Inligting oor ABO-konsentrasiekampe – 't Scheldt

Inligting oor ABO-konsentrasiekampe

Rudie Rousseau skryf soos volg aan Ditsem Nuus: ‘Ons het pas in Durban ‘n onvoltooide reeks klaargemaak van hoeveel konsentrasiekampe vir Boerevrouens en kinders daar regtig in die ABO was. Vir die eerste keer in 115 jaar is die grootste van al die konsentrasiekampe, nl. Meerbank, wat ‘n inwonergetal van 6 800 vrouens en kinders gehad het, behoorlik ondersoek. So ook Isipingo en Jacobs. Ek wonder hoeveel van ons Boerevolk was al by die kampe gewees of weet daarvan. Jacobs kamp en sy eensame monument met 65 name is om van te ween. Die kerkhof is in ‘n industriële gebied en die plek lê verstrooi met ou bande, stukke ou meubels, bourommel, drankbottels, ens. 

Die Meerbank gedenktuin, waar oor die 400 Boerevrouens en kinders begrawe lê, lyk net so sleg. In elk geval, ons het tans 47 gedokumenteerde dvd’s beskikbaar van die 53 konsentrasiekampe wat daar was. Ons is tans besig om die kampe te Pinetown en Wentworth te ondersoek. As daar iemand is wat ons 4 groot naamborde wil skenk die Jacobs kerkhof, kontak my asb. As daar nog Boere is wat my skrywe lees, vra ek met ‘n Boerehart ek benodig 300 x 300 pallesade of ‘n draadheining dat ons die kerkhof kan toespan’.Pres. Zuma en vuurwapens
Oor die onlangse opmerking van pres. Jacob Zuma dat daarna gekyk moet word om S-A ’n vuurwapenvrye land te maak, sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus in ‘n mediaverklaring: ‘Die werklikheid is dat die Polisie self swak beheer het oor hul vuurwapens en baie daarvan word gesteel. Die vuurwapen-registerafdeling is in chaos en die probleem is nie wettige vuurwapen-eienaars nie, maar swak bestuur van die Polisie, asook onwettige vuurwapens in omloop. In lande soos Kanada, Nieu Seeland en Australië het studies getoon geweldsmisdaad neem toe indien burgerlikes ontwapen word. Zuma is ook vinnig om te sê die Polisie moet skiet as rowers vuurwapens op hulle rig, maar wat van die algemene publiek? Burgerlikes word meer aan misdadigers met vuurwapens blootgestel as die Polisie. Die Minister van Polisie sê self dat misdadigers outomatiese R5- en AK 47-gewere het – wapens waaroor die publiek nie beskik nie, slegs die Polisie en die Weermag’.Onteieningswetsontwerp deur Solidariteit teengestaan
Die vakbond Solidariteit sê in ‘n voorlegging oor die omstrede Onteieningwetsontwerp aan die Portefeuljekomitee vir Openbare Werke: ‘Die voorgestelde wetgewing ongrondwetlik en hou ‘n groot gevaar vir die ekonomie en vir die regsorde in. Eienaars van enige eiendom, nie net grond nie, sal dit uiters moeilik vind om markwaarde vir hul onteiende eiendom te ontvang. Sou hulle met die vergoeding of die proses ontevrede wees, sou hulle ‘n opdraande stryd moet voer in ‘n regs-proses wat teen hulle gelaai is. Die wetsontwerp maak die deur vir arbitrêre magsuitoefening en magsmisbruik wawyd oop. In plaas daarvan is die voorgestelde alternatief op die wetsontwerp van die Instituut vir Rasseverhoudinge tans die beste opsie op die tafel aangesien dit die grondwetlike tekortkominge van die voorgestelde wets-ontwerp grootliks aanspreek”.Moedertaalonderrig is SLIM
AfriForum het ‘n tweede SLIM-video bekendgestel in die SLIM-veldtog, wat staan vir Stu-deer en Leer In jou Moedertaal en daarop gemik is om moedertaalonderrig te bevorder. In die nuwe video dra suksesvolle jongmense, soos die meubelontwerper David Krynauw, koskenner en sjef Reuben Riffel en entrepreneur Karien van Emmenes hul gevoel oor Afrikaans en die waarde van die taal as onderrigmedium oor. Deon Meyer by jaarlikse BSV-slypskool
Die gewilde spanningsromanskrywer, draaiboekskrywer en rolprentvervaardiger Deon Meyer is die aanbieder by die jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers wat die Bloemfonteinse Skrywersvereniging vanjaar aanbied in die Noorderbloem-Aftree-oordsaal, Metzstraat, Bayswater, Bloemfontein.Die koste vir die slypskool, middagete, skryfbehoeftes en verversings en drinkgoed ingesluit, is R 300 vir die publiek en ‘n spesiale goedkoper tarief vir BSV-lede.Slegs 100 slypskoolgangers kan geakkommodeer word. Die prysoorhandiging van die wenners van die landwye BSV Skryfwedstryd, Skrywers 2015, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV, vind tydens dieselfde geleentheid plaas.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *