1256 Z A – 't Scheldt

1256 Z A

NA ORANIA

Daar is onlangs ‘n tweede groeipunt, naas dié van Orania, ‘Byneslaagte’, binne die Noordweskaap gestig. Die ANW (Afrikaner Nedersetting Weskus) is ‘n volksorganisasie wat onafhanklik van die OB (Orania-Beweging) funksioneer, maar wat dieselfde doelwitte as die OB nastreef, naamlik om die Noordweskaap as Afrikaner-vryheidsgebied te ontwikkel. Byneslaagte lê 12 km van die Afrikaner-vakansie-oord Strandfontein, aan die Atlantiese Oseaan, en is sowat 300 km noord van Kaapstad. Daar word gehoop dat die Weskus-Afrikanergemeenskap mettertyd kulturele en ekonomiese bande met die stamlande – Vlaanderland, Nederland, Skotland en Duitsland – sal kan aangaan en versterk.*VolksbladDieselfde aanvallers het vir die derde keer die bejaarde Rina Pretorius (86) in haar huis op Reddersburg oorval en haar van haar geld, bankkaart, selfoon en polshorlosie beroof. Genadiglik is sy persoonlik ongedeerd, terwyl die aanvallers kort na die inbraak in hegtenis geneem is.Die SAPD te Kroonstad het inwoners gewaarsku teen ‘n skerp toename in huisbrake op die dorp. Woonhuise, pakkamers op plase en hoewes en onbewoonde huise word veral geteiken en word elektroniese goedere soos skootrekenaars en TV’s, asook klere en elektriese toerusting, by die hope gesteel. Selfs die elektriese bedrading van onbewoonde huise word uitgehaal.Te Dewetsdorp het die Golfklubhuis op die dorp en een van die gewildste bymekaarkomplekke in die Suid-Vrystaat, een nag onverklaarbaar aan die brand geslaan en totaal afgebrand, tesame met waardevolle gedenkwaardighede opgebou oor dekades.‘n Saak van brandstigting is aanhangig gemaak. In die distrik Steynsrus is 23 merino-ooie op een plaas geslag terwyl 31 dragtige ooie op ‘n ander plaas geslag is.Dit blyk dat die diewe goed georganiseerd is en uiters bedrewe daarin slaag om ongemerk 20-25 skape op ‘n keer te slag.Volgens ‘n woordvoerder van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum word in SA daagliks gemiddeld 250 skape, bykans 200 beeste en by-kans 100 bokke geslag.Telkom al minder oproepeUit die bekendmaking van die jaarresultate vir Telkom blyk dit dat in die finansiële jaar tot einde Maart 2016 die huur van vaste lyne met 1,9 % gedaal het tot R15,2 miljard. Dit is hoofsaaklik omdat die inkomste uit vastelynoproepe met 12 % gedaal het tot R6 miljard.Desondanks hierdie syfers het die bedryfsinkomste van Telkom met byna 14 % gestyg tot R37,3 miljard, grotendeels vanweë ‘n skerp styging in inkomste uit data a.g.v. die verkryging van Business Connexion (BCX). Die inkomste uit data is nou bykans al net so groot soos dié uit vastelynverhuring en oproepe.Terselfdertyd het die selfoonkant van Telkom ook uitstekend gedoen en is ‘n bedryfsverlies van R2,2 miljard gekrimp tot R43 miljoen, met die vooruitsig van ‘n spoedige gelykopbreek. Die wins van Telkom ná belasting het R2,4 miljard bedra, hoofsaaklik a.g.v. skeidingspakette vir3 878 personeellede. Telkom het tans 13 766 werknemers teenoor 19 197 drie jaar gelede.*Mosambiek mislukkende staatSedert Mosambiek in 1975 na die staatsgreep in Portugal onfhanklikheid gekry het onder die Frelimo bewind, het die land geswaai tussen ‘n suksesvolle staat en ‘n mislukte gebied.Deur al die jare tot vandag het veral die burgeroorlog tussen Frelimo en Renamo die land gewurg, maar grootskaalse korrupsie binne die Frelimo-regering en hul onvermoë om infrastruktuur in stand te hou, het Mosambiek geleidelik op ‘n glybaan laat beweeg.Volgens betroubare inligting en syfers vandag blyk dit dat Mosambiek inderdaad tragies ‘n mislukkende staat is. So toon beskikbare statistieke van Unicef (die VN Kinderfonds) dat in Mosambiek, wat oor min of geen data-integriteit van sy eie beskik nie, 15,6 miljoen burgers oftewel 60 % van die bevolking op minder as R20 per dag leef. By die land se gewilde en skilderagtige kus word veral Westerse toeriste deur korrupte polisiemanne afgedreig en afgepers.Die Mosambiekse geldeenheid, die metical, is slegs 25 SA sent werd, terwyl die regering onlangs in gebreke gebly het om sy waarborge vir ‘n internasionale lening vir ‘n skeepswerfbouer ten bedrag van R8,1 miljard gestand te doen.Die konflik tussen Frelimo en Renamo word tans ook as die ergste nog bestempel.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *