Opleiding gevra vir kinders tydens plaasaanvalle – 't Scheldt

Opleiding gevra vir kinders tydens plaasaanvalle

N.a.v. ʼn onlangse plaasaanval te George’s Valley, Limpopo, waartydens ‘n kind deur die aanvallers gebruik om hulle deur die huis te begelei, terwyl sy ouers aangehou is, sê AfriForum in ‘n mediaverklaring: ‘Ons doen ʼn beroep op almal in landelike gebiede om met hulle kinders te gesels oor plaasaanvalle. Ons wil nie hê kinders moet bang gepraat word nie, maar hulle moet weet hoe hulle tydens ʼn aanval moet optree. Plaasaanvallers voel niks vir slagoffers nie en dus moet kinders presies weet wat om te doen om hulself én hulle gesinslede te beskerm’.

Die aanval te George’s Valley was op daardie stadium die derde binne 48 uur in die land, met die ander twee, eerstens, Mally Thomson van Richmond, KZN wat deur drie verdagtes met ʼn panga aangeval is en hy toe een doodgeskiet het. Tweedens, Jacobus Kemp van Letsetele, Limpopo, wat op sy aanval-lers met ’n haelgeweer geskiet het en een noodlottig gewond het. Zuma dwaal oor geweldsmisdaad en sterftes in Polisie‘Pres. Jacob Zuma se opmerking dat die kultuur van geweldsmisdaad in Suid-Afrika toegeskryf kan word aan apartheid en kolonialisme, is bewys dat hy dwaal en in ’n staat van ontkenning is. Zuma maak bokspronge oor die geweld in S-A en het verlede maand gesê daar moet gekyk word om S-A ’n wapenvrye land te maak. Verder stel Zuma en sy regering die voorbeeld van wetteloosheid deur nie eers ’n hofbevel in die Al Bashir-geval te gehoorsaam nie. As die president nie eers die wette gehoorsaam nie, hoekom sal misdadigers dit wil doen’, aldus dr. Pieter Groenewald van die VF Plus.Navraag oor kuberverdrag met ChinaDie DA het amptelik aansoek gedoen om in terme van die Bevordering van Toegang tot Inligting (Promotion of Access to Information Act (PAIA) meer inligting te verkry oor die vyf jaar Plan van Aksie verdrag wat Minister van Telekommunikasie en Posdienste Siyabonga Cwele met China in Junie gesluit het. ‘n Deel van hierdie verdrag handel oor samewerking in die veld van kubersekuriteit. Die DA wys op die horribale rekord wat die Chinese regering het m.b.t. kubersekuriteit, huishoudelike en globale kuberspioenasie en -aanvalle, kubersensorskap en beheer van Internettoegang.
Twee vorige versoeke van die DA vir inligting in hierdie verband was onsuksesvol, maar dit is verpligtend om op ‘n PAIA-aansoek te antwoord.Oproep tot volksverootmoedigingIn ‘n mediaverklaring vra die Boere Volksraad vir ‘n aantal volksverootmoedigingsgeleenthede ten einde ‘hulp en krag by die Almagtige God te soek. Ons glo dat Hy steeds vir ons volk ‘n roeping en bestemming in hierdie land het, mits ons Hom eer deur sy Woord as hoogste gesag te erken en na te leef’ANC in R18 miljard kragprojekNa berig word het die beleggingsarm van die ANC, Chancellor House, ‘n aandeel in die beplande R 18 miljard kragstasie by Colenso, KZN. Na beplanning sal hierdie kragstasie meer as 1000 MW bydra tot die nasionale kragnetwerk.In ‘n mediaverklaring vra die DA dat die ANC onmiddellik uit hierdie projek moet onttrek. In die geval van die Medupi en Kusile kragstasies het Chancellor House ‘n 25 % aandeel gehad in die R 38,5 miljard projekte.Die dag as ons hensopDie Roemeniërs het tydens hulle dae van stryd, ’n besondere slagspreuk gehad wat hulle staande gehou het. Hulle het die slagspreuk elke dag gebruik, en so mekaar bemoedig. Selfs die dag se groet het die slagspreuk bevat, tot dit soos ’n refrein deur die hele land getrek het, en uiteindelik die volk tot die besef gebring dat hulle nooit mag ophou om die stryd te voer nie. Daardie slagspreuk behoort ook die Boere-Afrikaner se kreet te word – trouens, in die harte van ons men-se is daardie kreet lank reeds gevestig. ‘Die dag as ons ingee, is die dag wat ons sterf’.Die Boere-Afrikaner behoort hierdie waarheid elke dag met hom saam te dra, dit oor te dra na die volgende geslag, dit ’n slagspreuk te maak wat ons volk se onsterflike wil om voort te veg vir ons vryheid, te versterk. Die Tweede Vryheidsoorlog het Brittanje op moedverloor se vlaktes gehad, want daar was manne, en vroue, en kinders wat geweier het om in te gee, en baie het as Bittereinders tot die einde geveg en geveg.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *