1213 Z A – 't Scheldt

1213 Z A

Muthambi by Chinese propagandamasjien

Tydens ‘n besoek aan China het Minister van Kommunikasie Faith Muthambi met ‘n afvaardiging intensiewe samesprekings gevoer met die Chinese Minister of State Administration of Press, Publication, Radio, Film and Television, sowel as die Minister in the State Council Information Office. Volgens ‘n mediaverklaring van Muthambi het sy gesê dat die besoek was “a good opportunity to learn more about China and its development in broadcast and the broader TV industry.” Op hul beurt wys die DA in ‘n media-verklaring daarop dat China ‘n eenpartystaat is wat op die World Press Freedom Index 176ste uit 180 lande is. Dit is welbekend dat Chinese joer-naliste wat nie in die guns van die regering is nie, ontslaan, geswartlys en selfs in die tronk gegooi word. Daarby werk die Chinese Minister of State Administration of Press, Publication, Radio, Film and Television hand in hand met die Kommunistiese Party se Central Propaganda Department, wat ten volle in beheer is van die China Central Television and China National Radio. Voorts is China berug vir sy drakoniese sensorskap van die Internet en blokkeer die sg. Great Firewall of China ongeveer 3 000 webwerwe insluitende YouTube, Wikipedia, Twitter and Facebook. Hierdie is die tweede besoek van Muthambi aan China binne ‘n jaar.Konferensie: SEB v Besigheid
Uit ‘n SEB v Besigheid-konferensie wat AfriSake op 29 Julie 2015 in Pretoria aangebied het, het die verwoestende effek van swart ekonomiese bemagtiging op die SA ekonomie duidelik in syfers geblyk. Van die sprekers het ingesluit dr. Anthea Jeffery van die Instituut vir Rasseverhou-dinge, Frans Nortjé as ’n kundige op SEB-kodes en Piet le Roux van die Solidariteit Navorsings-instituut. Uit die konferensie is die gevolgtrekking gemaak dat die sakegemeenskap ’n totaal nuwe sake-omgewing in die gesig staar wat ‘n wetlike raamwerk vestig wat aan die regering en regu-leerders ’n instrument voorsien waarmee hulle op elke vlak in die ekonomie as geheel kan inmeng. Verder sal dit ’n beginsel vestig wat ’n invloed op eiendomsreg in die algemeen sal hê. Hierdie raamwerk vorm deel van ‘n eietydse rassediskri-minerende bedeling wat die sg. apartheid van die verlede tot ‘n nietigheid verklein.Massiewe afleggings spel wye maatskaplike onrus
Vanweë ooglopende patetiese landsbestuur is groot maatskappye en werkgewers tans in ‘n proses van massiewe afleggings van werkne-mers. Onder die talle voorbeelde is die mynmaatskappy Lonmin wat met ʼn herstruktureringspro-ses begin het waardeur sowat 4 500 werknemers geraak sal word. Lonmin voer o.m. die verswakking van die metaalprys en die gevolglike sluiting van sy Hossyskag as rede vir die afleggingsproses aan. In die Noord-Kaap skaal myne te Kathu, Kuruman en Postmasburg geweldig af, terwyl dieselfde geld vir myne in die Vrystaat. As een van die bydraende redes word dalende kommodi-teitspryse wêreldwyd aangevoer, maar storting van goedkoop ingevoerde Chinese staal is SA het ook ‘n verpletterende effek. Dit het o.m. tot gevolg dat te Vanderbijlpark die staalreus ArcelorMittal (eertydse Yskor) selfs sluiting op hande het, met verwoestende potensiaal vir die ekonomie van die Vaaldriehoek. Telkom is ook huidig besig om van duisende werknemers ontslae te raak. Dit alles voorspel noodwendig ‘n scenario van wydverspreide maatskaplike onrus en politieke onstabiliteit.PetroSA ly R15 miljard verlies
Dit blyk dat PetroSA, die staatsbeheerde petroleum- en gaskorporasie, gedurende die finnsiële jaar 2014/15 ‘n verstommende verlies van R14,9 miljard gely het. Dit is die enkele grootste jaarlikse verlies wat ‘n staatsbeheerde korporasie in SA nog ooit gely het. Van hierdie bedrag is skynbaar R7,6 miljard toe te skryf aan vermorste en onreëlmatige uitgawes. Intussen sukkel die DA om die topbestuur van PetroSA en die verantwoordelike minister Tina Joemat-Pettersson in die Parlement te kry om die toedrag van sake te verduidelik. Die minister is blykbaar te besig met die geheimsinnige kernkragverdrag met die Russe.

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *