1214 Z A – 't Scheldt

1214 Z A

Roman: Monochroom Reënboog

‘n Boeiende en vloeiende roman wat afspeel teen die agtergrond van die drie dekades voor die oorgang na ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika, met die titel Monochroom Reënboog het pas in boekvorm uit die pen van skrywer André Fourie verskyn. Fourie is die afgelope 13 jaar met sy gesin in Engeland woonagtig, maar sy passie vir Suid-Afrika brand hoër as ooit. Die verhaal, fiksie gebaseer op die werklikheid, word vertel deur die oë en ervaring van die hoofkarakter Abrie Cronjé en dek vanaf die dag van die sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966. Die storie word grafies vertel hoe die landsomstandighede daardie tyd, met treinry, inryteater, Spiekeries se sportuitsendings, sportboikotte, Bosoorlog, ens. daaruit gesien het. Enkele woordkeuses word gebruik wat mag ontstel en vandag nie polities korrek is nie, maar dit weerspieël die karakter van die Afri-kaner van die tyd wat met foute en al nogtans van Suid-Afrika ‘n land gemaak het waarop met reg trots kon wees en wat allesbehalwe so sleg was as wat kritici dit dees-dae maak.
Die boek is nie polities nie, maar bloot ‘n werklikheidsgetroue sout-van-die-aarde verhaal.
Die boek met ISBN nr 10:1507659393, is beskikbaar by Amazon, en Protea.Flikkerligte vir pensioenfondse
Geluide wat die ANC-regering oor pensioenfondse maak raak al hoe meer onheilspellend, en gesien teen die agtergrond van die verwoestingswerk van Transnet se twee fondse, flikker die rooiligte, aldus adv. Anton Alberts van die VF Plus in ‘n mediaverklaring. Die ANC voorsitter in Gauteng, Paul Mashatile, het die gevaarligte hieroor aangeskakel toe hy gesê het die ANC sal met sy volgende algemene raadsvergadering in vanjaar na maniere kyk om werkers meer te ‘bemagtig’ deur aan te dui hoe en waar hul pensioengeld belê moet word. Luidens ʼn berig in Business Day oor die aangeleentheid, is die doel hiervan volgens Mashatile ‘ʼn poging om S-A se ekonomie te transformeer’. Wat nou gebeur, volgens Alberts, ‘is dat die ANC se geld opraak en nou word pensioene geteiken. Die ANC is niks anders nie as ‘n Marxistiese organisasie wat deur sluipwetgewing regkry wat Mugabe openlik gedoen het. Bietjie vir bietjie word eiendomsreg ver-nietig en vind sg. herverspreiding plaas’.Nuwe wetsontwerp oor grondonteiening
Dit blyk dat die tentakels van die regering in die rigting van grondonteiening in S-A steeds verder uitgebrei word deur die Wetsontwerp oor die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond. Die voorgestelde wet bevat bepalings van hoe landbougrond vir landboudoeleindes aangewend behoort te word en sou dit na die mening van die regering nie die geval blyk te wees nie, word voorsiening vir summiere onteiening gemaak. So bv. word voorgestel dat indien bevind word geen produksie vind plaas op ‘n sg. Hoëpotensiaalplaas nie, kan dit onteien word. Samesprekings tussen georganiseerde landbou en die Dept. van Landbou oor die inhoud van die Wetsontwerp word tans gevoer.Afrikaans onder skoot landboukolleges
Vanaf die Elsenburg Landboukollege word berig dat 14 swart studente wat luidrugtig protes teen die aanbied van lesings in Afrikaans beswaar gemaak het, tot die voorlopige opskorting van Afrikaanse onderrig by die instansie gelei het. Die protes gaan oor enige aanbieding in Afrikaans by die kollege en die feit dat lesings ook in Engels aangebied, tel nie. Dit het daartoe gelei dat sowat 150 Afrikaanssprekende studente nou weier om klasse by te woon tot die amptelike beleid van 50-50 herstel is. By die Grootfontein Landboukollege te Middelburg in die Karoo het beswaar teen Afrikaans as onderrigme-dium egter skipbreuk gely en is die protes laat vaar. By Potchefstroom Landboukollege kom skermutselinge oor Afrikaans sporadies voor. Glen Landboukollege Bloemfontein het as instansie totaal verdwyn.Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *