1233 Z A – 't Scheldt

1233 Z A

Midde Ooste nuwe verdelingslyne

Die internasionale politiek in die huidige kookpot in die Midde Ooste is besig om ‘n heel nuwe aangesig te verkry, met nuwe verdelingslyne wat gevorm word.
Die VSA, oftfewel Amerikaanse organe soos die Pentagon en CIA, was enkele jare gelede instrumenteel om stabiele en Westersgesinde diktatorskappe soos dié van Hosni Mubarak in Egipte en Moeamar Ghaddafi in Libië omver te gooi, met geen plaasvervangers in plek nie. Die gevolg was bloedige en wanordelike faksiegevegte in hierdie lande, hoewel dit blyk asof Egipte tans besig is om tot verhaal te kom. In Irak het die Amerikaners ná hul inval in 2003 een groot gemors agtergelaat en is die land eweneens verskeur in in bloedige faksiegevegteen voortdurende ontploffende motorbomme.
Die Amerikaners doen hul bes om dieselfde in Sirië, eens ‘n stabiele land onder pres. Basharal-Assad te weeg te bring, maar ondanks ‘n bloedige burgeroorlog en geweldige maatskaplike ellende staan al-Asad steeds stewig. Inmiddels het ekstremistiese Moslems die ISIL-‘staat’ in dele van Sirië en Irak tot stand gebring, vanwaar onmenslike terreur uitgevoer word. ISIL word gefinansier uit olieverkope uit bronne onder hul beheer aan Amerikaanse en hoofsaaklik Westerse regerings en maatskappye.
Met die skielike militêre ingryping van pres. VladimirPutin van Rusland in Irak en Sirië is ISIL vireers in hul spore gestuit. Die aangrensende Moslem Turkye en ‘n Navo-bondgenoot is ook aktief – teen al-Asad en dus indirek teen Rusland, hoewel hulle en die Westerse bondgenote veronderstel is om gesamentlik teen ISIL te veg.
Die anamolie is voorts dat die wapentuig van sg. Gematigde rebellegroepe en deur hulle van ISIL hoofsaaklik Amerikaans-afkomstig is, soos bv. Humvee-troepedraers en TOW-missiele. Wat dit eintlik basies tans op neerkom, is dat die Amerikaners die ekstremistiese Moslem-vure stook, terwyl Rusland dit doodslaan.
Sentraal-Afrika bloei vir ChristusOnlangse gebeure by die Universiteit van die Vrystaat (UV) is nogal tekenend van die verloop van sake in die land. Die raad van die universiteit het besluit, aan die hand van ‘n ondemokratiese en oneerlike verslag van ‘n taalkomitee, om Engels die primêre onderrigtaal van hierdie eens trotse Afrikaanse instelling te maak.Volksblad het ‘n betekenisvolle resensie geherpubliseer wat joernalis ChrisLouw reeds in 2009 oor die destydse pasverskene boek van prof. Jonathan Jansen Knowledge in the Blood geskryf het. Daarin het Louw, wat intussen al oorlede is, duidelik uitgewys dat Jansen ten doel het om op tersiêre vlak Afrikaans vir die Afrikaner te ontneem omdat, in die woorde van Jansen, ‘die Afrikanerkultuur so deurtrek is van rassisme dat dit nie toegelaat moet word om deur die taal na die volgende geslag oorgedra te word nie’.Hieroor skryf GertCoetzee, redakteur van Volksblad, in ‘n persoonlike rubriek: ‘As ek as oud-Kovsie hieroor skryf, hoekom voel ek so onvergenoeg, uitverkoop en ingeloop? Dit sou egter ‘n besondere greep op die diepste belewenis van menswees verg om te snap wat ek bedoel. In my lewensboek stan die hele onverkwiklikheid om die UV-taalproses as ‘n leuen opgeskryf. En so sal dit bly. Of dit my as ‘n rassis kwalifiseer? Se moer, sou ek sê. In my heel beste Brits’.*Apartheid oorsaak van huidige protes-optogte – ZumaIn ‘n skriftelike Parlementêre versoek het die leier van CopeMosiuoaLekota vir pres. Zuma gevra om ‘n spesiale kommissie van ondersoek te benoem na die huidige, uitgebreide en aanhoudendende protesoptogte in de land om veral die oorsake daarvan vas te stel. Die president het skriftelik geantwoord dat hy nie ‘n wetenskaplike ondersoek nodig het waarom S-Afrikaners so geneë is tot protesoptogte, brandstigting en saakbeskadiging nie. Hy weet wat die oorsaak is en dit is apartheid. Veiligheidshalwe word die antwoord van die pre-sident soos volg in Engels aangehaal: ‘The wide-spread incidents of violence and destruction of property during protests is a cause for major concern. The violence in our society is inherited from the violence perpetrated during the apartheid system and the violence [sic] response it engendered. What is important is taking steps to turn the tide against violent protests and the destruction of property. Government would implement a number of initiatives in 2016 to address the matter, including educating civil society about the rights and responsibilities of citizenship’.Boerskot***



Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *