Dreigende waterkrisis vir Gauteng – 't Scheldt

Dreigende waterkrisis vir Gauteng

Met watervlakke van opgaardamme in SA sowel as Lesotho wat kommerwekkend daal, is daar ‘n wesentlike gevaar dat ‘n watertekort kan ontstaan in die Vaaldamverskaffingstelsel, wat o.m. Gauteng as die ekonomiese hartland van die land insluit. Die gemiddelde watervlakke van opgaardamme in SA en Lesotho is tans 53 % vergeleke met 76 % verlede jaar. Die watervlak van die Katsedam is tans 45 % en dit is vanwaar Vaaldam sy water kry, terwyl van daar af ook water na die Caledonrivier gekanaliseer word vir verskaffing aan dorpe in die O-Vrystaat en ook aan Bloemfontein-Botshabelo-Thaba Nchu. Selfs in Lesotho lyk dit asof waterbesparingsmaatreëls onafwendbaar is. Volgens die hoof van die Dept. van Waterwese en Sanitasie in die Vrystaat dr. Tseliso Ntili is nie net die Vrystaat nie, maar ook SA en Lesotho in ‘n waterkrisis.Zuma moet teregstaan op 283 aanklagte‘n Volbank regters van die Noord-Gautengse Hooggeregshof het bevind dat die beslissing van dieselfde hof in April vanjaar was korrek tot die effek dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verplig is om pres. Jacob Zuma vir 283 gevalle van beweerde bedrog, korrupsie en rampokkery aan te kla. Dit spruit uit die uitspraak van die Grondwethof in 2008 dat Zuma en sy finansiële raadgewer Schabir Shaik ‘n uiterse korruptiewe verhouding gehad het. Shaik is daarvoor tronkstraf opgelê.

Dit is duidelik dat Zuma elke toertjie met die regsproses uithaal om sy dag in die hof te vermy. Dit is duidelik dat daar in 2009 politieke inmenging was in die besluit oor moontlke Zuma-vervolging en dat die uitkoms SA al sewe jaar van Zuma-staatspresidentskap met al sy implikasies op die hals gehaal het.
Volgens die DA, wat die saak tot dusver teen Zuma met volharding gedryf het, sou ‘n wending van Zuma nou tot die Appélhof “’n skouspelagtige vermorsing van belastingbetalergeld wees’.Afrikaans by universiteite uitgeskopOp 22 Junie 2016 is is by die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch finaal besluit dat Afrikaans as volwaardige onderrigtaal gestaak gaan word, terwyl dit aan die lig gekom het dat Unisa besluit het Afrikaans word vir onderrig, navorsing en eksaminering gestaak. Diegene gekant teen die besluite, soos Afrikaanssprekende studente, AfriForum, die FAK en universiteitsraadslede, het egter aangedui dat Afrikaans steeds met passie lewendig gehou sal word. Vroeër het die Universiteit van die Vrystaat (UV) reeds dieselfde paadjie geloop, maar hul besluit word tans in die Vrystaatse Hooggeregshof deur AfriForum en bondgenote betwis op grond van onregmatigheid en ongrondwetlikheid. In die hofsaak tot dusver het die UV erken dat die taalbesluit geneem is in ‘n poging verdere kampusgeweld te voorkom – ‘n feit wat kennelik ook geld t.o.v. Tukkies en Maies.Orania skerp veiligheid opOrania as Afrikanerdorp is besig om die veiligheid van die inwoners indringend op te gradeer, met die aankoop van gevorderde tegnologiese moniteringstelsels, opskerping van sy eie veiligheidsmaatskappy met 24/7 reaksie-eenheid, implementering van omvattende gemeenskapskommunikasie en gemeenskapsopleiding in paraatheid en noodhulp. O.a. het die Dorpsraad op ‘n inligtingsvergadering vir die gemeenskap, wat uitstekend bygewoon is, ‘n Tienpunt veilgheidsplan voorgelê, wat aanvaar is.
Op die vergadering is die Christelike geloof beklemtoon, asook dat rassisme geen rol speel nie, maar dat dit bloot gaan oor beveiliging van eie identiteit. Orania word ook bygestaan deur AfriForum.Ministeriële hotelverblyf en oorlewingVerstommend die geval van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Bathabile Dlamini wat sê dat R753 voldoende is vir ontvangers van maat-skaplike toelaes om per maand hul lewenskoste te dek, maar sy het al 31 keer in die Oyster Box Hotel in Umhlanga Rocks gebly teen ‘n koste van tot R11 000 per nag. Die Oyster Box het ‘n klassieke seeuitsig vir ‘n luukse eenheid met ‘n private plonspoel, terwyl verblyf ook ‘n buffetete insluit, asook toegang tot die spa, swembaddens en ‘n 24-sitplek teater van die hotel.
Inmiddels sê AfriSake die koste van een nag in die Oyster Box kon bestee word om 60 arm kleuters vir ’n hele maand van ’n warm maaltyd te voorsien, om 18 meisies vir ’n hele jaar te help met die verskaffing van sanitêre produkte en om 10 bejaardes per maand te versorg.Die reis- en verblyfkoste  van die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling het vanaf die 2014 boekjaar tot die 2015 boekjaar gestyg vanaf R105,5 miljoen tot R108,6 miljoen, waarvan die ministerie van Dlamini alleen vir R21,4 verantwoordelik is.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *