1251 Z – A – 't Scheldt

1251 Z – A

Staatsmag oor Afrikaanse skole Solidariteit sê in ‘n mediaverklaring dat die uitspraak van die Grondwethof dat die finale besluit oor openbare skole se toelatingsbeleid by die staat berus, neerkom op ’n verbreking van die 1994-skikking by Kemptonpark en dat dit Afrikaans voor een van sy grootste uitdagings tot nog toe te staan bring. ‘Die uitspraak is ’n oorwinning vir die groeiende staatsmag wat oor die samelewing uitgeoefen word en is ’n slag vir die vryheid van openbare skole, taal- en kultuurgemeenskappe en vir moedertaalonderwys. In praktyk kan die paar oorblywende topskole in die land nou uitgelewer word aan ’n departement wat daarvoor verantwoordelik is dat die oorgrote meerderheid skole nou al jare lank disfunksioneel is. Wat die uitspraak nog gevaarliker maak, is dat die mag aan ’n politieke boelie, die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, toevertrou word wat bekend is vir sy heethoofdige uitsprake wat die menswaardigheid, gelykheid en vryheid van taal- en kultuurgemeenskappe aantas. Hy behoort eerder die 80 % sukkelende skole in die land reg te ruk in plaas daarvan om die aandag van sy departement se mislukkings te probeer af-lei deur toppresterende Afrikaanse skole te teiken. Lesufi sê prontuit dat skole nie op grond van taal mag diskrimineer nie. Die uiteindelike uitkoms van ’n stelsel van voedingsareas vir skole beteken die einde van Afrikaanse skole met hul unieke etos en kultuur. As ’n bepaalde voedingsarea aan ’n skool toegeken word en as kinders boonop deur ’n sentrale stelsel in skole geplaas word, sal geen skool oor die langtermyn nog Afrikaans kan wees nie. Lesufi is ’n ideoloog met ’n uitgesproke weersin in Afrikaanse skole’,” aldus Solidariteit.*Bedenkinge oor grondsituasieTerwyl die kwessie van grond in S-A duidelik op ‘n krisis afstuur, veral met die aanvaarding deur die Parlement van die Wet op Onteiening, word in ingeligte kringe ernstige bedenkinge uitge-spreek oor feite rondom grond. Ernst Janovsky van Absa Agribesigheid wys daarop dat die regering 99 % van suksesvolle grondeise nie na die eisers oordra nie, maar die titelaktes in regeringsbesit hou. Dit veroorsaak die probleem dat eisers wat nou die grond moet bewerk, nie bedryfslenings kan kry nie, want hulle het nie eienaarskap nie. Janovsky sê sowat 90 % van die plase wat suksesvol geëis is, word nie kommersieel bewerk nie. Wat in effek gebeur, is dat die infrastruktuur van die plase geplunder word.

Die grondwetkenner prof. Marinus Wiechers sê dat in talle gevalle van suksesvolle grondeise word die grond aan stamowerhede oorgedra, wat in effek, soos kommunale munisipale grond, beteken staatsbesit. Dit is algemeen bekend dat die mislukkingskoers van nuwe boere op grond van hulle toegeken meer as 90 % beloop.*EFF verrassingsbesoek aan OraniaSaterdagmiddag 4 Junie om ongeveer 17:00 het ‘n groep van sowat 35 EFF-lede in hul uniforms op Orania opgedaag en gevra of hulle met van die leiers van die gemeenskap kan ontmoet. Hulle is toe feitlik onmiddellik te woord gestaan deur  o.a. Carel Boshoff, president van die Orania Beweging en Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad. Die groep is genooi na die Hugenoot konferensielokaal van die Stokkiesdraai sakesentrum, waar ‘n indringende gesprek oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe vir ongeveer twee en ‘n half uur gevoer is. Die groep was vriendelik en nie militant nie en hulle is deur die plaaslike leiers gasvry ontvang. Op punte in die bespreking is saamgestem, terwyl op punte verskil is. Inmiddels het ander inwoners van Orania gedissiplineerd opgetree t.o.v. die voorval, terwyl die Orania Veiligheidsdienste gereed was vir enige gebeurlikheid.*EFF probeer Afrikaans vanaf Tuks-kampus boelieMet ongelooflike arrogansie probeer die EFF Afrikaans heeltemal vanaf die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) boelie deur gewelddadige betogings en dreigemente om eksamens aan die universiteit te ontwrig.Volgens die EFF is hulle ‘siek en sat vir Afrikaans aan die UP’ en sal hulle met niks minder tevrede wees as ‘n skriftelike ooreenkoms met ‘n presiese datum vir wanneer Afrikaans finaal aan die UP sal ‘val’.Hierdie militantheid – wat inderwaarheid neerkom op terrorisme – is ondanks die voorstel van ‘n taalwerkgroep by die UP dat Afrikaans in klasse en eksamens summier gestaak moet word.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *