1242 Z A – 't Scheldt

1242 Z A

Onteieningswetsontwerp in Parlement

Die veelbesproke onteieningswetsontwerp is in die Parlement goedgekeur in ‘n stemming van 202 daarvoor en 88 daarteen, met 2 buite stemming. Die wetsontwerp bepaal o.m. dat die regering enige bate kan onteien as dit in openbare belang geag word. Aandele, intellektuele eiendom en regte verbonde aan eiendom kan dus hiermee onteien word. Daar word ook weggedoen met die gewillige-koper-gewillige-verkoper-beginsel.

In reaksie hierop het dr. Pieter Groenewald van die VF Plus gesê: ‘Zuma het reeds in 2015, met die ANC se 103de verjaarsdagvieringe in Kaapstad gesê die beginsel van ‘vrywillige koper-verkoper’ veroorsaak dat grondhervorming misluk en het toe belowe die ANC sal ʼn onteieningswet goedkeur. Die omskrywing van ‘eiendom’ in die wetsontwerp is dieselfde soos gestel in art. 25(4)(b) van die Grondwet en is nie beperk tot grond nie, maar beteken ook roerende eiendom kan onteien word. Hoewel daar ook voorsiening gemaak word dat die onteieningsowerheid (staat), in die geval van ʼn prysgeskil met die eienaar, die saak na die howe sal verwys, sal min eienaars die geld hê om na die hof te gaan. Daar is geen twyfel dat die ANC hierdie onteienings-wetsontwerp gaan gebruik om grond te vat by grondeienaars onder die dekmantel van openbare belang nie.
In Zimbabwe het hulle dit onwettig gedoen. In S-A onder die ANC-regering wil hulle grondgryp wettig doen’.

Die wetsontwerp word vervolgens aan die Nasionale Vergadering voorgelê en indien dit daar goedgekeur word, gaan dit na die staatspresident vir ondertekening en inwerkingstelling. Verskeie partye het egter aangedui dat aangesien die wetsontwerp as ongrondwetlik beskou word, die saak na die Grondwethof geneem gaan word.Bisarre ontkenning swart transformasieIn ‘n artikel getiteld S-A’s bizarre transformation denialism en soos o.a. gepubliseer op http://www.bdlive.co.za/ haal Leon Louw van die Vryemark Stigting statistieke aan wat hy sê neerkom op ‘bisarre ontkenning van swart transformasie’ in Suid-Afrika. Van die statistieke wat hy verskaf, word hiermee soos volg uit Engels in Afrikaans vertaal:
Die aantal swartmense wat meer as R 400 000,00 per jaar verdien het met 1 000 % toegeneem vanaf 120 000 tot 1.2 miljoen vanaf 2000 tot 2014, 90 % waarvan in die privaatsektor is. Die swart middelklas het in hierdie tyd met 333 % gegroei vanaf 1.8 miljoen tot 6 miljoen. Tussen 1996 en 2011 het die totale swart besteebare inkomste toegeneem met 370 % vanaf R 161 miljoen tot R 756 miljoen, terwyl persoonlike inkomste gestyg het met 300 %.
Daar is tans meer middelklas swartes woonagtig in voormalige blanke voorstede as wat die totale blanke bevolking is. Swart kopers van vaste eiendom beloop tans 50 % van alle vrywillige eiendomstransaksies. Die persentasie swart regters het met 248 % gestyg vanaf 25 % tot 62 % tussen 2000 en 2012.
Die gemiddelde lewensverwagting van swartmense het vanaf  2006 tot 2011 gestyg vanaf 53 tot 60 jaar. Private skole is 72 % swart en swartes beskik oor meer as die helfte van alle universiteitsgrade. Die aantal swartes wat leef op minder as R 30 per dag het gedaal vanaf 16 % tot 2.5% sedert 1996. Swartes besit tans in S-A ongeveer 50 % van alles wat besit word – aandele, nuwe firmas, lidmaatskap van mediese fondse, verseke-ringspolisse, motoraankope, kredietkaarte, ens.
Die welsynsbegroting het ontplof vanaf R 10 miljard tot R 100 miljard tussen 1994 en 2011.Hantering van droogtekrisis Terwyl groot dele van die binneland van S-A in 2015/16 die ergste droogte in menseheugenis beleef het en AgriSA bereken het dat die kommersiële landbou in die land as die promêre instandhouers van die voedselketting sowat R 10 miljard nodig het vir herstel na die vlak voor die droogte, het die nasionale regering ná lang aarseling sowat R 1 miljard bewillig as droogtehulp. Ministers het herhaaldelik gesê dat die droogte nie ‘n nasionale ramp is nie.
Van die sowat 66 000 kommersiële boere in 1990, is daar vandag kwalik 35 000 oor. Wat ontwikkeling aanbetref, het die land ʼn reuse komponent van sowat 1,4 miljoen komende boere, maar hulle dra slegs ongeveer 5 % tot die nasionale voedselproduksie by – die res (sowat 95 %) kom van die huidige kommersiële boere.Daar is tans sowat 850 000 plaaswerkers. Sowat 60 % van die S-A bevolking is verstedelik, wat beteken dat die las op die kommersiële boerderysektor geweldig is. Volgens Agri SA ervaar sowat 2 000 landbouers huidiglik erge finansiële druk, wat die noodsaak van groter en beter staatshulp vir die kommersiële landbousektor dringend beklemtoon.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *