1254 z a – 't Scheldt

1254 z a

INTERNASIONALE NUUS

Sirië wêreld se ergste humanitêre krisis. ‘n Uittreksel uit die jongste nuusbrief van Geopende Deure lui: ‘Die Verenigde Nasies se Noodlenigingsköordineerder, Stephen O’Brien, het gesê: Terwyl die krisis in Sirië ‘n vyfde jaar betree, is humanitêre behoeftes groter as ooit vantevore. Dit wil voorkom asof die wêreld se ergste humanitêre krisis reg is om net verder agteruit te gaan. Met voortdurende konflik die helfte van die landsbevolking wat ontwortel is en ‘n ekonomie wat tot niet is, is dit nog nie moontlik vir Siriërs om hul lewens te herbou nie. Hulle prioriteit is net om te oorleef.

Dus vra Geopende Deure u dringende gebede sodat ons in staat sal wees om ‘n R2 713 000-doelwit te bereik – om noodleniging en langter-mynprojekte in Sirië uit te brei. As die Kerk nie hierdie lydende families help nie, wie anders sal? Hoe sal hulle oorleef?Die Kerk is hulle enigste oplossing. Geopende Deure het met plaaslike kerke saamgespan om kos, medisyne, huurtoelae, mediese hulp en items vir die winter te voorsien aan byna 50 000 Siriërs, sowel as om langtermynprojekte soos traumaberading, beroepsopleiding en Bybelverspreiding te ondersteun.Meer as 230 000 Siriërs is al doodgemaak sedert die aanvang van die krisis en meer as 1 miljoen mense is gewond gelaat. Sowat 7,6 miIjoen Siriërs is plaaslik ontwortel en meer as 4 miljoen het na ander lande gevlug. ‘n Siriese Christen in sy vroeë 20’s getuig: Ek het baie wreedaardighede van die Islamitiese Staat (IS) in ons land gesien, bv. hulle het soldate van Rakka se Siriese weermagbasis onthoof en hul koppe op ‘n heining vasgepen waar ek daagliks moes verbygaan op pad werk toe.Van die 1 500 Chistenfamilies wat in Rakka gewoon het, het slegs sowat 50 families agtergebly, terwyl daar geen kerke meer oor is nie. Van die 1,9 miljoen Christene wat in Sirië gewoon het voor die oorlog, het sowat 1,1 miljoen reeds die land verlaat.Porno tier wild in VSAJongste navorsingsyfers toon dat 87 % van universiteitstudente in die VSA kyk pornografie – 50 % daarvan weekliks en 20 % daagliks, 31 % van damesstudente kyk dit ook gereeld.In 2006 al is bereken dat die pornobedryf in die VSA ongeveer $ 97 000 oftewel R 1,5 triljard bedra – meer as die gekombineerde inkomste van Microsoft, Google, Amazon, eBay, Yahoo, Apple en Netflix saam.Pornografie is bekend as hoogs verslawend en dat dit gewoonlik lei tot degenerasie na alkohol- en dwelmmisbruik, gebroke huweliks- en gesinsverhoudings en uiterse geestelike en fisiese verval.Psigometriese toetsing in die VSA het bewys dat pornogafie die normale funksionering van die brein aantas en daadwerklike verlies aan produktiwiteit tot gevolg het.Parys boereverhoorDie hofsaak te Parys waar 11 mans tereg staan op aanklag van moord op twee swart mans ná ‘n alarm vir ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (73), het ‘n besondere kinkel in die kabel gekry toe die staat beweer daar was nooit ‘n aanval nie en dat Van der Westhuizen homself beseer het. Dit word egter deur Van der Westhuizen ten sterkste ontken, terwyl van die ander betrokkenes die bewering as “twak” bestempel.Emosies rondom die saak loop hoog, veral in die lig van die astrante wyse waarop die Valke die saak ondersoek. Wat egter ook ‘n faktor is waarmee rekening gehou moet word, is dat blankes / Afrikaners / boere verby keelvol is (om dit sag te stel) vir die koelbloedige en wreedaardige moorde op duisende boere in die land die afgelope 22 jaar. Daarom kan enige oorreaksie verstaan word. Aan die ander kant is twee mense oodgemaak en daar moet rekenskap van gegee word. Mag die waarheid en reg en geregtigheid in die saak seëvier en mag alle betrokkenes en ook onsselfBrandslaners tipiese SA uitvoerprodukWat ‘n tipiese uitvoerproduk van die huidige Suid-Afrika is die 301 brandbestryders wat namens die land in Kanada aangekom het om die wegholbrande daar te bestry, nie! Hulle het met groot fanfare vertrek in en Kanada aangekom om te help, maar voordat hulle kon begin, toe staak hulle oor ‘n loongeskil. Die uiteinde van die saak is dat hulle onverrigtersake na SA teruggekeer het. Sonder om ons te verlekker in die situasie, is die hele petalje tipies van die SA van vandag: Onbeholpe reëlings, op staking en ongedane werk.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *