1263 Z A – 't Scheldt

1263 Z A

Rassistiese Tshwane ontwikkelingsplan

Opposisiepartye in die Tshwane Metroraad is ontsteld oor ‘n ontwikkelingsplan van die Metro wat na beplan word in samewerking met die Openbare Beleggingskorporasie uitgevoer gaan word d.m.v. projekte wat slegs aan swart persone toegeken sal word.

Uit opposisiegeledere word aangevoer dat die ontwikkelingsplan rassisties en buite die wetlike riglyne van nasionale wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) val, selfs wat betref die nuwe verskerpte bemagtigingskodes wat wit ekonomiese deelna-me nie totaal uitsluit nie. Die VF Plus het aangedui dat ‘n klag oor die aangeleentheid ingedien is by die nuutgestigte SEB-Kommissie en dat die party selfs oorweeg om die saak na die Gelykheidshof te neem. Die Grondwethof het die nasionale algemene kieserslys beskryf as onwettig, strydig met die Grondwet en dus ongeldig. Die hof het die OVK 18 maande gegee om die foute reg te stel en gesê dat 2019 moet die kieserslys foutvry wees en gereed vir die volgende nasionale en provinsiale verkiesing. .Afrikaners wil nou trek
Blankes in Suid-Afrika begin nou in groter getalle besef in watter benarde posisie politieke leiers hulle die afgelope 25 jaar gelaat het. Meer-en-meer mense, veral onder die Afrikaanssprekende blankes, het begin om in klein groepies te organiseer. In die tagtiger- en negentigerjare het die land se wit leiers die volk in die rug gesteek, en die hele land op ‘n skinkbord aan die Kommunistiese barbare oorhandig.
Terwyl daar swart stamme is wat elkeen hul stukkie tradisionele grondgebied ontvang het, het die wit stam van Afrika niks gekry nie. Meer nog, in die huidige bedeling waarin die Marxistiese ANC/SACP-alliansie die land regeer, is daar nie plek vir witmense nie. Hulle word stelselmatig uit die staatsdiens uitgewerk, en in die privaatsektor moet witmense buitengewoon hoë belastings – in die vorm van Black Economic Empowerment – betaal.
Afgesien van die gewone armblankes, wat nog maar altyd sukkelaars was, is daar nou ‘n nuwe arm-blanke-generasie. Die magtige middelklas van die jare sewentig, is vinnig besig om te verdwyn. Daardie middelklas, wat die rugstring van enige volk in enige land behoort te wees, bestaan feitlik nie meer in S-A nie. Daar is nog net superrykes en brandarmes oor in S-A. Die superrykes maak asof die armes in hul land gladnie bestaan nie en die armes vergaan in wit plakkerskampe (sloppenwijken). In 1991 het Prof. Carel Boshoff ‘n verwaarloosde plaas langs die Oranjerivier gekoop, waarop die klein spookdorpie Orania geleë was. Na vele terugslae het die dorpie darem nou, na 25 jaar, die status van ‘n groeiende dorp geword, en is daar nou sowat 1 500 inwoners – almal wit Afrikaanssprekende landgenote. Die res van die land se witmense het waarskynlik gehoop dat die huidige generasie volksleiers die volk uit die poli-tieke woestyn sou uit lei, maar dit wil voorkom of die Boere-Afrikanervolk nou leierloos geword het. Dis nou ‘n kwessie van ‘Elkeen vir homself, en die duiwel vir die res!’ Afgesien daarvan dat 1-miljoen van die room van die volk na oorsese be-stemmings gevlug het, is daar kort-kort beroeringe in die land wanneer méér groepe die land wil verlaat. Lande soos Argentinië, Uraguay, Paraguay, Georgië, Rusland, Hongarye, en vele meer, word oorweeg.
Binnelands is daar groepe wat – soos Orania – nedersettings weg van die misdaadgeteisterde Transvaal, Vrystaat en Natal, wil skep. Die nuwe landswette verbied egter wit-mense om hul eie dorpe, soos Orania, te stig, wat voornemende nedersetters se planne grootliks aan bande lê. Van die jongste nedersettings is Anweskus aan die Atlantiese Oseaan, en die Edenprojek naby Willowmore in die Oos-Kaap. Volgens regsgeleerdes van die land, maak die land se wette wel voorsiening vir die vestiging van witmense op ‘n plaas, behalwe as daar gekoop en verkoop word, en ander vorme van besighede bedryf word.
Daar is tientalle swart organisasies in die land – soos die Black Lawyers Association; Black Editors Forum; ensovoorts, waar slegs swart lede toegelaat word. Daar is ook duisende dorpe en nedersettings waar slegs swartes mag woon, maar as dit by witmense kom, word dubbele standaardie toegepas. Geen swarte mag in ‘n wit dorp geweier word nie, terwyl die teenoorgestelde wel toelaatbaar is. Twee gedenk-dvd’s oor dr HF VerwoerdDit is vanjaar presies 50 jaar gelede dat S-A geruk is deur die afstootlike moord op die destydse eerste minister dr HF Verwoerd in die Parlement. Twee dvd’s oor dr. Verwoerd is vervaardig – een ‘n algemene oorsig oor sy lewe en hoe hy SA gelei het en die tweede bestaande uit onderhoude met sy kinders en ander persone wat besondere verbintenisse met hom gehad het. Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *