1227 Z A – 't Scheldt

1227 Z A

Kom ons werk eerder saamDie redakteur van Die Vryburger, ‘n Afrikaanstalige Sosiale Media-koerant in S-A, skryf op 6 November as volg: ‘Soveel slegte dinge gebeur in die land, en midde-in is ‘n klompie volksgenote wat onder moeilike omstandighede hard werk om die volk en land weer op te bou. Lees ‘n mens die dinge wat in die land gebeur, stem dit jou negatief. Lees jy oor die positiewe dinge wat deur die Oranjesakekamer, Oranje Sake-insituut, Calvinistiese Alliansie, en soveel ander organisasies en individue gedoen word, raak ‘n mens opgewonde en gretig om ook ‘n bydrae te lewer’.

Die Vryburger het juis in hierdie gees ontstaan. Dit is ‘n projek deur vrywilligers wat probeer om ons volk bymekaar te hou, en poog om die propaganda van die media teen te staan. Maar, die afgelope sewe dae het een berig nou reeds meer as 200 kommentare gekry. Nie een van die kommentare het gehandel oor die berig nie. Die heel eerste een was reeds ‘n aanval op alle kerke, en daarvandaan het dit in ‘n kattegeveg ontaard. In die riglyne vir kommentare wat voorheen gepubliseer is, is die voorwaardes baie duidelik uiteengesit.Geen dwepery van enige geloofsiening sal verder toegelaat word nie. Ons benadruk weereens die Christelik-Nasionale karakter van die koerant, en in hierdie gees, en bewus van ons reg tot vrye assosiasie, wil ons steeds streef om eenheid onder volksgeledere te bewerkstellig. Persone wat nie in ooreenstemming met dieselfde gees en karakter kommentaar wil lewer nie, word versoek om dit in goeie smaak met inagneming van ander se gevoelens te doen. Dit sou net soveel aangenamer gewees het as daar meer eensgesindheid en ‘n aanduiding van samehorigheid uit die kommentare geblyk het.Kom ons kyk of ons tesame weer vir ‘n mooi toekoms kan werk, pleks om onsself met kleinlike twiste lam te lê.Daar is werk wat gedoen moet word. Laat ons nie langer talm nie.*Vat julle goed en trekProf. Jonathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein, het gesê as hy ’n professor aan ’n universiteit was, het hy eerder sy goed gevat en weggeloop.In ‘n gespreksgeleentheid by die Cape Town Club het hy gesê hy sien nie uit na die toekoms nie.Volgens hom gaan pres. Jacob Zuma nog spyt wees oor die beloftes van gratis onderwys wat hy aan betogende studente gemaak het. Dié aankondiging het hom skoon paniekerig gemaak, het hy gesê. Hy sê hul somme lyk of die bedrag wat benodig word om op te maak vir die tekort aan klasgelde, nader aan Rand 4,6 miljard (300 000 000 Euro) is. Hy het gewaarsku dat daar geen manier is wat die storie oor die studentebetogings ’n goeie ein-de gaan hê nie, en sy verwagting is dat die onrus volgende jaar (2016) erger as dié van vanjaar sal wees.Die regering skryf alles wat hulle nie kan beheer nie, toe aan ‘n derde mag. Volgens hom is dit onsin, en hy wou weet waar is die ‘eerste’ en die ‘tweede’ mag.Maar die ANC sal die vernedering moet verduur om te erken dat hulle was verkeerd. ‘Dit gaan nie hier oor geld nie; dit gaan oor politiek!’, het professor Jansen gesê.*Vredefort Koepel wanbestuur
Die Vredefort Koepelgebied wat in 2005 tot ‘n Wêrelderfenisgebied verklaar is, is die afgelope sowat 10 jaar so gebrekkig bestuur en wangeadministreer dat selfs ‘n ultimatum van Unesco om dit op standaard te kry teen 1 Februarie vanjaar, verstryk het sonder dat die Suid-Afrikaanse regering aan die gestelde vereistes voldoen het.‘n Besoekersentrum vir die gebied wat reeds in 2008 by Vredefort voltooi is teen ‘n koste van Rand 11,7 miljoen, is só swak gebou dat dit nooit ten volle in gebruik geneem is nie en tans ‘n skuilplek vir boemelaars is.Voorts is altesaam Rand 18 miljoen bewillig om die gebied toerismevriendelik te maak met o.m. wandelpaaie en inligtingsborde, maar daarvan is eweneens niks te sien nie.Plaaslike organisasies en toerismeforums probeer desnieteenstaande die beste nut en voordeel uit die gebied put, maar die Wêrelderfenis-aangeleentheid het ‘n internasionale verleentheid vir sowel die Suid-Afrikaanse regering as die Vrystaatse provinsiale regering geword.Boerskot***Aan die groot klok hangOral rondvertel***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *