1218 Z-A – 't Scheldt

1218 Z-A

… mekaar bemoedig. Selfs die dag se groet het die slagspreuk bevat, tot dit soos ’n refrein deur die hele land getrek het, en uiteindelik die volk tot die besef gebring dat hulle nooit mag ophou om die stryd te voer nie.

Daardie slagspreuk behoort ook die Boere-Afrikaner se kreet te word – trouens, in die harte van ons mense is daardie kreet lank reeds gevestig… ‘Die dag as ons ingee, is die dag wat ons sterf’. Die Boere-Afrikaner behoort hierdie waarheid elke dag met hom saam te dra, dit oor te dra na die volgende geslag, dit ’n slagspreuk te maak wat ons volk se onsterflike wil om voort te veg vir ons vryheid, te versterk. Die Tweede Vryheidsoorlog het Brittanje op moedverloor se vlaktes gehad, want daar was manne, en vroue, en kinders wat geweier het om in te gee, en baie het as Bittereinders tot die einde geveg en geveg. Nou, geslagte later, is hierdie klein volk weer voor die afgrond van vernietiging, en kan sy einde so maklik aanbreek, hy moet net besluit om handdoek in te gooi…Volksgenoot, die dag as ons ingee, is die dag wat ons volk sterf… Wees ’n Bittereinder en veg tot die bittereinde, ja, tot ons oorwin. Die verduideliking vir die betekenis van rassisme deur die VAWB verklarende woordeboek is: ‘gewoonlik as regverdiging vir oorheersing deur jou ras’. Neorassisme is dus ʼn nuwe vorm van rassisme. Die gebruik van rassis en rassisme is oor die jare misbruik en gevestig deur linkse humanistiese blankes en deur swartes op blankes wat volgens hulle teenoor swartes diskrimineer.
Die gebruik vir propaganda en breinspoelingsdoeleindes word tot so ʼn mate misbruik dat slegs ʼn blanke ʼn rassis kan wees en dat swartes met alle vorme van diskriminasie en aanstoot teenoor blankes kan wegkom sonder dat dit rassisme kan wees. Rassisme is dus gereserveer om slegs ʼn blanke se optrede teenoor ʼn swarte te beskryf. Die linkse media in die wêreld en in S-A het listig (lustig) die toon aangegee om die propaganda oor rassisme te versprei en in stand te hou en om die teenoorgestelde rassisme te verswyg. Die tyd het nou aangebreek dat die saak reggestel moet word. Omdat die woord rassisme sy eerlike betekenis verloor het moet daar na ʼn alternatiewe woord gesoek word om hierdie wangebruik teen te staan. So ʼn woord is neorassisme en diegene wat hulle aan neorassisme skuldig maak is neo-rassiste.
Kom ons pas die verduideliking in die eerste paragraaf toe op dit wat in S-A gebeur: Affirmative Action. Wie word benadeel en wie pas dit toe. Gevolgtrekking, dit is neorassisme. Daar is nog vele voorbeelde van neorassisme wat in S-A aan die orde van die dag is en dit maak nie saak of daar wetgewing is om die toepassing te regverdig nie, want sodanige wetgewing is op sigself die afdwinging van neorassisme. Daar is net een manier om die praktyk van neorassisme teen te staan en dit is om die vergryp voortaan op groot skaal by die naam te noem. Kom ons begin vandag en wys elke vorm van neorassisme uit in woord en skrif en identifiseer die neorassiste wat hulle skuldig maak aan neorassisme. Dit is ons mensereg!

Regering oorsaak van waterkrisis
Zandile Mathe, adj.-direkteurgeneraal van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se Nasionale Waterinfrastruktuurtak (NWRI), sê die waterkrisis is weens die feit dat daar nie genoeg kundiges in haar departement is nie. Die bemarkings bestuurder van die maatskappy Rho-Tech, wat pype vervaardig sê dat Mathe weet nie waarvan sy praat nie en sy skuil agter ‘n politieke motief. (S-A het ‘n oorskot aan blanke ingenieurs, maar die ANC/SAKP stel nie in blanke ingenieurs belang nie. Jong swart studente word nou ten duurste in Japan en in China as ingenieurs opgelei). Hy sê die regering voer goedkoop, swak Sjinese produkte in, terwyl ons plaaslike vervaardigers se produkte van ’n beter gehalte is en aan internasionale standaarde voldoen.
Mathe
het Woensdag skouerophalend tydens ’n rioolinfra-struktuur-konferensie by Emperor’s Palace in Kempton Park (naby Johannesburg) gesê, ‘die departement werk hard aan oplossings, maar sy begroting is onvoldoende en daar is ’n tekort aan kundiges soos ingenieurs, vakmanne en tegnici’. Die knellende droogte het almal in die land bekommerd oor die toestand van die gehalte en hoeveelheid water in die land. Soos alles onder ‘n kommunistiese bewind, is die onvoldoende opgradering van infrastruktuur ‘n groot knelpunt.
Wat egter groter kommer veroorsaak, is die gehalte van die water. Volgens Mathe maak slegs 22 % van die land se infrastruktuur van die geskikte tegnologie gebruik. Sowat 74 % van die land se rioolwerke is nie op standaard nie.
Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *