1255 z a – 't Scheldt

1255 z a

Eers resessie dan rommel statusSuid-Afrika marsjeer flink na die randkant van hoogste moontlike finansiële afgrond denkbaar, en gaan moeilik weer lewendig gemaak word as hy daar afgestort het. Dit is die mening van ’n welbekende finansiële bestuurder na aanleiding van die onderlinge gevegte wat tans binne die seniors van die ANC-regering heers. Hy sê die land is tegnies gesproke reeds in ’n resessie en is flink onderweg na rommelstatus as gevolg van die onderlinge magstryd onder ministers. Kenners is die mening toegedaan dat die stryd teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, reeds te ver gevorder het en dat die land se president te swak is om dit te stop. Die uitlatings van Des van Rooyen, en die knaende aanvalle van die Valke eenheid op die Minister, gaan die land duur te staan kom, word gesê. Die mening is uitgespreek deur finansiële kenners dat die gevegte nooit in die openbaar moes kom nie, en die Valke, sowel as Van Rooyen, moes nie hul sienings oop en bloot gestel het nie. Dit blyk egter dat die leierskap wat nodig is, nie in die ANC se geledere bestaan nie, het hy gesê. ‘Ons is reeds in ’n resessie, en ons gaan binnekort rommelstatus kry as daar nie baie vinnig ’n einde gebring word aan die magstryd nie’, het hy gesê.Hoër Onderwys in chaosTen spyte van, ten koste van, ter wille van… so kan daar voortgegaan word, maar die gebrek aan dissipline en opvoeding by die studente aan hoër opvoedkundige inrigtings is tans soos ‘n albatros (of is dit ‘n Zuma) om universiteite se nekke. Universiteit Natal se kafeteria word afgebrand, een van Tuks se swart studente-raadslede maak hom skuldig aan rassistiese uitlatings, grade word verkoop by ‘n Universiteit – 19 universiteite staar finansiële krisisse in die gesig sou fooie nie in 2017 verhoog word nie, en vele meer. Nou word voorgestel dat ryk families hoër fooie in 2017 moet betaal. Met ander woorde, diegene wat geboue afbrand; staak; en mors; word nou van verhoogde fooie vrygestel. Intussen gaan kosbare onderrigtyd verlore. Slegs vier universiteite in S-A tel nou onder die eerste 1 000 beste instansies in die wereld. Universiteitsgrade is nou – net soos ‘n matrieksertifikaat – skaars die waarde van die papier waarop dit gedruk is. S-A se toekoms is donker.Agteruitgang dryf die volk weswaarts

Weens die aanhoudende agteruitgang in SA, en misdaad wat toeneem, oorweeg al hoe meer Afrikaners om na beter weivelde te gaan soek. Die SA Polisiediens het onlangs die land se jongste misdaadstatistiek bekend gemaak. Alhoewel ‘sagte misdaad’, soos diefstal en verkragtings, effens afgeneem het, bly ernstige misdaad, soos moord, poging tot moord, en bedrog, steeds hoog, en styg reeds 5 jaar agtereenvolgens. Voorne-mende beleggers in die buiteland begin al hoe meer vertroue in die Nuwe SA te verloor. Meer as 1miljoen blankes het na oorsese bestemmings gevlug. Nog veel meer begeer om hul land van geboorte te verlaat, maar weens die tekort aan geld, swak kwalifikasies, swak gesondheid, hoë ouderdom, deure in Westerse lande wat hul deure vir vlugtelinge uit S-A sluit, en ander redes, kan die meeste mense nie meer die land verlaat nie. Selfs buurlande stel nie meer belang in blankes uit S-A nie. Sowat 3-miljoen Afrikaners is nou in die RSA vasgekeer.Al wat oorbly, is dat volksgenote (Afrikaners) na ylbevolkte dele in die land verhuis, en probeer om ‘n meerderheid in eie gebied te word. Aangesien volksvreemdes (nie-Afrikaners) oor die hele land versprei is, is daar min dele waar Afrikaners nog ‘n meerderheid kan vorm. Die Afrikaner-volkstaatraad, wat intussen ontbind het, het sowat 25 jaar gelede ‘n studie gemaak van die beste moontlike gebiede waar Afrikaners kan woon. Die NW-Kaap is as die beste deel aangewys.Onder leierskap van wyle Professor Carel Boshoff, is ‘n plaas langs die Oranjerivier gekoop wat later die dorp Orania geword het. Orania, wat in 1991 gestig is, het tans 1 200 inwoners. Na vele terugslae groei die dorp nou bestendig. Orania is op die oostelike grens van die Noordweskaap geleë.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *