1229 Z A – 't Scheldt

1229 Z A

Moordtog duur voort

Veral die Vrystaat is die afgelope weke geruk deur wreedaardige moorde op blankes, asook deur grusaamhede wat na vore gekom het uit mediadekking van moordverhore wat tans plaasvind. In die moordverhoor van Martie Bester (66) wat alleen geboer het in die distrik Theunissen, is getuig dat sy vir nog ongeveer twee dae alleen in haar huis gelê het nadat sy gemartel, verkrag en verwurg is. In die week ná die aanval het die moordenaars telkens na die huis teruggekeer voordat hulle dit aan die brand gesteek het. In die moordverhoor van die 16-jarige Noeline Koekemoer is getuig dat sy deur die 36-rige Moses Maoke uiters wreed aangerand, verkrag en verwurg is. Die dokter wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het getuig: ‘Ek het nog nie voorheen soveel brutaliteit gesien nie’.Op 24/11/2015 is ‘n huismoeder van die Jimmy Roos Jeugsorgsentrum, Carina Barnard (50), deur ‘n 15-jarige leerling op die terrein onder ‘n wilgerboom met ‘n klip en ‘n baksteen doodgeslaan. Die gesig van Barnard was papgeslaan. Volgens TLU SA was daar die afgelope 30 dae 29 plaasaanvalle en sewe plaasmoorde in S-A.Midde Ooste nuwe verdelingslyne
Die internasionale politiek in die huidige kookpot in die Midde Ooste is besig om ‘n heel nuwe aangesig te verkry, met nuwe verdelingslyne wat gevorm word. Die VSA was enkele jare gelede instrumenteel om stabiele en Westersgesinde diktatorskappe soos dié van Hosni Mubarak in Egipte en Moeamar Ghaddafi in Libië omver te gooi, met geen plaasvervangers in plek nie. Die gevolg was bloedige en wanordelike faksiegevegte, hoewel dit blyk asof Egipte tans besig is om tot verhaal te kom.
In Irak het die Amerikaners ná hul inval in 2003 een groot gemors agtergelaat en is die land eweneens verskeur in bloedige faksie-gevegteen voortdurende ontploffende motorbomme. Die Amerikaners doen hul bes om dieselfde in Sirië, eens ‘n stabiele land onder pres. Bashar al-Assad te weeg te bring, maar ondanks ‘n bloedige burgeroorlog en geweldige maatskaplike ellende staan al-Asad steeds stewig.
Inmiddels het ekstremistiese Moslems die ISIL ‘staat’ in dele van Sirië en Irak tot stand gebring, vanwaar onmenslike terreur uitgevoer word. ISIL word gefinansier uit olieverkope uit bronne onder hul beheer aan Amerikaanse en hoofsaaklik Westerse regerings en maatskappye. Met die skielike militêre ingryping van pres. Vladimir Putin van Rusland in Irak en Sirië is ISIL vireers in hul spore gestuit.
Die aangrensende Moslem Turkye en ‘n Navo-bondgenoot is ook aktief – teen al-Asad en dus indirek teen Rusland hoewel hulle en die Westerse bondgenote veronderstel is om gesamentlik teen ISIL te veg. Die anamolie is voorts dat die wapentuig van sg. ‘gematigde’ rebelle-groepe en deur hulle van ISIL hoofsaaklik Amerikaans-afkomstig is, soos bv. Humvee-troepedraers en TOW-missiele. Wat dit eintlik basies tans op neerkom, is dat die Amerikaners die ekstremistiese Moslemvure stook, terwyl Rusland dit doodslaan.

Sentraal-Afrika bloei vir Christus
Moslem-ekstremiste prober tans ‘n uitwissingsveldtog teen Christene in lande soos Nigerië, die Sentraal Afrikaane Republiek (SAR) en Kenia. Enkele van die gebeure is dat sedert 2012 in slegs drie stede in die SAR meer as 1 000 Christene doodgemaak is, meer as 45 000 Christenhuise verwoes is en meer as 1 300 Christenvroue verkrag is.
In Noord-Nigerië in die stad Borno is Christenmans voor die voet doodgeskiet, terwyl Christenvroue ontvoer word en in huwelike met Moslem-terroriste ingedwing word. Mense word nie eens toegelaat om hul geliefdes te begrawe nie. Boko Haram-terroriste het reeds hul vlae gehys oor die Nigeriese deelstate Damboea, Gwoza en Boeni Yadi. Die dorpie Attagara in Gwoza is eens bestempel as ‘n besonderse gemeenskap van Christene met meer as 7 000 gelowiges en slegs ‘n klein groepie Moslems en nie-gelowiges.
‘n Verdere 3 500 Christene het in die omliggende dorpies gewoon. Een Sondag was die gemeente van Attagara soos gewoonlilk vroegoggend in die kerk vir die erediens, toe sowat 100 Boko Haram-militante ingestorm het en links en regs begin skiet het. Altesaam 27 mense het gesterf en die res deur die aanvallers agternagesit. Die terroriste het daarop van huis tot huis verwoesting gesaai en almal voor die voet afgemaai. Nie eens klein kindertjies is ontsien nie. Twee dae later het Boko Haram, vermom as weermagslede, deur die dorp gery en die mense na ‘n ‘veiligheidsvergadering’ genooi. Van die 45 mense wat by die kerk opgedaag het, het nie een bly leef nie. Die moordtog is uitgebrei na omliggende dorpies en kerke en Christenhuise en -geboue is met plofstof vernietig.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *