Ontginningsregte op talle plase te bekom – 't Scheldt

Ontginningsregte op talle plase te bekom

Dit blyk dat ‘n grootskaalse poging deur ‘n maatskappy onderweg is om ontginningsregte op talle plase in die Vrystaat en KZN te bekom – skynbaar sonder die medewete van die eienaars.Volgens Volksblad het woedende boere op 17 Maart 2016 uit ‘n vergadering op Heilbron oor die soektog na aardgasse gestap en gesê hulle sal hul bes doen om eksplorasiewerk in die streek stop te sit.Die soektog na aardgasse in die Vrystaat en KZN word met teenkanting begroet omdat inwoners hidrobreking vermoed. Die boere het aan JC Pretorius van SLR Consulting, wat ‘n omgewingsimpakstudie in opdrag van Rhino Oil and Gas Exploration SA doen, gesê dit is skoolvakansie en baie boere betaal Vrydae hul arbeiders.Op ‘n vraag aan die boere of hulle kennis van die vergadering gekry het, het hulle gesê niemand is vooraf in kennis gestel nie en hulle het toevallig daarvan gehoor.‘n Groep omgewingsaktiviste van KZN wat spesiaal na die Vrystaat gereis het om die vergadering by te woon het die boere toegejuig toe hulle uitgestap het.Die betrokke gebied in die Vrystaat sluit in plase in die distrikte van Kroonstad, Heilbron, Frankfort, Edenville en Oranjeville, asook ‘n groot opvangsgebied van water vir verskeie riviere.Pretorius van SLR Consulting het egter gesê die vergadering is in verskeie streekkoerante, asook by ondernemings in Heilbron geadverteer. Daar was ook ‘n kennisgewing in die Staatskoerant en Vrystaat Landbou (VL) is per epos ingelig. Die wetlike roete is dus gevolg. Watergehalte in SA

Ter viering van Internasionale Waterdag het die navorsingsinstansie Afro Barometer gesê bykans 10 % van Suid-Afrikaners het nie toegang tot skoon water nie, 13 % het een of twee keer in die jaar nie genoeg water nie en 69 % het altyd genoeg water.
In SA woon 87 % van die mense wat aan die peiling deelgeneem het in ‘n gebied met lopende water in die huis en 68 % in gebiede met riolstelsels. Nagenoeg 54 % het ‘n toilet In die huis, 29 % het toegang tot ‘n toilet in die nedersetting waarin hulle woon, 15 % buite die nedersetting en 2 % het geen toegang tot ‘n toilet nie.Afro Barometer het hul navorsing in 36 Afrika-lande gedoen en hul verslae het ten doelom regerings te wys waar hulle t.o.v. water kan verbe-ter. Miljoene der miljoene op vrugtelose Kubaanse ‘arbeid’
In ‘n mediaverklaring wys die DA in die Vrystaat daarop dat die provinsiale regering van premier Ace Magashule reeds meer as R 22 miljoen gespandeer het om 33 Kubaanse ‘ingenieurs’ in die provinsie te ontplooi het as bystand vir munisipaliteite van verskillende dorpe – en dit sonder dat daar ná meer as ‘n jaar al enige tasbare resultate van hul dienslewering is. Die salarisse van hier-die beamptes van reeds meer as R 17 miljoen is vir die rekening van die plaaslike munisipaliteite, maar hul praktiese inwerkingstelling is uitgekontrakteer aan ‘n tussenganger-kontrakteur, wat steeds klaarblyklik sukkel om hulle voete te vind. Terselfdertyd lyk dit asof die Kubane, wat op verskillende dorpe in duur gastehuise op staatskoste gehuisves word, slegs R 8 000 per maand ontvang, met die restant wat direk aan die Kubaanse regering in Kuba oorbetaal word.Volgens die DA is hierdie ‘n manifestasie van ‘moderne slawe-arbeid / mensehandel’, terwyl die party beraam dat indien alle onkoste verbonde aan die Kubane in die provinsie oor drie jaar getranspoleer word, dit op ‘n totale koste van ongeveer R 110 miljoen te staan kan kom. Skerp styging in vervolging van Christene wêreldwyd
Studies van Geopende Deure toon dat in 2015 meer as 7 100 Christene reg oor die wêreld doodgemaak is vir hul geloof – ‘n styging van bykans 3 000 oftewel ongeveer 50 % vanaf die vorige jaar.Hierdie syfer sluit Noord-Korea, Sirië en Irak uit, waar geen akkurate rekords bestaan nie. In 2015 is 2 406 Christelike kerke aangeval of beskadig, wat dubbeld soveel is in vergelyking met die syfer vir 2014.In die noorde van Nigerië is vanaf 2000 tot 2014 meer as 13 000 Christelike kerke van afstand gedoen, gesluit, vernietig en / of verbrand. In die noorde van Nigerië het bykans 12 000 Christene sedert 2006 met hul lewens vir hul geloof geboet.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *