1241 Z A – 't Scheldt

1241 Z A

Arrestasie van Min. van Fin. Gordhan?

Gerugte vlieg die wêreld vol dat Minister van Finansies Pravin Gordhan gearresteer gaan word oor die beweerde sg. ‘rogue unit’ in die S-A Inkomstediens (SARS) en dat hy deur Brian Molefe van Eskom vervang gaan word. Die gerugte het dit verder dat oud-minister Trevor Manuel ook in hegtenis geneem gaan word, omdat gedurende sy ampstermyn na bewering die ‘rogue unit’ ingestel is toe Gordhan die departementshoof was. Volgens die gerugte word vir die arres-tasies net gewag op die politieke groenlig. Van die kommentaar van ekonome op die gerugte is dat indien dit waar sou word, die Rand sal uitbom, laat staan nog soos ’n klip val, terwyl Dawie Roodt van Efficient Group sê dit sou die grondwetlike demokrasie in die land vernietig. Tot op hierdie stadium het die Kantoor van die President sowel as die Nasionale Vervolgingsgesag die gerugte ontken.Red Afrikaans-vyfpuntplan vir universiteite

Hoewel daar reeds veel water in die see geloop het, geld die volgende woorde van Ian Cameron van AfriForum Jeug toe ‘n vyfpuntplan vir Afrikaans aan universiteite twee weke gelede aangekondig is: ‘AfriForum Jeug sal nie toelaat dat Afrikaanse studente verneder word nie!’
Die vyfpuntplan sluit in: Die terughou van klasgelde tot Junie 2016 * Die organisering van sterk kampusstrukture * Mobilisering om Afrikaans te beskerm * Aktivisme * Regsaksies teen universiteite.
Volgens Cameron word Afrikaans as politieke slaansak deur ander minderheidsgroepe by universiteite gebruik om politieke partye se ideale op kampusse te dryf. Huidige gebeure in die land het die dringende geldigheid van hierdie vyfpuntplan bewys.Ons antwoord is dus: ‘As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie!’Orania CVO beplan vir tersiêre opleidingDie CVO-Skool op Orania, wat  aan die hand van visionêre siening van onderwys sy leerdertalle vanaf 2007 met 500 % laat groei het, het onlangs tydens ‘n ouervergadering aangedui dat ‘n nuwe moderne tegniese opleidingsentrum wat op die skoolterrein feitlik voltooi is, aangewend gaan word in ‘n projek om leerders loopbaangerig voor te berei.Die ontwikkeling is gebaseer op die opgradering van infrastruktuur om die drakrag van die skool eksponensieel te vermenigvuldig en terselfdertyd loopbaangerigte spesialisrigtings en diverse sportsoorte te ontwikkel. Die nuwe tegniese sentrum gaan ook opleiding vir volwasse vakmanne verskaf.‘As jy voel dat ons te negatief is, trek jou kop uit die grond en sien wat om jou aangaan’Die betrokke ANC– en EFF-studente behoort onmiddellik lewenslank vanaf enige tersiêre kampus in S-A geskors te word. Hierdie betrokkenes moet strafregtelik vervolg word en verantwoordelik gehou word vir die finansiële skade wat hulle aangerig het.Die voorbok en blykbaar hoofaanstigter op kam-pus van die betogers is die Studenteraadsvoorsitter Lindokuhle Ntuli, iemand wat vroeër verkies is om sg. al die studente te verteenwoordig.Oud-pres. Swart het as student, dosent en kanselier van die Universiteit van die Vrystaat seker meer as enige individu bygedra tot die ontwikkeling van die UV en sy etos vanaf feitlik niks tot ‘n internasionaalgerekende instansie met voortreflike fasiliteite. Oom Black, soos hy koesterend bekend was, draai seker in sy graf om oor hierdie afgryslikheid.Die gebeure by die UV het ‘n lang aanloop – vanaf voormalige opeenvolgende rektore wat stapsgewys die karakter van die universiteit versaak het tot prof. Jonathan Jansen met sy haat vir blankes en gedwonge integrasiebeleid. Nou word die wrange vrugte gepluk. Dit verg nie profetiese insig om te voorspel dat die monster wat Jansen geskep het, homself nog gaan verslind nie. In die breëre S-A opset is die EFF o.l.v. Julius Malema ‘n terroristiese organisasie wat uit die Parlement en uit die S-A samelewing wetlik verban moet word.
As daar ‘n voortsetting is van die afgelope UV-gebeure, het S-A ‘n burgeroorlog betree.Daar kan nie van blankes verwag word om met gevoude hande te sit terwyl hatige swartes hulle met geweld probeer vernietig nie. As die regering en staatshoof self die vure aanblaas en hul Polisiemag en regspraak kan bona fide burgers nie beskerm nie, dan is die tyd van ‘reg in eie hande neem’ verby.Dan gaan dit oor die laaste loopgraaf van die mens – beskerming van sy lewe, eiendom en Christelike beskawing ten alle koste.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *