1253 Z-A – 't Scheldt

1253 Z-A

Bykans 2 miljoen ha onder ‘ontginningsreg’Dit blyk dat verskeie voornemende ontginnigsmaatskappye inklim in groot dele van sentraal-SA en bykans 2 miljoen ha al onder sg. Ontginningsreg geplaas is. Reeds in 2015 het Rhino Oil & Gas die omgewingskonsultante SLR Consulting aangestel om ondersoek te doen na die ontginning van aardgas in die Noord-Oos Vrystaat.Die jongste aansoeke is Motuoane Energy wat die konsultante Environmental Impact Management Services aangestel het om bepaalde ontginningspotensiaal te ondersoek. Die gebied wat hierin geoormerk is, sluit in dele van die Noord-Oos Vrystaat plus plase in die distrikte van Kroonstad, Hennenman, Theunissen en Ventersburg in.Volgens Vrystaat Landbou word minstens 1,2 miljoen ha deur hierdie ondersoeke geraak. In reaksie word monsterveraderings tans deur Vrystat Landbou met boere op verskillende plekke gehou. Inmiddels word berig van voorgenome planne van ’n Australiese mynmaatskappy, Lukisa, wat deur ’n Russiese maatskappy befonds word om uraan in die Karoo te ontgin. Die maatskappy het 750 000 ha grond in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap bekom en beplan ook om ’n reusesentrale prosesseringsaanleg buite Beaufort Wes op te rig.Blykbaar is die eksplorasieproses en omgewingimpakstudie afgehandel en kan Lukisa nou vir ’n mynlisensie aansoek doen. In reaksie hierop het AfriForum in ’n petisie aan die Minister van Minerale Hulpbronne verklaar dat die projek tot die vernietiging van ’n groot deel van die Karoo-ekostelsel kan lei. Die petisie kan by https://www.afriforum.co.za/petisie-teen-uraanmyn-die-karoo/ onderteken word.SA verkiesingsproses ongeloofwaardigDie veelgeroemde demokratiese stelsel in Suid-Afrika het ‘n verdoemende terugslag gekry met die uitspraak van die Grondwethof dat die OVK nie sy wetlike verpligtinge t.o.v. die nasionale kieserslys nagekom het nie deurdat adresbesonderhede ontbreek en die name volgens stemdistrikte nie korrek is nie.Die Grondwethof het egter beslis dat die munisipale verkiesing mag voortgaan, maar het die nasionale algemene kieserslys beskryf as onwettig, strydig met die Grondwet en dus ongeldig.Die hof het die OVK 18 maande gegee om die foute reg te stel en gesê dat ten 2019 moet die kieserslys foutvry wees en gereed vir die volgende nasionale en provinsiale verkiesing. Hierdie uitspraak van die Grondwethof plaas ernstige twyfel oor die geloofwaardigheid van die komende munisipale verkiesing en dus van die demokratiese proses van die land as sulks.OG-verslag: Munisipaliteite geleenthede vir plunderingDie verslag van die Ouditeur-generaal vir die finansiële jaar 2014/15 toon dat munisipaliteite in die land meerendeels niks minder is as geleenthede vir korrupte raadslede en amptenare om die staatskas te plunder nie. In die betrokke jaar is letterlik miljarde der miljarde rand by munisipaliteite gesteel. In die Johannesburg Metro was dit R4,2 miljard, in Ekurhuleni R975 miljoen, in die Tswane Metro R3,6 miljard, in die Nelson Mandela Bay R3,4 miljard en in Mangaung Metro R1 miljard. In totaal beloop die gesteelde bedrag by munisipaliteite in die 2014/15 finansiële jaar (onreëlmatige uitgawes) meer as R30 miljard.Slegs in die Vrystaat is volgens die verslag 15 munisipaliteite tegnies bankrot en feitlik onrehabiliteerbaar – ‘n patroon wat sigself dwarsdeur die land herhaal, maar tog aansienlik beter vertoon in die DA-beheerde munisipaliteite. Uiteindelik regeringserkenning vir boereVir omtrent die eerste keer het daar van regeringskant uitdruklike erkenning gekom vir die betekenis van die kommersiële boerderysektor in die land – by monde van Minister van Landbou, Bosbou en Visserye Senzeni Zokwana, wat gesê het dat SA kan as land misluk indien daar nie daadwerklik teen geweld en moord op boere en plaaswerkers opgetree word nie.Hy het tydens ‘n SAPD-aanbieding in Centurion gesê plaasaanvalle belemmer werksgeleenthede en ekonomiese groei.‘In jou lewe het jy ‘n dokter nodig, ‘n prokureur, ‘n tandarts, maar jy het elke dag, drie keer per dag, ‘n boer nodig’, aldus Zokwana.Op sy beurt het die waarnemende SAPD hoof lt.-genl. Khomotso Phahlane gesê: ‘Ons is almal lief vir pap en vleis. Wat ons vergeet, is dat jy mielies moet plant sodat jy pap kan kry’.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *