Jongste rondom Sirië – 't Scheldt

Jongste rondom Sirië

Jongste rondom Sirië

Die jongste rondom Sirië bied ‘n ewe verstommende blik op hoe huidige internasionale gebeure inderwaarheid werk. Eenvoudig en kortliks gestel kom dit daarop neer dat Westerse intelligensie-agentskappe, by name die CIA, die Britse MI5 en die Franse, saamwerk om pres. Bashar al-Assad van Sirië as ‘n stabiele faktor in die Midde-Ooste tot ‘n val te bring – soos wat hulle met Ghadaffi van Libië en andere gedoen het.
Assad
skop egter verbete vas en verval in ‘n bloedige burgeroorlog met millitêre opposisiegroepe, wat in effek niks anders is as militante Moslem-terroriste nie. Hulle word deur die Weste as ‘goeie’ terroristegroepe gekategoriseer en dus steun-waardig met wapentuig en militêre logistiek. Terselfdertyd word die ekstremistiese terroristiese ISIL Moslemstaat in ‘n deel van Sirië en Irak gevestig en pleeg hulle onmenslike wreedhede. ISIL word deur Turkye, ‘n NAVO-bondgenoot, gesteun, o.a. d.m.v. ‘n reuse olietoevoerroete na Turkye en vandaar na die res van die wêreld. Dit verskaf grootliks die finansiering aan ISIL vir hul terroristestryd. Rusland onder pres. Vladimir Putin tree toe met grootskaalse militêre ingryping en deur aanhoudende lugaanvalle word die ISIL-toevoerroetes vernietig. Sodoende word ISIL feitlik verslaan en die oorlog in Sirië swaai na oorwinning vir Assad.
Die Weste, veral die VSA, is stomgeslaan en probeer paniekerig ‘n skietstilstand in Sirië beding d.m.v. samesprekings in Europa.Intussen sit die Koerde op die ander grens van Turkye hul eeuelange stryd om onafhanklikheid in ‘n eie land onverpoosd voort. Aanvalle deur Koerde, met hul sterk Christeninslag, op die Moslem-beheerde Turkye word deur laasgenoemde met meedoënlose wreedheid beantwoord soos bv. die summiere vernietiging van die stad Cirze.
Die heel jongste is dat Rusland besluit het om militêr grootliks uit Sirië te onttrek, maar sê dat hulle binne ‘n kwessie van ure weer kan terugkeer. Inmiddels blyk dit dat wat oorgebly het van ISIL, oorskuif na die kwesbare Tunisië en dat aldaar ‘n ekstremistiese Moslem-front geopen word. Die huidige gebeure in Sirië is dus tans die nr. 1 kookpot in die wêreld – en ‘n opsienbare aanduiding van hoe die internasionale winde in werklikheid waai. Waarskuwing oor skoolaansoeke 2017
In ‘n mediaverklaring doen AfriForum ʼn dringende beroep op ouers om hul kinders betyds by die skool van hul keuse in te skryf vir 2017 en sê: ‘Hierdie jaar was daar reeds duisende kinders wat nie plekke in skole gekry het nie weens laat aansoeke en dit dwing skole om meer kinders in te neem as wat hulle kan akkommodeer’. Dit veroorsaak gevolglik ook dat daar tot 58 leerlinge per klas is. Talle skole hou reeds hul ope dae in Maart en ouers moet voorbereid na ‘n ope dag gaan en die nodige dokumentasie hê om hul kinders daar en dan in te skryf. Ouers moet dit ook oorweeg om hul kinders by meer as een skool te registreer ten einde teleurstelling vir 2017 te voorkom. Laat inskrywings kan meebring dat kinders volgens provinsiale departemente van onderwys se keuse in ʼn skool geplaas word en dit kan ook moedertaalonderrig in die gedrang bring. Raad vir voornemende pleegouers vraag oor verlore Polisievuurwapens
AfriForum gaan met twee hofaansoeke voort om die volledige syfers van gesteelde vuurwapens wat tussen 2009 en 2014 in die staat se besit was, openbaar te maak. Dit volg ná ‘n brief van Minister van Polisie Nkosinathi Nhleko waarin hy o.a. sê dat die openbaarmaking van dié syfers ‘n risiko vir nasionale veiligheid is. ‘Dit is juis die minister se poging om dié syfers te probeer weg-steek wat ‘n nasionale veiligheidsrisiko is – nie die openbaarmaking daarvan deur AfriForum nie. Voorlopige syfers dui daarop dat byna 7 000 vuurwapens self deur die Polisie as gesteel of verlore aangemeld is. Dié inligting moet open-baar gemaak word sodat die nodige stappe teen skuldige partye geneem kan word. Die staat ontmoedig aansoeke deur die publiek om wapens vir die persoonlike beskerming van lewe en eiendom te verkry, terwyl die staat groot hoeveelhede wa-pens verloor en die publiek nie kan beveilig nie. Wapens wat deur die Polisie verloor is, word in aanvalle teen die publiek gebruik – maar die publiek se reg op selfbeskerming word bedreig. Roof met verswarende omstandighede het in die afgelope vyf jaar met meer as 27 % toegeneem. Die vraag bestaan dus of dié syfer minder sou wees as daar minder polisiewapens or straat was’ aldus ‘n AfriForum-mediaverklaring.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *