1216 ZA – 't Scheldt

1216 ZA

Rassegrondslag vir toekenning van staatstudiebeurse

In ‘n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: ‘Die regering moet verduidelik waarom ʼn nasionale beursskema vir onderwysers, wat byna ʼn dekade gelede in werking gestel is om alle voornemende studente na die onderwys te lok, voortaan net aan persone toegeken gaan word wat in ʼn swart taal onderwys gaan gee.
Luidens ʼn berig in die Cape Times gaan die omvattende Zunza Lushaka-beursskema, wat voorheen in samewerking met universiteite aan ʼn kwart van alle voornemende onderwysstudente aangebied is, voortaan net gegee word aan persone wat reeds ʼn swart taal magtig is, en hoofsaaklik in die grondslagfase daarin onderwys gaan gee. Dit is duidelik dat die beurse voortaan hoofsaaklik net swart studente beskore gaan wees en dat wit en bruin totaal uitgesluit gaan word aangesien voornemende studente reeds ʼn swart taal magtig moet wees wanneer aansoek gedoen word om die beurs’.

´n Sitplek in die klas eerder as gehalte onderrig
Panyaza Lesufi, omstrede LUR van Onderwys in Sentraal Transvaal (die huidige Gauteng), het begin om skole in die ANC-vorm te forseer deur voor te skryf dat klasse van tot 40 leerlinge beteken dat daar voldoende toegang tot skole kan wees, sonder verdere spandering aan geriewe. Hierdie aankondiging volg kort op ´n skokkende appèlhofuitspraak wat politieke inmenging in skole toelaat. Verder het hy uitgevaar teen skole wat toelaat dat leerlinge van buite hulle voergebied ‘aangery’ word – gerieflikheidshalwe ‘vergeet’ hy dat juis hierdie taktiek gebruik is om skole in ons stede te Afrikaniseer, aldus ´n ouer van Pretoria wat verkies om annoniem te bly.
Ons plaaslike laerskole word oorspoel deur swart leerlinge wat van heinde en verre aangery word met ´n vloot minibus taxi’s’. Lesufi het die aankondigings gemaak tydens ´n registrasiegeleentheid by die Ticketpro Dome. Ons onderwys woordvoerder het ook uitgewys dat die probleem gaan vererger word deur ´n toenemend onprofessionele en onbevoegde onderwyserskorps. Eerder as voedselproduksie, gaan onderwys nou eerder oor ´n sitplek, as onderrig. Kwotas is belangriker as meriete.
Soveel slegte dinge gebeur in die land, en midde-in is ‘n klompie volksgenote wat onder moeilike omstandighede hard werk om die volk en land weer op te bou. Lees ‘n mens die dinge wat in die land gebeur, stem dit jou negatief. Lees jy oor die positiewe dinge wat deur die Oranjesakekamer, Oranje Sakeinsituut, Calvinistiese Alliansie en soveel ander gedoen word, raak jy opgewonde en gretig om ook ‘n bydra te lewer.
Die Vryburger het in hierdie gees ontstaan. Dit is ‘n projek deur vrywilligers wat probeer om ons volk bymekaar te hou en poog om die propaganda van die media teen te staan.
***
Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê as hy ’n professor aan ’n universiteit was, het hy eerder sy goed gevat en geloop. In ‘n gespreksge-leentheid by die Cape Town Club het hy gesê hy sien nie uit na die toekoms nie. Volgens hom gaan pres. Jacob Zuma nog spyt wees oor die beloftes van gratis onderwys wat hy aan betogende studente gemaak het. Dié aankondiging het hom skoon paniekerig gemaak, het hy gesê. Hy sê hulle somme lyk of die bedrag wat benodig word om op te maak vir die tekort aan klasgelde, is nader aan R 4,6 miljard. en sy verwagting is dat die onrus volgende jaar erger as die van vanjaar sal wees. Die regering skryf alles wat hulle nie kan beheer nie toe aan ‘n derde mag. Volgens hom is dit onsin en hy wou weet waar is die eerste en tweede mag. Maar die ANC sal die vernedering moet verduur om te erken hulle was verkeerd. Dit gaan nie hier oor geld nie, dit gaan oor politiek, het hy gesê.
Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *