Onwettige mynbou floreer – 't Scheldt

Onwettige mynbou floreer

Na berig word in die Sunday Times floreer grootskaalse onwettige chroomontginning in Limpopo met erts ter waarde van miljoene rand wat met die medewete van plaaslike stamhoofde onwettig uitgevoer word. Na raming is sowat 360 000 ton chroomerts ter waarde van ongeveer R500 miljoen op hierdie wyse uitgevoer. Na berig word het een maatskappy in twee weke se tyd 7 000 metrieke ton geskuif en R1,5-miljoen uit die transak-sie gemaak. By die Tjibeng-nedersetting in Limpopo, waar baie van die onwettige mynbedrywighede plaasvind, word luukse motors met registrasienommers uit Limpopo, Mpumalanga en Gauteng opgemerk, tesame met groot grondverskuiwingsmasjienerie, selfs vanuit Mosambiek.

Volgens wat berig word, is ‘n eenmalige toetreefooi van R250 000 betaalbaar aan een van ses plaaslike gemeenskapstrusts nodig om toegang tot ontginning te kry, met verdere voorwaardes dat slegs plaaslike stamlede indiens geneem mag word teen ongeveer R4 000 per maand. Staatsdepartemente staan skynbaar prakties magteloos t.o.v. die plundery.*Jong blanke man deur groep swartes doodgeslaanDit wil voorkom asof daar daagliks moorde op blankes in S-A aan die hand van swartmense plaasvind wat nie meer deur die hoofstroommedia gerapporteer word nie.Een daarvan is die geval van die 23-jarige Pierre de Necker wat Saterdag 9 Julie 2016 op Belfast na bewering deur ‘n groep van 12 swartes doodgeslaan is.Ooggetuies beweer dat hy en ‘n vriend die middag ná kontak met swartmense in die middedorp per motor gevlug het vir ‘n groep aggressiewe swartmense wat hulle in drie motors en ‘n taxi agtervolg het en in ‘n doodloopstraat vasgekeer het. Die vriend het ontvlug, maar De Necker is so aangerand dat hy aan sy beserings beswyk het. Daar word verder beweer dat die swartes vir hom geskree het dat witmense moet sterf en dat dit is wat hulle nou aan hom gaan doen. Daar word berig dat volgens De Necker se pa was sy gesig onherkenbaar ingeslaan. Foto’s van die bloedige lyk van die jongman is op die Internet daar word ook beweer dat ander swartmense wat die voorval gesien het en De Necker te hulp wou snel, gekeer is om dit te doen. Dis is ‘n geval wat onder die aandag van Ditsem Nuus gekom het en waarvan heelwat inligting op die Internet is, maar geen berig in hoofstroommedia is gevind nie.*Staatsdepartemente verkwis R29,4 miljoenVolgens ‘n onlangse verslag van die Staatsdienkommissie het staatsdepartemente in die boekjaar 2014/2015 ‘n totale bedrag van R29,4 miljoen onregmatig vermors, terwyl ‘n verder R32 miljoen aan geskorste amptenare uitbetaal is. Voorts blyk dit dat 31% van hoofde van departemente in die Staatsdiens nie prestasie-ooreenkomste met hul departemente geteken het nie. Die grootste oortreder in terme van produktiwiteit is die Dept. van Telekommunikasie- en Posdienste, wat bykans 98 % van sy begroting bestee het maar slegs 24 % van departementele teikens bereik het. Die Dept. van Openbare Werke het ook bykans sy volle begroting bestee maar slegs 42 % van teikens bereik.*Malema-aanhitsing oor grondgrypDie VF Plus het ‘n lag by die Menseregtekommissie (MRK) uingedien teen EFF-leier Julius Malema nadat hy mense aangehits het om onwettig grond van wittes af te neem en te beset. Terselfdertyd is versoek dat die klag saamgevoeg word met dié teen pres. Jacob Zuma waarmee die MRK nou reeds sedert Januarie verlede jaar sloer. Die klagte by die MRK is ook teen die vrou Palesa Sotjifa wat op Twitter glo die EFF sou aangehits het om witmense te vermoor. Die klag teen Malema gaan oor dat hy na bewering op 26 Junie vanjaar in Newcastle gesê het wittes het geen reg op grond in S-A nie en dat swart-mense dit moet beset en eienaarskap neem. Die VF Plus sê voorts in ‘n mediaverklaring: ‘Die uitlatings van Malema is is verdelend en het die potensiaal om ʼn bloedbad te veroorsaak indien mense in groot getalle gehoor gee daaraan. Dit is daarom verstommend dat die MRK nie uit sy eie sulke uitlatings ondersoek nie, maar in ander gevalle wel vinnig optree en mense swaar beboet. Die VF Plus vra die MRK nou reeds sedert voor die verkiesing in 2014 om klagtes van moontlike haatspraak en opsweping tot geweld teen Malema, pres. Zuma en van hul ondersteuners te ondersoek, maar tot dusver was daar geen optrede nie’.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *