul doelstelling is om ‘revolusie na die parlement te bring’. Om dit te kan vermag moes hulle van pres. Jacob Zuma ontslae raak en die ANC oorwin. In reaksie daarop het die ANC alles moontlik gedoen om die president en die ANC te beskerm. Hierdie vete is gevoer sonder inagneming van waarheid, wet, Grondwet, Parlement, Suid-Afrika of die eed wat elkeen van hulle afgelê het. Die ANC-lede in hierdie Parlement het twee keer gestem om pres. Zuma te beskerm en twee keer gestem om die Openbare Beskermer se opdragte te minag en in die proses die wet en Grondwet geminag. Dan het hulle die vermetelheid om later te sê die Parlement het in sy plig gefaal. Nee, dis nie almal in die Parlement nie, dit is meerderheid van die ANC wat klaaglik gefaal het. Nie ʼn enkele lid van die ANC het hulle teen die vergrype uitgespreek nie. Hierdie bloedvete sal voortduur en die publiek sal eindelik daaroor ʼn oordeel fel’.ANC-regering kommunistiese beheer oor universiteiteIn ‘n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: ‘Die regering se pogings om universiteite se outonomie totaal deur wetgewing te vernietig, herinner aan die gebeure in China in onlangse jare waar die staat beheer oor universiteite geneem het en waar dit in lyn met regeringsbeleid moes kom om te oorleef. Universiteite is vir alle praktiese doeleindes gedwing om verlegstukke van die regering te raak en onderrig word deur regeringsbeleid gerig. Dit is presies wat tans besig is om in S-A te gebeur. Hierdie week het die Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys ’n wetsontwerp aanvaar ingevolge waarvan die Minister van Hoër Onderwys transformasiedoelwitte vir universiteite se inskrywings mag vasstel. Staatsubsidies kan weerhou word indien dié rasseteikens of kwotas nie nagekom word nie. Die wetsontwerp gee aan die minister magte om beleid te bepaal wat toepaslik is op hoër onderwysinstellings. Dit sluit taalbeleid en transformasiedoelwitte in. Wat hier besig is om te gebeur, is uiters kommerwekkend’.Gerugte oor Gordhan en ManuelIndien die gerugte soos hierbo berig oor die voorgenome arrestasies van Pravin Gordhan en Trevor Manuel waar sou blyk, is ‘n streep getrek deur Suid-Afrika as ‘n demokrasie en ‘n regstaat. Dan is eintlik ‘n staatsgreep in die land uitgevoer deur ‘n staatspresident en ANC-koukus in die Parlement wat deur die Hooggeregshof sowel as die Grondwethof as korrup bevind is.Dit is duidelik dat dit gaan om pres. Jacob Zuma te beskerm teen 273 hangende korrupsie-aanklagte en nog meer en, in die tweede plek, nog erger, om die beergreep wat Zuma en die ANC op die landsfinansies (Tesourie) en die minerale skatkis van die land het, ten alle koste te beskerm.Selfs meer nog, dit toon beide die arrogansie en desperaatheid van Zuma, die ANC en hul internasionale meesters om hul houvas op S-A te behou en die land te kaap vir hul verborge agendas. Dít ondanks die feit dat hulle met die Nene-skuif twee maande gelede R 504 miljard in buitelandse bates van S-A geblaas het.Dit alles sou ‘n ondenkbare nagmerrie gewees het as dit nie ‘n realiteit was nie.
Wat is nou die pad vorentoe, is die brandende vraag?Veldtog teen die SpringbokkeDie volgehoue veldtog teen die Springbokrug-byspan, wat eintlik ‘n haatveldtog teen blankes in die land is, soos die ANC Jeugliga verlede week reguit geskree het, verwys.Waar is die ruggraat van blankes om teen hierdie  ongelooflike en verregaande diskriminasie op te staan?
Wat daarvan dat blankes weier om op hierdie basis langer verkiesbaar te wees vir die nasionale span?
Wat van die nasionale span net swart maak en die Springboknaam en -embleem te onttrek?Wat te erg is, is darem nou te erg!Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *