1207 Z A – 't Scheldt

1207 Z A

Moorddadige aanslag duur voort

Die wrede en sinlose moorddadige aanvalle op blankes, hoofsaaklik bejaardes, duur onverpoosd voort. Verlede Donderdag is Ria Kirsten (65) van Bothaville helder oordag ingewag toe sy teruggekom het van die winkel en herhaaldelik vermoedelik met ‘n tuinvurk oor die kop geslaan, sodat sy skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen het, asook haar kakebeen, oogbank en ribbes gebreek is. Die volgende dag is Johan Vos (73) van Riebeeckstad dood in sy motorhuis aangetref met sy hande en voete vasgebind, iets om sy nek gebind en met beserings aan sy kop en gesig.Dieselfde dag is ‘n swart plaasbestuurder Robert Rhadebe (67) en sy vrou Martha, ook in die 60’s,  op ‘n plaas in die Harrismithdistrik met lappe vasgebind en met messe gesteek. Robert, wat 43 jaar plaasbestuurder vir Danie Badenhorst was, het nie die aanval oorleef nie.‘n Week vroeër is Ruben Gouws (65) en sy ma Hermien (88) naby Ida in die Oos-Kaap op hul plaas wreed vermoor. Laasgenoemde is blykbaar met haar serp verwurg, terwyl Ruben met telefoondrade vasgebind en met meswonde gevind is.Totale aanslag teen Afrikaans op tersiêre kampusseDaar woed tans duidelik ‘n totale aanslag teen Afrikaans as onderrigtaal op tersiêre kampusse in die land. Te Potchefstroom probeer oorhoofse NWU rektor Dan Kgwadi, gerugsteun deur Minister van Hoër Onderwys Blade Nzimande, sy bes om alle spore van Afrikaanse kultuur en Afrikaans as onderrigtaal weg te ‘transformeer’. Hierin word hy teengestaan deur die rektor van die Potch kampus, prof. Herman van Schalkwyk, bygestaan deur prof. Fika van Rensburg en Rantoa Letsosa, wat ‘n brief aan Kgwadi gestuur het en vir hom gesê het dat sy voorgestelde model tot mislukking gedoem is.Intussen het opponerende studentegroepe op die Potch kampus gewelddadig slaags geraak en moes die Polisie tussenbeide tree – die eerste keer in die geskiedenis dat dit gebeur het.Te Stellenbosch het ‘n groepie georkestreerde anti-Afrikaanse studente ‘n rassistiese video getiteld ‘Luister’ die lig laat sien en wat tot soveel stofopskop gelei het dat die US-bestuur nou gedaag is om hul sg. transformasiestrategie direk aan die Parlement te gaan verduidelik.Te Bloemfontein het rektor Jonathan Jansen ‘n kwalikbedekte ondersoek gelas na Afrikaans as onderrigmedium by die Universiteit van die Vrystaat en vir hierdie doel ‘n sg. Taalraad aangestel, die name waarvan die UV weier om bekend te maak. By Elsenburg Landboukollege is klasse tyelik gestaak nadat opponerende studentegroepe ook gewelddadig gebots het oor Afrikaans as onderrigtaal by die kollege.*SUID-AFRIKA MISDAADSYFERSIn ‘n mediaverklaring haal AfriForum die volgende misdaadsyfers in Suid-Afrika aan:395 000 moorde sedert 1994730 070 seksuele misdrywe sedert 2004 £2 331 897 gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseerSedert 2004 1 286 882 gevalle van roof met ver-swarende omstandighede136 953 voertuigkapings.Teen hierdie agtergrond lui die mediaverklaring dan verder soos volg: ‘Misdaad is ʼn epidemie wat in ons land posgevat het omdat die regering sy plig versuim om wet en orde te handhaaf. S-A het ʼn mensgemaakte rampgebied geword, waar misdadigers vry rondbeweeg en waar ons gyselaars in ons eie huise is.Dr. Frans Cronjé van die S-A Instituut vir Rasseverhoudinge sê met verwysing na die misdaadsyfers van die afgelope 20 jaar, dat Suid-Afrika in ʼn lae-intensiteit-burgeroorlog gewikkel is.Met 1 uit elke 100 polisiebeamptes in Suid-Afrika wat ʼn kriminele rekord het, bestaan daar min rede om vertroue in die SAPD te hê.Sowat 700 huisbrake word elke dag aangemeld en sowat 100 gevalle van triomisdade, wat ernstige en geweldsmisdade is.In die lig daarvan het AfriForum tydens hul nasionale kongres op 28-29 Augustus 2015 by Klein-Kariba in Limpopo hul Nasionale Veiligheidsplan bekendgestel, met die volgende fokuspunte: Infrastruktuur (Patrollies / Reaksie / Insidentbeheer / Radionetwerke / Beheerkamers) / Opleiding (Basiese patrollieopleiding / Wetlike aspek-te / Toneelhantering / Gespesialiseerde opleiding vir reaksiespanne / Noodhulp / Radiokommuni-kasieopleiding).Boerskot

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *