902 Brie – 't Scheldt

902 Brie

Die infrastrukture wat oor jare gevestig is word stelselmatig afgebreek en ons voorsien binnekort ‘n skoon waterproblem.

Rou riool word in ons riviere gestort omdat die mense in beheer van die Munisipaliteite nie die rioolwerke kan bestuur nie. Ek dink hulle kan dit nie doen nie. Onkundigheid en luiheid speel hier n groot rol. Onkundige mense word in poste aangestel waarvan hulle niks weet nie en omdat hulle nie kan werk nie hou hulle tog so graag partytjies.

Die jaarlikse oudit van die Ouditeur Generaal is gekwalifiseerd en talle gevalle kom voor waar nie rekenskap gegee kan word van duisende rande se uitgawes nie.
Groete uit Suid Afrika.
MJ Bekker

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *