1236 Z A – 't Scheldt

1236 Z A

3 Augustus is D-dag

Verkiesingskoors in Suid-Afrika is besig om hoog te loop. Nadat die regering aangekondig het dat die verkiesing vir plaaslike regerings (munisipaliteite) vanjaar op 3 Augustus sal plaasvind, het verskeie politieke partye reeds met hul veldtogte begin. Daarmee saam loop die emosies soms maar hoog. ‘n Politieke waarnemer in Pretoria sê: ‘Dit gaan maar so waar geld, mag, en vriende ter sprake is!’.
Dit is klaarblyklik nie net die Gupta’s (die omstrede miljardêrs uit Indië) wat aanstellings beïnvloed nie, maar ook die Vrymesselaars. ‘n Ontstoke DA raadslid het letterlik die kat tussen die duiwe gegooi met sy bewering dat die Koh-I-Noor Losie van die Vrymesselaars die kandidate se aanwysings vir die komende verkiesing so aangepas het, dat dit voorkeur gee aan die hoë manne se vrouens, vriendinne en vriende.
Die bewerings is gemaak in ‘n klag deur ’n ‘Tswane’ raadslid van wyk 91, Alexander Willem Frederik Middelberg, en skadu-finansiële lid van die burgemeesterskomitee. Middelberg beweer dat hy op die proporsionele verteenwoordigerslys geplaas is en wel in die 36ste plek. Sy appél is gerig aan James Selfe en die omstrede Glynnis Breytenbach van die vêrlinkse DA.

COPE kan parlement nie ‘hanteer’ nieDie Congress of The People party (Cope) het sy werksaamhede aan die parlement onttrek. In ‘n verklaring deur Dennis Bloem van Cope word gemeld dat die party voel dat die regerende party nie opgetree het teen die president, na die Grondwethof se uitspraak teen Zuma nie. Die versuim van die ANC regering kom neer op minagting van die hof – sou Cope verder deelneem aan verrigtinge van die parlement, sal hulle hul ampseed verbreek. Bloem het verder Cope se misnoeë uitgespreek oor Ramaphosa se beskuldigings teenoor kerke dat hulle hul skuldig maak aan inmenging in die politiek.
Meningsvormers sê die druiwe word al hoe suurder – maar dalk moet mens jou hoed afhaal vir hierdie standpunt. Bankrot Poskantoor gee Goue Handdruk
Suid-Afrikaners het al begin gewoond raak daaraan dat die ANC en sy meelopers nie weet wanneer om geskenke uit te deel, en wanneer nie. Finansiële dissipline bestaan blykbaar nie in die Nuwe Suid-Afrika nie. Die parlementêre komitee en Skoor moes tot hul ontsteltenis verneem dat die bankrot Poskantoor nog geld verkwis het deur ’n voormalige werknemer wat bedank het, met ’n Goue Handdruk die deur uitgestuur is.
Khumo Mzozoyana
, wat inderhaas bedank het voordat hy vervolg kon word weens beweerde wanbestuur van die finansies, het toe die hasepad gekies, maar nie voordat hy R 1,8 miljoen in sy sak kon steek nie. Hy was die voormalige finansiële hoof van die Poskantoor, maar moes vinnig padgee om nie vervolg te word nie. Asof die komitee nie genoeg skokke gekry het nie, moes hulle die volgende dag in dieselfde staande komitee verneem dat die versukkelde SA express lugdiens se voormalige finansiële bestuurder, ene Zanele Ngwenya, se dienste opgeskort is voor tugmaatreëls ingestel kon word weens ’n tender bedrog van meer as R3 miljoen wat toegestaan is. Is dit die begin van die einde vir Zuma?
Die leierskorps van die ANC het Zuma versoek om die ‘eerbare’ weg te volg en die ‘regte ding’ te doen.
Die woorde eerbaar en om reg te doen bestaan seker nie in Zuma se woordeskat nie, en sal hy dalk in meer direkte taal aangespreek moet word. Alhoewel hierdie oproep nie ‘n direkte beroep op Zuma was om te bedank nie, is hy in mooi woorde gevra om uit te tree gesien sy voortgesette teenwoordigheid die party stemme gaan kos.
Intussen het Trevor Manuel (voormalige Min. van Finan.) sy oproep aan Zuma herhaal om te bedank. Verskeie provinsies het egter hul volgehoue steun aan die president gegee, wat die vermoede bevestig dat Zuma nie maklik gedwing gaan word om plek te maak vir iemand anders nie.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *