Ditsem Nuus vier Afrikaans 140 jaar – 't Scheldt

Ditsem Nuus vier Afrikaans 140 jaar

Met die herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876 in Dal Josafat en regtens beskou as die geboortedag van Afrikaans, vier die taal vanjaar op 14 Augustus sy 140ste verjaarsdag.

Hoewel Afrikaans eers in 1925 amptelik as landstaal erken is, word algemeen aanvaar dat die taal formeel sedert 14 Augustus 1876 bestaan. In die lig hiervan en ook omdat Afrikaans tans meer in die spervuur is as wat die geval vir dekades was en in besonder ook die terugslae wat Afrikaans onlangs op tersiêre vlak ondervind het, doen Ditsem Nuus in sy uitgawe ‘n spesiale fokus op Afrikaans vier 140 jaar, met spesiale verwysing na ‘n voorraadopname van waar die taal tans staan en van wat instansies wat die taal voorstaan, daaromtrent doen.AfriForum tree op teen sportkwotasSolidariteit en AfriForum het omvattende regsstappe teen die Minister van Sport, Fikile Mbalula, bekendgemaak n.a.v. sy verklaring dat die vier hoofsportfederasies: Atletiek SA, die SA Rugby-unie (Saru), Krieket SA en Netbal SA nie die gasheer mag wees vir enige groot internasionale sporttoernooie in die land nie, aangesien hulle nog nie hul transformasieteikens bereik het nie.
Volgens Solidariteit, kom dit neer op onbillike arbeidspraktyke ingevolge die Wet op Diensbillikheid en die Wet op Sport en Ontspanning. Voorts gaan Solidariteit en AfriForum hul ook tot die Arbeidshof wend om die Saru se transformasieplan, asook die handves oor transformasie in sport, ongeldig te laat verklaar. Daarbenewens gaan Solidariteit en AfriForum klagtes teen sportkwotas indien by die Verenigde Nasies (VN), verskeie internasionale sportliggame en die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO).Bedenkinge oor Nasionale GesondheidsversekeringsplanIn kommentaar op die Nasionale Gesondsheids-versekeringsplan (NGV) wat die regering by monde van Minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi voorstel, sê John Kane-Berman van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge: ‘Die Witskrif op die NGV is een van die mees skrikwekkende dokumente wat nog vanuit die post-apartheid regering tevoorskyn gekom het. Die voorstelle, nou in hul 40 ste weergawe, is uitvoeling met die werklikheid dat dit grens aan waansin. Daarvolgens sou ‘n omvattende burokrasie met buitengewone magte totstand gebring word ondanks die regering se doelwit om staatsbesteding en die staatsdiens in te kort. Hierdie nuwe burokrasie word ingestel ongeag die tekortkominge en mislukkings van die staat in talle opsigte soos bv. die mediese sektor van die staat, onderwys, staatsbeheerde ondernemings, waterbestuur, ens. Die staat het duidelik nie die kapasiteit om die NVG suksesvol te bedryf nie en kan dit gesien word as ‘n voortsetting van ‘n oorlog teen die middelklas, in hierdie geval gaan dit daaroor om die private mediese sektor leeg te bloei van fondse ten einde sg. die arm massa te help – alles op koste van die belastingbetaler, wat na raming sowat R256 miljard teen 2025 kan bedra’.Steeds opslae oor uitfasering van Afrikaans by universiteiteDie stof draai steeds oor die finale uitfasering van Afrikaans by die Universiteite van Pretoria (UP), Stellenbosch (US) en Unisa en word veral op sosiale media daarop gewys dat die bedenklike besluite ʼn bespotting maak van die onderhandelde ooreenkoms wat voor die 1994-verkiesing bereik is. Daar word aangevoer dat die motivering van hierdie universiteite dat die besluite hoofsaaklik gebaseer is op argumente vir die internasionale mededingendheid van Engels en aanpassing by die demografie, vals is en dat politieke gedienstigheid en vrees vir geweldadige betogings van radikales die eintlike dryfvere agter die besluit was.Daar word sterk gevoel dat Afrikaanse universiteite en studente nog altyd op internasionale vlak gerekend was en dat die taal nog nooit enige beletsel op prestasie was nie. In teendeel, die keer-sy is eerder waar en dat daar allerweë erkenning is vir Afrikaans as ‘n taal van wêreldgehalte.Dieselfde gevoel geld t.o.v. die Universiteit van die Vrystaat (UV), waar Afrikaans ook op ‘n glybaan na onder is en boonop aangevoer word dat die taal sg. rasverdelend is. Inmiddels word sterk gevra dat private fondse soos uit boedels en skenkings aan voormalige Afrikaanse universiteite, herkanaliseer word en eerder gaan vir spesifieke beurse of projekte of onafhanklike trusts.   Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *