1239 Z A – 't Scheldt

1239 Z A

Pres. Zuma nou feitlik skaakmat

Die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria ná ‘n sewe jaarlange regstryd gedryf deur die DA dat die destydse beslissing om meer as 700 aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog teen pres. Jacob Zuma terug te trek, irrasioneel was en hersien moet word, het Zuma nou feitlik skaakmat. Dit volg kort op die rigtinggewende uitspraak van die Grondwethof in die Nkandla-sage dat Zuma en ook die Parlement die Grondwet verbreek het en dat Zuma finansieel moet opdok soos die Openbare Beskermer vroeër aanbeveel het. Oor die jongste Hooggeregshof- uitspraak lewer die aktualiteitspraktisyn Herman Toerien soos volg kommentaar: ‘Dié keer kan Zuma niemand vir die wolwe gooi, en self skotvry (in sy eie oë) daarvan wegstap nie. Een van sy beweerde lakeie, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag Shaun Abrahams, het nou die onbenydenswaardige taak om te besluit of die vervolging heringestel moet word, maar waarskynlik eers na Zuma op belastingbetalerskoste die Appèlhof en die Grondwethof genader het. Tog, intussen gaan Zuma by wyse van spreke reeds begin vonnis uitdien. Indien hy, soos hy aanvoer, onskuldig is, is sy aangewese roete nou om sy dag in die hof te kry, soos hy eens voor gevra het toe dinge teen hom te oorweldigend gelyk het. Die opsie wat hy meer waarskynlik sal volg, is om alle regsremedies uit te put om die kwade dag (vir hom) so lank as moontlik uitgestel te kry. Abrahams mag die grootste Zuma-aanhanger in die land wees, maar of hy na die afranseling wat Mpse in die hof gekry het, sommer ’n soortgelyke besluit sal neem is onwaarskynlik. Die hof het immers nou riglyne gestel wat gevolg behoort te word’.AfriSake het in ‘n mediaverklaring soos volg opgemerk oor die Grondwethofuitspraak oor Nkandla: ‘S-Afrikaners sal binne 38 dae presies weet hoeveel geld pres. Jacob Zuma sal moet opdok vir die opgradering aan sy Nkandla-woning en dit sal hy binne 45 dae daarna moet betaal om te verhoed dat ’n lasbrief uitgereik word om op sy persoonlike bates beslag te lê’.Chinese yuan nou geldig in ZimbabweVolgens ‘n berig van Reuters Africa het Zimbabwe ‘n ooreenkoms met China gesluit waardeur die Chinese geldeenheid, die yuan, voortaan gebruik kan word in openbare transaksies in Zimbabwe. Die stap sou Zimbabwe kan help om sy skuld aan China van sowat $ 40 miljoen oftewel R 668 miljoen af te betaal. Chinese toeriste in Zimbabwe kan reeds met yuan betaal, hoewel dit lyk of dit nog ‘n tydjie sal neem om die nuwe geldeenheid ten volle deur die banke in werking te stel. Volgens ‘n woordvoerder van die Zimbabwe regering is die land ‘‘n multi-geldeenheidland en bring die instelling van die yuan makliker prysopsies en saketransaksies in terme van wisselwerking tusen rand, dollar en yuan’. Daar is egter ‘n vermoede dat Zimbabwe se skuld aan China veel hoër is as wat algemeen bekend is.Reitz-koshuisDie voorbladberig van die uitgawe van Ditsem Nuus is getiteld Reitz-koshuis herleef in styl en handel oor die stylvolle en byderwetse nuwe vierverdieping gebou waarin die voormalige Pres. Reitz-kamerwonings van die UV herleef het as Heimat Mannerheim koshuis.
Die ou tradisies van die koshuis leef voort in ‘n Afrikaanse kultuur op private grond 200 m vanaf die UV kampus. Ook het die koshuis ‘n ‘suster’ bygekry in die vorm van Amelia Dames-koshuis met soortgelyke kultuur.Hopetown Matriekuitslae 2015Hoewel dit al ietwat mosterd na die maal is, dien daarop gewys te word dat Hoërskool Hopetown in 2015 ‘n 100 % slaagsyfer vir die 23ste agtereenvolgende jaar behaal het. Die 29 Matrieks het ‘n klasgemiddeld van 64 % behaal en 82 % Matrikulasievrystelling, met die res (18 %) toelating vir verdere diplomastudies. Slegs agt ander skole in die N-Kaap het in 2015 ‘n 100 % Matriekslaagsyfer behaal.2015: Meeste plaasaanvalle in 15 jaarVolgens syfers verskaf deur AfriForum en TLU SA was 2015 die wreedste jaar nóg wat betref aangetekende plaasaanvalle sedert 1990. ’n Totaal van 318 plaasaanvalle het verlede jaar plaas-gevind, waartydens 64 boere en werkers vermoor is. Hoewel daar in 2010 ook 64 moorde gepleeg is, is daar sedert 2011 (waarin 48 moorde gepleeg is) weer ’n geleidelike toename in plaasmoorde. In die 318 plaasaanvalle in 2015 was ’n totaal van 570 boere, hul gesinne, werkers en kuiergaste slagoffers. In 40 gevalle was 65 plaaswerkers direkte slagoffers.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *