1206 Z – A – 't Scheldt

1206 Z – A

Beurtkrag knou SA ekonomie

Beurtkrag is besig om die landsekonomie te knou. Dis nie net klein sakeondernemings wat swaarkry nie, maar groot kettingwinkels sukkel om hul boeke te laat klop. Die verliese kan nie meer gedra word nie. Van uitbreiding en verbete-ring is daar lankal nie meer sprake nie.

Misdaad het ook drasties gestyg sedert beurtkrag ingestel is. Besighede moet nou tyd, energie en geld aan sekuriteitopknapping bestee, want mis-daad vreet die winste op wat bedoel is vir uitbrei-ding.
Een van die voorbeelde is die Netcare-hospitaal groep wat weens beurtkrag nou miljoene Rand moet gebruik om sonkrag en bystand kragopwekkers aan te skaf weens die onvoorspelbaarheid van Eskom se kraglewering. Wat die situasie vererger, is dat die uitgawes wat aange-gaan moet word, uiteindelik uit die sak van verbruikers kom.
Firmas se finansiële resultate is nie rooskleurig nie, en in talle gevalle word die donker prent wat voorgehou word, toegeskryf aan wisselvallige kragvoorsiening in die land. Selfs die restaurantbedryf vind die beurtkrag as ’n stremmende faktor, want mense is nie bereid om snags in stikdonker terug te ry huis toe nie.
Ander sakeonder-nemings kla dat mense vroegmiddag terugkeer huis toe omdat die onverwagse van beurtkrag gevrees word.
Die voorsiening van Eskom-krag (deur munisipaliteite, aan die publiek) is so onvoorspelbaar, dat geen voorafbeplanning moontlik is nie.
’n Woordvoerder van die groot nyweraar Tiger Brands sê die beurtkrag wat soms sonder waarskuwing toe-gepas word, veroorsaak dat halfklaar voorbereide voedsel dikwels op die ashoop beland omdat dit nie benut kan word nie. As daar vyf ton boontjies in ’n massiewe kookpot van die nywerheid is, en die krag gaan af, dan gooi die nyweraar dit weg en sukkel die werkers om die toerusting skoongemaak te kry.
Talle nyweraars wys daarop dat hulle genoodsaak is om hul pryse te verhoog omdat die ge-bruik van eie kragopwekkers die insetkoste dras-ties verhoog.
Dit veroorsaak weer dat mededinging verswak, en die aanvraag begin taan. Die 6 nuwe kern-kragsentrales wat deur Rusland in S-A gebou gaan word, sal jare en jare duur om te voltooi. Intussen sal die situasie net eenvoudig vererger, want die ANC-regering het reeds bewys dat hy nie opgewasse is om die toestand te verbeter nie. Dit wat blanke ingenieurs oor dekades opgebou het, word deur swart politici en onbevoegde swart ingenieurs binne ‘n paar maande vernietig.Fedsas klap LUR ondersteboDie Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) het ’n klinkende oorwinning in die hofgeding met die LUR van Sentraal Transvaal behaal toe die regter dit onomwonde gestel het dat beheerliggame en nie die Onderwysdepartement, bepaal wat die toela-tingsvereistes by skole is.Fedsas het die LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, gedagvaar om in die hof ’n beslissing te kry oor wie die toelatingsvereistes en taalbeleid van skole bepaal. Fedsas het volgehou dat niemand anders as ’n beheerliggaam oor die toelatings- en taalbeleid van ’n skool kan besluit.Regter Gregory Wright het beslis dat skole wag-lyste mag voorberei in terme van hul eie taal- en toelatingsbeleid en dat beheerliggame bepaal wat die skool se taalbeleid is, en wie tot die skool toegelaat word ingevolge die toelatingsbeleid. Fedsas teken nou ook ernstige beswaar aan oor die aanlyn-metode wat deur die Departement begin is om toelating by skole te registreer. S-A en Rusland teken kernkragooreenkomste
Suid-Afrika en Rusland het tydens die BRICS beraad verlede maand in Rusland twee Memoranda van Verstandhouding geteken oor samewerking in die kernenergieveld.Die ooreenkomste, geteken tussen die Dept. van Energie en die Russiese staatsbeheerde Rosatom, handel oor die opleiding van personeel vir die S-A kernkragnywerheid en oor openbare be-wusmaking in S-A oor kernenergie.As sulks maak die ooreenkomste voorsiening vir o.m. die opleiding van 200 S-A kandidate by Russiese universiteite, asook vir die omvattende voorligting van die publiek in S-A oor die gebruike en aanwending van kernenergie. Die stigting van ‘n sogenaamde Nuclear Energy Information Centre in S-A word ook oorweeg.Boerskot***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *