1238 Z A – 't Scheldt

1238 Z A

Beroep op Afrikaanse studente om klasgelde terug te hou‘As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie!’
Dít is die woorde van Ian Cameron van AfriForum Jeug, wat verduidelik dat studente ook volgens die Verbruikers-besker-mingswet beskerm behoort te word en dus eerder moet wag om te sien of hulle die Afrikaanse onderrig ontvang wat hulle belowe is. Hy het verder genoem dat die aanslag op Afrikaans sedert die begin van 2016 nie langer geduld moet word nie en dat AfriForum Jeug beplan om vandeesweek die #RedAfrikaans-veldtog bekend te stel met ‘n vyfpuntplan in wat o.m. behels dat Afrikaanse studente hul klasgelde tot en met Junie 2016 moet terughou.
Die rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US) se infame leuens wat hy die land vol versprei oor die behoud van Afrikaans, moenie ongesiens verbygaan nie. By die Universiteit van Pretoria (UP) heers presies dieselfde situasie, met Afrikaners wat uit vergaderings gejaag word waar hul eie moedertaal bespreek word’, aldus Cameron.Deurslaggewende kongres oor Christelike onderwys en opleidingDie Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) het bekendgemaak dat vanweë toenemende belangstelling in Christelike onderwys en opleiding, ‘n deurslaggewende kongres met die tema Onderwys en opleiding in S-A by die keerpunt: Ondersoek zal plaas vind. Die kongres spruit voort uit die samewerking verlede jaar van ‘n sewetal instansies wat georganiseer is in die Forum vir Christelike Onderwys in S-A.‘n Woordvoerder van die Forum beklemtoon die feit dat soveel kinders en jongmense die afgelope meer as twee dekades by van hierdie instellings vir Christelike onderwys en opleiding inskryf en hulle studies deurloop, die noodsaak van georganiseerde bevordering van die konsep van Christelike onderwys en opleiding. Kinders, studente en ouers wil toegerus en voorbereid wees vir die nuwe uitdagings wat die 21ste eeu stel en vind dat Christelike onderwys/opleiding by voorkeur antwoorde bied vir ’n onseker toekoms en veranderende wêreld.Die beplanning en inkleding van die beoogde kongres geskied op die basis van historiese ontwikkelinge die afgelope meer as twee dekades, die unieke begronding van hierdie soort onderwys en van waaruit na praktiese onderwys en opleiding beweeg word.Persoonlike veiligheid te midde van studente-betogingsVolgens ‘n mediaverklaring van die versekeringsmaatskappy Sasria is breedvoerige skade en enorme verliese vir sake-ondernemings en individue tydens die sg. #Feesmustfall betogings aangemeld en is eise ter waarde van meer as R 22 miljoen ontvang. Die aard van die eise wat deur Sasria ontvang is, was grotendeels sake-onderbrekings, brande op kommersiële persele, skade aan toerusting en skade aan voertuie.
Meer as die helfte van die eise het R 20 000 in waarde oorskry, met 12 % wat R 350 000 oorskry het. Baie onskuldige bystanders kan ongelukkig die gevaar van skade aan hul eiendom, voertuie en persoonlike besittings a.g.v. die gewelddadige studentebetogings in die gesig staar. Sasria is die enigste versekeraar in S-A wat dekking vir hierdie soort gebeurtenisse bied. Derhalwe word sake-ondernemings en individue aangeraai om hul verskeringsadviseurs te raadpleeg oor of oproerbeskerming in hul versekering ingesluit is.Dokumentêr Tainted Heroes oor ANC-geweld‘n Vollengte dokumentêre film oor die gebruik van geweld deur die ANC en ander bevrydingsorganisasies in S-A is deur Forum Films vervaardig vir vrystelling vroeg vanjaar. Dit behandel die geskiedenis vanaf die Soweto-studenteopstande in 1976 tot en met die inhuldiging van oud-pres. Nelson Mandela in 1994. ‘n Sentrale tema in die dokumentêr is die ANC se ‘people’s war’-strategie, wat meegebring het dat gewelddadige aanvalle op mededingende bevrydingsorganisasies uitgevoer is met die doel om mededingers soos Inkatha, die Swart Bewussynsbeweging (Black Consciousness Movement), die PAC en AZAPO te verswak ten einde die ANC in die oë van die NP-regering en die internasionale gemeenskap as alleenverteenwoordiger van swart mense te vestig.
Volgens Ernst Roets van Forum Films is die dokumentêr nie ‘n anti-ANC film nie, maar dat dit wel ‘n belangrike deel van die S-A geskiedenis bevat wat deur die ANC-regering onder die mat gevee word.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *