1234 Z A – 't Scheldt

1234 Z A

AVS Bokkieweek vier kwarteeu

Die Bokkieweke vir Afrikanerskoliere wat deur die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) aangebied word, vier hul 25ste bestaansjaar met groeiende sukses en sportkodes wat steeds uitgebrei word. Die tradisionele Winter Bokkieweek vir rugby, netbal, hokkie en redenaars word vanjaar 4-8 Julie te Kroonstad aangebied, met meer as 2 700 deelnemers en 500 beamptes wat verwag word. Vir die eerste keer is o/15 seunshokkie ook op die program. Vir die res van die jaar is ‘n eerste die aanbieding van die o/21 Bokkieweek vir rugbyspelers wat tydens Paasnaweek in April op Orania aangebied word. Daarmee betree die Bokkieweke vir die eerste keer senior sport. By hierdie geleentheid, wat dieselfde formaat aanneem as die destydse gewilde Toyota rugbyklub-kampioenskappe, word agt unies met sowat 200 rugbyspelers plus nog beamptes verwag. Voorts word 6-8 Oktober vanjaar die Somer Bokkie-week aangebied met krieket, sewesrugby en fast five netbal op die program. Meer as 700 deelnemers word verwag, maar die plek word eers in April bepaal.*Amerikaanse presidentsverkiesing nader
Die wedloop vir die 45ste president van die VSA wat begin 2017 in die Withuis moet intrek, is be-sig om die pylvak te nader. Vir die Demokrate is voormalige Amerikaanse presidentsvrou Hillary Clinton tans die voorloper, maar sy dra soveel negatiewe politieke bagasie dat die volhoubaarheid van haar veldtog sterk betwyfel word. Onder die Republikeine is die selfgemaakte miljardêr Donald Trump los voor die gunsteling en domineer trouens sy reguit uitsprake, soos dat verdere toegang van Moslems tot die VSA verbied moet word, die hele verkiesingsdebat. Dit is egter by die stembus waar die finale woord gespreek word en tussen Februarie en Julie vind die voorverkiesingsproses in 50 deelstate plaas en daarna tot 8 November is dit die verbete wedloop tussen die twee finale kandidate. Opmerklik tans is die felle aanslag van liberale kant teen Trump, wat selfs in die Afrikaanse media as ‘n ‘politieke skollie’ gebrandmerk word.*Wynand du Toit: Judasbok – verraad ter wille van oorlewing
‘n Interessante boek wat onlangs op die rak gekom het, is Judasbok – verraad ter wille van oorlewing deur die destydse veelbesproke offisier van die S-A Spesiale Magte in Angola, kapt. Wynand du Toit. Die bemarkingsteks van die boek lui: ‘In Mei 1985 land ‘n negemanspan van die S-Afrikaanse Spesiale Magte op ‘n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van 6 massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van kaptein Wynand du Toit. Dit alles dui op een ding: Verraad! Lees in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaande nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs ‘n openingskuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Nämibië. Judasbok beloof om die leser op ‘n on-gelooflike intense ervaring te neem en ‘n indiepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het’.*Vier boere vas ná plaasaanval
Twee gewapende aanvallers het op 7 Januarie 2016 Loedie van der Westhuizen (72) op sy plaas Biesiesbult naby die stasie Weiveld in die Parys-distrik aangeval, maar hy kon ontkom en kon die paniekknoppie druk om die plaaswagstelsel te aktiveer, waarna die aanvallers gevlug het. Boere van die omgewing het onmiddellik gereageer en die twee aanvallers vasgetrek en aan die Polisie oorhandig. Een van die aanvallers is dieselfde aand in die hospitaal op Parys oorlede en die ander die volgende dag in ‘n hospitaal in Bloemfontein, waarna die Polisie vier boere wat betrokke was by die inhegtenisname self in hegtenis geneem het en aangekla het van moord.Die Valke het onmiddellik die saak by die Polisie oorgeneem en daar is gereël dat die vier boere – Boeta van der Westhuizen, Anton Loggen-berg, Johan Cilliers sr. en Johan Cilliers jr. – eers vandag vir borgtog mag aansoek doen.Die staat het aangetoon dat dit borgtog gaan teenstaan. Inmiddels is getuienis dat misdaad in die omgewing hoogty vier, met o.a. die Van Rooyen eg-paar wat in 2013 2 km vanaf die plaas Biesiesbult gruwelik vermoor is, vee wat deurlopend lewend in stukke gekap word en lyndrade wat gesteel word.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *