ANC steel blankes se intellektuele eiendom – 't Scheldt

ANC steel blankes se intellektuele eiendom

Dit moet darem werklik swaar wees om intellek-tueel so bankrot te wees dat jy ‘n ander se intellektuele eiendom moet steel sodat jy darem intel-ligent kan lyk. Dít is die enigste verklaring waartoe ‘n mens kan kom as die nuutste stukkie diefstal wat die regering beoog, nl: dat intellektuele eiendom mag nie meer vererf word nie, maar na jou dood moet dit na die staat gaan.Wat ‘n verdere rykdom wag daar nie op hierdie klomp wat self nie in staat is om ‘n Westerse Kultuur te bou of in stand te hou nie. Nêrens in die wêreld is iets soortgelyk nog ooit in wet beliggaam nie, dus sal hierdie ‘n eerste wees.Miskien skuil iets anders agter die beoogde wet. Vir jare het die Wêreld Bank en die Internasionale Monetêre Fonds gekla dat dit nie help om geld in Afrika te steek nie, want niks kom tot stand nie.Die enigste land wat geskitter het, was Suid-Afrika onder ‘n blanke regering wat tereg die pêrel van Afrika gedoop was. En toe word die land op ‘n skinkbord weggegee; deur F.W. de Klerk se verraad en deur ‘n bevolking wat te lui geword het om self te dink; te gemaklik geword het met ‘n gesindheid van laat Godswater oor Godsakker loop.Van al die slegte dinge wat gebeur het, is die ergste nie net dat as gevolg van hierdie verraad, die meeste nie meer ‘n toekoms in die land sien nie; ‘n toekoms kan jy altyd weer vir jouself skep, al is dit in die buiteland; die ergste is dat ons verlede van ons weggeneem word.Van die begin af was ons gekoppel aan ‘n Christelike Westerse Kultuur, ‘n ligpunt hier aan die punt van donker Afrika. ‘n Ligpunt wat kuns, in-dustrie en filosofie gebring het en altyd probeer het om almal in die land se lewens te verbeter. Die ware van feite van hoe ons gebou en opgebou het, en ander gehelp het om hulle lewenstandaarde te verbeter en hulpmiddele, mediese dienste en opvoeding gegee het, word alles onder die mat ingevee.Dít kon ons verwag, maar dat alles, van Olaf Andresen se ‘Laat my langs die heide wandel’, Eugene Marais se geskrifte, die Van Wyk Louw’s se naletenskap nou in die hande van die regime moet val, is die grootste onreg nog.Gaan dit nou alles toegedig word aan die terroriste-held Mandela se pogings? Gaan daardie werke ook ander name kry, soos ons stede, strate en plekname verander is?Die EFF begin nou al skree dat die Kruger Nasionale Park, wat ingevolge ‘n wet die eerste natuurbewaringsgebied in die wêreld was, se naam moet verander word. Gaan hulle alles net na swart name verander en dan voorhou dat dít is hoe die swartes kan presteer as hulle nie so onderdruk was nie. Dis hulle wat die pêrel van Afrika tot stand gebring het. En die werklike nagmerrie is dat as ons eie volk dit toegelaat het om te gebeur, hoekom sal die buitewêreld hierdie aansprake bevraagteken.Verandering van straatname in Matjhabeng areaIn ‘n mediaverklaring sê Susan Taljaard, VF Plus raadslid in Matjhabeng Munisipaliteit (Welkom): ‘Geen van die name wat die munisipaliteit wil verander, gee aanstoot of skep verwar-ring nie. Instede daarvan behoort eers alle strate in die Matjhabeng nedersettings (townships) straatname te kry. Die polisie, brandweer en ambulansdienste spreek deurlopend hulle kommer uit oor strate wat nie name het nie. Die verandering van straatname en die gepaardgaande effek daarvan op skole, instellings, padaanwysings, huise en besighede, gaan miljoene kos. Hierdie koste word gedra deur diegene wat belasting betaal – dit is daardie deel van die inwoners wat juis nie ten gunste van die naamsverandering is of aangevra het nie. Daardie geld kan eerder aangewend word om behuising te verskaf, verwaarloosde paaie te herstel en om die watersuiweringsaanleg behoorlik in stand te hou. Die regering en munisipaliteite is nie in die finansiële posisie om miljoene rande te spandeer om bestaande name van plekke en strate te verander nie’. Nuwe wet oor minderjarige seks

Ons reken dat die nuwe wet wat seksuele omgang vir kinders tussen ouderdomme 12 en 15 in sekere omstandighede wettig, aaklig is en inderdaad die deur oopmaak vir gruwelike seksuele uitbuiting. As dit gewettig is, hoe kan enige iets in twyfelagtige omstandighede, soos verkraging, in ‘n hof bewys word? Watter feitlik onmoontlike onus plaas dit nie op slagoffers nie?
Al wat blykbaar nou oorbly. is vir ouers om hulle kinders so ver as moontlik waterdig te beskerm – en onophoudelik vir hulle te bid.

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *