921 Z-A – 't Scheldt

921 Z-A

MEERKAT OP CARNARVON

Die klein Noord-Kaapse dorpie – Carnarvon – wat in die hartjie van die Groot Karoo lê, sal binnekort ‘n wêreldbekende baken in Suid-Afrika word, veral as die bod op Suid-Afrika, en nie Australië nie, val om met die aanlê van MeerKAT voort te gaan.

Die eerste prototipe van die reuse teleskoop-skottel van Suid-Afrika se nuwe radioteleskoop staan nou uiteindelik op ‘n terrein net buite Carnarvon.
Die eerste fondasies van KAT-7 is die afgelope paar maande gelê, en die eerste antenna is op 18 Julie (die dag waarop oud-president Nelson Mandela sy 91-ste verjaarsdag gevier het, opgerig.
KAT-7 is die eerste fase van S-A se padvinder-radioastronomieprojek, wat as MeerKAT bekend sal staan. KAT-7 bestaan uit 7 skottels en sal aanvanklik as ‘n tegnologiese leerskool dien vir die bou van die res van MeerKAT, wat uiteindelik uit 80 reuse skottels van 12 meter hoog sal bestaan.
Daar word verwag dat die totale projek aan die einde van 2013 voltooi sal wees.

‘n Hoë-spoed-datanetwerk sal die teleskoop-terrein in die Karoo met die beheersentrum in Kaapstad verbind, is in ‘n amptelike verklaring gesê.
Carnarvon lê sowat 600 km noordoos van Kaapstad, en 360 km suidwes van Kimberley. Australië en Suid-Afrika is tans in ‘n wedloop gewikkel om die wêreld se grootste teleskoop, die SKA (Square Kilometre Array), op te rig.
Indien Suid-Afrika die wedloop wen, kan dit vir die land ‘n geweldige groot aansien in die internasionale wêreld beteken.

Duisende skottel-antennas sal ‘n oppervlakte van een kwadraad-kilometer dek. Die finale aankondiging, oor wie die bod gewen het – Australië of Suid-Afrika – sal vroeg in 2012 gemaak word.
Die koste van die projek beloop meer as 150 miljard Euro, wat in Suid-Afrika sowat R 1 692-miljard sal wees.

KERNKRAG KOM
Nadat Suid-Afrika se reuse tekort aan elektrisiteitsvoorsiening byna ‘n ramp veroorsaak het, en duisende landsburgers woedend geword het omdat daar nie genoeg krag vir huishoudelike en industrieële gebruik was nie, en kragonderbrekings vir meer as ‘n jaar aan die orde van die dag was, is daar onlangs aangekondig dat Suid-Afrika 3 nuwe kernkragsentrales gaan oprig. Twee sentrales sal aan die Wes-Kaapse kus opgerig word, en een aan die Oos-Kaapse kus. Suid-Afrika se enigste kernkragsentrale is by Koeberg, sowat 30km noord van Kaapstad. Die projek sal as Nuclear 1, 2 & 3 bekend staan, en elkeen sal dubbeld soveel krag kan opwek as waartoe Koeberg tans instaat is.
Die eerste sentrale sal by Duynefontein naby Melkbosstrand aan die Weskus opgerig word, en lê 35 km van Kaapstad.
Die tweede een sal by Bantamsklip, suidoos van Pearly Beach wees, en die derde een by Thyspunt naby Kaap St Francis. Bantamsklip is sowat 150 km suidoos van Kaapstad, en Thyspunt is 120 km wes van Port Elizabeth.Hierdie verslag het bekend geword nadat ‘n omgewingsinpakstudie deur die firma Arcus Gibb, wat nou voortgaan nadat dié reuse kernkragprogram weens die omvang van die projek uit Eskom se hande geneem is, voltooi is.
Volgens mnr Andrew Kenny, ‘n onafhanklike ingenieur en energiespesialis, is dit reuse konstruksieprojekte waarby duisende kontrakteurs betrokke sal wees.
Bouwerk aan die eerste van die drie sentrales, wat ‘n 4 000-megawatt sentrale sal wees, sal in 2012 begin, en sal na verwagting in 2020 voltooi wees.
Dit sal as die Duynefontein-sentrale bekendstaan.***
Eers kindje sien, dan vader staan
Een saak eers steun wanneer jy meer daarvan weet
*

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *