923 Poezie – 't Scheldt

923 Poezie

VIR EWIG

‘n Enkele aanraking,
is genoeg.
‘n Teken dat jy daar is,
vir altyd.

Wat sou die lewe wees,
sonder jou?
My doel agter,
elke dag.

Jy is my antwoord op,
soveel vrae.
Wanneer, waar,
veral hoekom.

‘n Rede om aan,
te gaan.
Die dryfkrag agter ‘n hart,
jou hart.

‘n Hart wat jy, net jy,
verander het.
Aangeraak het met,
soveel liefde.

‘n Lewe sonder jou,
is onmoontlik.
Selfs net die gedagte,
maak seer.

En al weet ek jy is myne,
net myne.
Voel selfs vir ewig nie,
lank genoeg.


Suné Ferreira

 

 

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *