1246 Z – A – 't Scheldt

1246 Z – A

Helpende Hand om meisies te help

Volgens ’n studie wat Solidariteit Helpende Hand gedoen het mis meisies tot 55 dae per jaar weens ’n tekort aan sanitêre produkte. Om die vernedering te vermy bly hierdie meisies dan op dae wat hulle menstrueer by die huis en mis kritiese skooltyd. Die HelpHanna-projek het die afgelope paar maande meer as R 531 000 by 126 skole spandeer om meisies van die nodige sanitêre produkte te voorsien. Daar het landwyd 3540 meisies op ’n maandelikse basis Hanna-pakkies ontvang. Elke pakkie is ongeveer R 50 werd en bevat sanitêre doekies en twee ander produkte, wat onder andere insluit lyfwas, tandepasta of antiperspirant, wat sorgvuldig vir hulle verpak is. Een van die grootste probleme waarmee die projek te kampe het, is die meisies se onwilligheid om hulp te vra. Daarom het Helpende Hand die karakter, Hanna, geskep om elke meisie wat hierdie probleem ervaar, te verteenwoordig. Sy is ’n tipiese skoolmeisie, maar een wat in moeilike finansiële omstandighede leef en daarom nie sa-nitêre produkte kan bekostig nie. ‘Hou ons meisies in die skool! SMS die woord ‘helphanna’ na 38969 en skenk R10 tot ‘n Hanna-pakkie wat help om meisies in die skool te hou’.Wes-Kaapse Parlement net Engels
In ‘n mediaverklaring sê die VF Plus: ‘Die besluit van die DA se Wes-Kaapse parlement dat Engels voortaan sy voorkeurtaal sal wees en dat sy Hansarddienste slegs in Engels beskikbaar sal wees, is uiters teleurstellend aangesien die laaste sensus getoon het dat 49 % mense in die provinsie Afrikaans praat teenoor slegs 20.2 % Engels. Dit is ʼn gevoelige slag vir meertaligheid in die provinsie. Die Hansard was tot op hede beskikbaar in Engels, Afrikaans en Xhosa in ʼn poging om meertaligheid te bevorder. Voortaan sal toesprake in Afrikaans en Xhosa in Engels vertaal word. Engelse toesprake sal egter nie in Afrikaans en Xhosa beskikbaar wees nie. Alles wat dus op ’n parlementêre sitting of vergadering in Afrikaans of Xhosa gesê word, sal in die Engelse Hansard verskyn’.Woelinge op Maties-kampus
Dit kook en borrel op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) waar die stof nie wil gaan lê na die gewelddadige botsings tussen die aktivistiese groep Open Stellenbosch, die EFF en die aktivis Johan Pienaar aan die een kant en pro-Afrikaanse studente met AfriForum Jeug aan die voorpunt aan die ander kant nie. Pas het AfriForum Jeug ’n klag teen rektor prof. Wim de Villiers ingedien weens sy beweerde onvermoë om hom by die regsreglemente van US te hou. Dit volg op die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof op 11 Maart 2016 dat die US-bestuur doelbewus en wetend onregmatig van die goedgekeurde taalbeleid afgewyk het. Daar word ook in dokumentasie die goedertrou van De Villiers in twyfel getrek rakende ondernemings wat hy vroeër tydens die konvokasieverga-dering gemaak het betreffende die omstrede persgesigvoorval. Inmiddels skop die konvokasie van die US onder voorsitterskap van regter Jan Heunis steeds vas teen die nuwe taalrigting van die rektor en die US-raad. ‘n Gespanne situasie heers tans op die kampus, terwyl die een na die ander verkragtingsvoorval aangemeld word. In Februarie is ‘n damesstudent buite die dames-koshuis Harmonie na bewering verkrag, maar niemand is nog in verband daarmee in hegtenis geneem nie. Kort daarna is ‘n klaagster wat by vriende in die Eendragmanskoshuis gekuier het, deur ‘n mansstudent na sy kamer geneem en verkrag. Die beskuldigde is deur die universiteitsowerheid gevra om die kampus te verlaat. Sopas is ‘n inwoner van die dameskoshuis Heemstede in ’n nabygeleë parkeerterrein in ’n motor verkrag. Die 32-jarige man wat in verband daarmee aangekeer is, blyk nie ’n ingeskrewe student te wees nie.S-A skole vergelyk swak
Volgens ‘n inset by ‘n onlangse ATKV onderwys-konferensie gelewer deur dr. Muavia Gallie van Education Moving Up is die toppresterende skole in S-A op dieselfde peil as die swakste skole in Singapoer. Lande wat beter as S-A vaar, sluit in Botswana, Kenia, Mauritius, Seychelle, Swaziland, Tanzanië, Zanzibar en Zimbabwe.S-A vaar wel beter as Lesotho, Malawi, Mosambiek, Uganda en Zambië. Een uit elke 100 kinders in die land wat skool toe gaan, sal ‘n tersiêre kwaliflkasie kry. Daarvan maak slegs 40 dit tot in matriek, van wie sowat 20 matriek slaag. Van hulle begin vier met hoër onderwys en voltooi net een sy tersiêre kwalifikasie. In S-A is kinders veronderstel om 170 dae van die jaar skool te gaan, maar navorsing wys onderwysers slaag daarin om slegs 82 dae per jaar skool te hou.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *