1223 Z A – 't Scheldt

1223 Z A

Elsenburg-studente betoog vir Afrikaans

By die Elsenburg Landbou-opleidings-instituut in die W-Kaap het Afrikaanssprekende studente ʼn groot betoging gehou nadat die bestuur van die instituut begin het om klasse slegs in Engels aan te bied – dit in reaksie op aandrang van ‘n minderheidsgroep. Die Afrikaanse studente het die ondersteuning vanaf twee eksterne organisasies, AfriForum Jeug en Adam Tas Studentevereniging, bekom nadat hulle raad op was. Talle skrywes, waaronder aanmaningsbriewe, mosies van wantroue asook ʼn lys van besware, is die afgelope tyd aan die bestuur gerig, met geen praktiese effek nie. In kommentaar hierop het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriFo-rum Jeug, gesê: ‘Afrikaans as onderrigtaal is elke student se grondwetlike reg. Hier is duidelik ʼn poging om van Afrikaans ontslae te raak, ons sal nie bystaan en toeskouers wees nie. Die massas studente wat opgedaag het, toon duidelik dat studente Afrikaans wil behou’. Ondersoek na SABC-spioenasiebeweringsDie DA het ‘n skriftelike versoek gerig aan die Inspekteur-generaal adv. Faith Radebe om ondersoek te doen na bewerings dat die Staatsekuriteitsagentskap (SSA) opdrag gegee is om op SABC-joernaliste en -personeel te spioeneer.Dit volg op mededelings van Hannes Du Buisson, president van die Broadcast Electronic Media and Allied Workers’ Union (Bemawu), dat die SSA opdrag gegee het aan SABC-werknemers in Durban om hul kantore te ontruim en waarna SSA 2 tot 3 ure per kantoor gespandeer het.SABC-werknemers is opdrag gegee om stil te bly hieroor en is gedreig indien hulle enigiemand daaromtrent sou vertel. Daar is ‘n vermoede by SABC-werknemers dat meeluisterapparaat in hul kantore geïnstalleer is.
Volgens ‘n mediaverklaring van die DA is SABC Chief Operating Officer Hlaudi Motsoeneng paranoid about socalled ‘leaks’ from concerned whistle-blowers at the SABC.
Met die ter perse gaan van hierdie berig, was dit nog nie bekend wat van die DA-versoek geword het nie.VSA en Europa krities oor SA anti-Westerse houdingUit voorleggings van die Amerikaanse Nywerheidskamer (NPC) en die Europese Kamer van Handel en Nywerheid in SA (EUCCISA) tydens ‘n onlangse sitting van die Parlementêre Porte-feuljekomitee vir Handel en Nywerheid oor die Wetsontwerp oor die Bevordering en Beskerming van Beleggers, was dit duidelik dat hulle uiters skepties is oor die S-A ekonomiese beleid. Hulle het vir die eerste keer reguit en ondiplomaties gesê beleggingsvertroue in die land is ‘op sy laagste ooit’ en dat die ‘eerste voorval van onteiening die einde van beleggings in S-A sal beteken’.Voorts het hulle die mening uitgespreek dat ten spyte van reuse beleggings in die land, die ANC regering openlike vyandiggesindheid openbaar teenoor die Weste ten koste van sy Brics-vennote. Die NPC het Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies by name betrek en gesê nieteenstaande sy beloftes gebeur die teenoorgestelde in die praktyk.Volgens die NPC staan beleggers met  ʼn bedrag van R 1.35 triljard gereed om in S-A te belê, maar hulle is nie bereid om dit te doen solank daar beleidsonsekerheid bestaan nie.Akademia studiebeurse van meer as R1,25-miljoenDit is bekendgemaak dat Akademia vyf beurs-programme ter waarde van R 250 000 elk, bekend as die eNuus Elite-beursprogram, vir na-uurse studente vir B.Com in Ondernemingsbestuur by Akademia aanbied.Die program is daarop gemik om studie in Ondernemingsbestuur tegelykertyd te kombineer met praktykgerigte werkservaring.Verdere voordele van die beursprogram sluit in maandelikse sakgeld van R 2 000, studiementorskap, persoonlike ontwikkelingskursusse, blootstelling aan verskeie sakeleiers en ‘n buitelandse sakereis in die derde jaar.Om te kwalifiseer vir die Elite-beursprogram, moet ‘n aansoeker ‘n gemiddelde punt van 70 % in die rekordeksamen behaal en voldoen aan die vereistes vir die spesifieke graadstudie by Akademia. Inskrywings kan aanlyn gedoen word op www.akademia.ac.za/elitebeursprogram. Terselfdertyd is ‘n nuwe Akademia studiesentrum in Krugersdorp bekendgestel.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *