1265 Act 1 – 't Scheldt

1265 Act 1

MALEMANa die uitstel van sy saak tot aanhitsing van geweld, het die revolusionêre Julius Malema, leier van die EFF (Economic Freedom Fighters Party) weereens ‘n beroep gedoen op sy volgelinge om grond te beset. Hy word aangehaal as: ‘As julle ‘n mooi stuk grond sien en jy hou daarvan, beset dit, want dit behoort aan jou’.

Politici herhaal deesdae byna daagliks die leuen dat witmense, maar veral die Afrikanervolk, die land van die swartes gesteel het. Die feite is: Die bruinmense (Xhoi-San) bewoon die land al vir

30 000 jaar, maar omdat hul kultuur nie ‘eienaarskap’ van grond en diere ken nie, het hulle die land nog nooit voorheen opgeeis nie. Eienaarskap is ‘n begrip wat die witmense uit Europa na Suid-Afrika ‘ingevoer’ het.

Toe Jan van Riebeeck van Amsterdam in 1652 in Tafelbaai (Kaapstad) aangekom het, was daar geen swart stamme binne die grense van Suid-Afrika nie. Die Nguni-stamme het uit Wes-Afrika (Nigerië en Cameroen), eers ooswaarts en later suidwaarts getrek.

Volgens die Portugese Seevaarders van die 14de, 15de, en 16de eeu, is geen swart stam-me binne die grense van Suid-Afrika opgemerk nie. In 1770 is die eerste swart stamme – die Xhosas – by die Groot Visrivier (sowat 970km noordoos van Tafelbaai) opgemerk, en in 1771 het die eerste skermutseling tussen Kaaplandse Vryburgers en Xhosas, op die plaas Bruintjeshoogte, oos van die dorp Graaff-Reinet, plaasgevind.

Dit is dus ‘n leuen dat die witmense die swartes se land gesteel het. (Intussen is berig dat ‘n Durbanse vrou se huis en voertuig aan die brand gesteek is deur plakkers wat onwettig op haar eiendom woon. Dis nou nie meer net plase en Boerderije wat beset word nie, maar dorpe en stede ook). Die bekende linkse Afrikaner-joernalis, Tim du Plessis, skryf in ‘n rubriek: ‘Witmense, en nie Zuma nie, is Malema se teiken’. Hy wil nie net witmense se huise en besittings afneem nie – eintlik wil hy hulle weg hê uit Suid-Afrika.

Witmense is besoekers. Ek sê nie wit mense moet uitgemoor word nie, in-elk-geval nie nou al nie’, het die man in rooi klere gewaarsku.

***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *