1235 Z A – 't Scheldt

1235 Z A

Plaasmoorde styg vir vyfde agtereenvolgende jaar

Volgens syfers van AfriForum Navorsingsinstituut het die plaasmoordsyfer vir die vyfde agtereenvolgende jaar toegeneem – 61 in 2014 teenoor 62 in 2015. In 2014 is 279 plaasaanvalle aangeteken, maar die syfer vir 2015 is ietwat laer op 270, in 56 waarvan 62 boere en werkers vermoor is. Die syfers dui daarop dat minder plaasaanvalle meer moorde opgelewer het. Ook opvallend is die toenemende wreedheid waarmee die moorde gepleeg word.
Die meeste plaasmoorde is in Gauteng aangemeld (13), gevolg deur Limpopo (11) en KZN (8) met sewe elk in die Vrystaat en O-Kaap.*
Front Nasionaal bevraagteken Penny Sparrow-identiteit
‘n Mediaverklaring van die Front Nasionaal (FN) lui soos volg: ‘Op 2 Januarie 2016 het rassistiese kommentaar deur ene Penny Sparrow die sosiale media aan die brand gesteek en gelei tot ‘n vloed van rassistiese kommentare, bekgevegte, dreigemente en optrede teenoor verskeie mense. Dit sluit in ‘n kriminele saak teen Penny Sparrow self wat gemaak is deur die DA. M.b.v ‘n forensiese ondersoeker het FN ‘n paar dinge ontdek wat nie klop nie: Die ID nommer wat aan Penny Sparrow behoort en wyd op die sosiale media versprei is, lei na ‘n persoon wat werksaam is by die South Coast Herald. ‘Penny Sparrow’ beweer self dat sy in 2008 gewerk het vir hierdie koerant en so ver terug as 2006 dui sy aan dat sy betrokke is by die publikasie, sowel as by ‘n ander koerant.FN het derhalwe tot die gevolgtrekking gekom dat hier veel meer agter die storie skuil as wat op die oog af die geval is. Dit is opvallend dat, sedert ons op die sosiale media gevra het dat mense wat bekend is met Penny Sparrow ons kontak, daar geen verdere verwysing na haar in die media was nie. Daar is gefokus op klagtes teen Chris Hart en Gareth Cliff, maar nie ‘n woord verder oor Penny Sparrow nie. Ons daag daarom die DA uit om te bewys dat Penny Sparrow ‘n ingeskrewe lid van die party was. Ons daag Metro FM uit om die identiteit bekend te maak van die ‘Penny Sparrow’ met wie hulle ‘n onderhoud gevoer het. Ons daag ook die South Coast Herald uit om hulle verbintenis met Penny Sparrow te verklaar’.
*Welkome reën oor binneland
Die afgelope 24 uur is berigte van welkome reën oor die droogte-geteisterde binneland van S-A ontvang. In Bloemfontein is op plekke 20 mm gemeet terwyl die syfer vir die N-Kaap rondom 16 mm is. Hoewel dit nog nie die droogte gebreek het nie en ‘n oplossing gebring het vir kritieke watertekorte nie, was die sagte deurdringende reën bemoedigend. Vir die res van die maand word feitlik deurlopend bietjies-bietjies wisselend tussen 5-15 mm voorspel, met sterke reën teen die einde van die maand. Inmiddels het Agri S-A die uitmergelende droogtesituasie tot ‘n nasionale ramp verklaar, wat sowat R 40 miljard rand in staatshulp benodig om die sektor weer op dreef te kry i.t.v. voedselvoorsiening. Die regering is egter ooglopend besig om voete te sleep in hulpverlening aan kommersiële boere en min van die relatiewe klein bedrag van R 237 miljoen wat deur die regering vir die doel geoormerk is, het nog by die boere uitgekom.*Onteieningswet grootste enkele bedreigingDie Parlementêre Portefeuljekomitee oor Openbare Werke het die hoogsomstrede voorgestelde Onteieningswet aanvaar en daarmee die weg gebaan vir aanvaarding deur die Parlement van die Wetsontwerp. In reaksie hierop sê AfriSake dat hiermee ‘staar landsburgers die grootste enkele bedreiging vir hul mense- en ekonomiese regte in die gesig. Dit vernietig die belangrikste beginsel van ’n demokratiese staat, naamlik eiendomsreg. Beleggingsrisiko gaan aansienlik verhoog namate eiendomsregsekerheid vernietig word; die rand sal verder tuimel en S-A se kredietgradering sal spoedig rommelstatus behaal. Die armes gaan die meeste hieronder ly.
Restitusie, herverdeling en ongelykheid het niks met die oogmerke van die nuwe onteieningswet te doen nie. Dit is bloot ’n poging van die ANC om groter beheer oor individue en gemeenskappe te vestig, en kan met die mag van Middeleeuse feodale heersers vergelyk word’. Op hul beurt sê die VF Plus oor die wetsontwerp: ‘Dit is niks anders nie as ʼn instrument om grondgrype deur die regering te wettig. Daar is geen twyfel dat die ANC hierdie Onteieningswetsontwerp gaan gebruik om grond te vat by grondeienaars onder die dekmantel van openbare belang nie’.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *