1215 Z A – 't Scheldt

1215 Z A

Nuwe naam vir Huis JBM Hertzog

Die naam van die tradisieryke manskoshuis van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Huis JBM Hertzog, is deur die universiteit verander na Huis Beyers Naudé. Volgens die UV spruit die naamsverandering uit ‘n besluit van die huidige inwoners van die koshuis. In hul reaksie sê lede van JBM Hertzog se Oumanne Bond dat die naamsverandering nie ‘n suiwer studente-inisiatief is nie en dat oud-inwoners nie daarin geken is nie. Hulle sê egter wel dat Beyers Naudé ‘n S-A-held is en dat hulle bly is dat die UV sy nagedagtenis eer. Vraag oor magsentrum in wêreldpolitiek
Daar is ‘n wye mening van politieke waarnemers dat hoewel algemeen aanvaar word dat die jaarlikse beraad van die G7, soos vanjaar weer gehou op 7 en 8 Junie te Schloss Elmau met Duitsland as gasheer, die plek is waar die belangrikste besluite in die wêreldpolitiek geneem word, die vergadering van die sg Bilderberg Groep eintlik die geleentheid is waar die bepalende besluite geneem word. Die G7 bestaan uit die staatshoofde van die VSA, Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Italië, Japan en Kanada, terwyl die Europese Kommisie ook daarop verteenwoordig is. Desnieteenstaande wil sg. ingeligte mening dit hê dat die Bilderberg Groep, wie se vergaderings van sowat 133 persone in groot geheimsinnigheid gehul is, eintlik die stert is wat die hond swaai. Hul laaste vergadering was 11-14 June 2015 in Telfs-Buchen, Oostenryk en is na berig word bygewoon deur o.a. Oostenrykse president Heinz Fischer, Nederlandse premier Mark Rutte, voormalige Britse minister van Finansies George Osborne, EU Kommissie-president Jose Barroso, Google baas Eric Schmidt, voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Henry Kissinger, ex-koningin Beatrix, ens.Boek oor ABO-konsentrasiekampe
‘n Besonderse boek ter herdenking van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 onder die titel De Camp Courant is pas gepubliseer. Die boek is ‘n samestelling van die 16 uitgawes van De Camp Courant wat vanaf Augustus 1998 tot 2003 – dus voor, tydens en na die 100-jarige herdenking in 2001 – ter ere van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe deur ‘n reëlingskomitee onder voorsitterskap van wyle mev. Lucia van den Berg uitgegee is. In die uitgawes word ver-hale uit die ABO vertel wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Dit alles is nou in ‘n boek deur Gerrie van der Walt van Bloemfontein saamgevat en ‘n beperkte aantal eksemplare gepubliseer. Nuwe Slim app in Afrikaans
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het op 17 Julie ‘n splinternuwe gratis app bekendgestel en terselfdertyd die eerste weer-gawe van hulle webwerf geaktiveer.Die app, wat op enige slimfoon of tabletrekenaar afgelaai kan word, gee gebruikers kitstoegang tot betroubare Afrikaanse taalbronne, sonder om aan die Internet gekoppel te wees.Woordeboeke in die app sluit o.a. die woordelys van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), asook die tesourus en woordelys van die bekende speltoetser van CTexT® se Afrikaanse SkryfGoed in.Een van die opwindende aspekte van die Android-weergawe van die app is dat gebruikers wat onseker is oor die spelling van ʼn woord, die regte spelling kan vasstel deur Google Voice te gebruik.VivA se stigterslede is die SA Akademie, die ATKV, Dag-breek Trust en NWU, terwyl die Atterbury Trust, Afrikaanse Taalraad, AfriForum, die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), Fonds Neerlandistiek SA, die PUK-Kanselierstrust en Vriende van Afrikaans ook finansieel bydra.
Mediavennote sluit in RSG en Rapport.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *