DIE TALE WAT ONS PRAAT – BRIEF UIT ZUID-AFRIKA – 't Scheldt

DIE TALE WAT ONS PRAAT – BRIEF UIT ZUID-AFRIKA

Geachte Redaksie,
Ek luister gereeld na die Afrikaanse Radioprogram: ‘Die Tale Wat Ons Praat, wat Sondae om 11:05 oor RSG (Radio Sonder Grense) uitgesaai word.
Vandag se onderwerp was die W.A.T.
Dr Willem Botha en nog ‘n akademikus, is tans in beheer van die WAT. Die vorige hoofredakteur was Dr Van Schalkwyk, maar hy het verledejaar afgetree.
Die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) is ‘n gewone woordeboek van sowat 1 400 bladsye. Ek neem aan u besit hierdie boek reeds.
Die WAT is ‘n ‘omvattende’ Afrikaanse woordeboek wat reeds uit tientalle volumes bestaan, en wat waarskynlik eers oor 20 of 30 jaar klaar sal wees. Die WAT strek tans van A – O, maar die afdeling ‘P’ is byna klaar. Vreemdelinge en skeptici, soos byvoorbeeld die Engelse (wat ons as hul vyande beskou), dink Afrikaans is ‘n ‘jong taaltjie met slegs ‘n paar duisend woorde in sy woordeskat’, maar volgens Dr Willem Botha sal die WAT, wanneer dit klaar is (van A-Z), ‘n hele boekrak vol staan. Byna soos die Duitse Brockhaus-reeks.
Toe ‘n luisteraar aan Dr Botha vra hoeveel vakwoordeboeke daar in Afrikaans bestaan, kon hy nie ‘n antwoord gee nie, maar het gesê dat dit waarskynlik ‘honderde’ moet wees. Afrikaans is dus ‘n groot en uitgebreide taal, met ‘n woordeskat van honderde duisende woorde.
Ek het in my vorige e-pos aan u die Internetadres van die elektroniese WAT saamgestuur. Ek hoop u vind dit interessant, leersaam, nuttig en handig!
Groete,

Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *