1183 Z-A – 't Scheldt

1183 Z-A

VOORSTELLE OOR RASBELEIDE VIR DIE JEUGAfriForum Jeug

het met Adjunk-minister in die Presidensie Buti Manamela vergader oor die nasionale jeugbeleid wat vir die volgende vyf jaar beplan word. Daar is beswaar aangeteken teen die bevoordeling van sekere rasse in die beleid. Bemagtiging is belangrik om jongmense voor te berei sodat hulle op ʼn gelyke voet kan meeding, maar bemagtiging op grond van ras is egter onaanvaarbaar.’n Beleidsdokument van die regering bevat voorstelle i.t.v. SEB waar swart jongmense uitsluitlik bevoordeel word, asook oor grondhervorming en beurse. AfriForum Jeug het aan Manamela aangedui dat: Ontwikkelingsprogramme vir jongmense nie alleenlik deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) gedryf moet word nie, maar dat ander jeugorganisasies ook in berekening gebring moet word. Voorts is aan die hand gedoen dat entrepreneurskap die kernoplossing moet wees sonder inagneming van ras.Daar is ook voorgestel dat regulasies vergemaklik moet word vir jongmense om so spoedig as moontlik ʼn besigheid op die been te kan bring.CHINESE BEDRIEG STANDARD BANK MET R 854 MILJOENDit word berig deur Mining Weekly dat die Industrial and Commercial Bank of China vir Standard Bank d.m.v. vals aluminiumuitvoer-transaksies met sowat R584 miljoen bedrieg het. Die aluminium was aangebied as kollateraal vir ’n reeks ooreenkomste vir kommoditeitsfinansiering by Chinese metaalverhandelingsmaatskappye, wat veervuldige lenings verkry het vir dieselfde enkele vrag aluminium oor en oor. Standard Bank was ook blootgestel aan bedrieglike aluminiumvoorrade in ander pakhuise in die hawe van Qingdao in die Shandong-provinsie. Ondersoeke oor die bedrog en korrupsie is steeds aan die gang en kyk Standard Bank na berig word ernstig na die betroubaarheid van sy buitelandse handelsprosedures, spesifiek herverkryging of ‘repos’.VERDAGTE IN HOF OOR MOORD OP VEEARTSFrans Mokoena (30) het in Mbombela / Nelspruit in die hof verskyn op aanklag van die moord op dr. Rensia de Wet, ’n veearts van Witrivier wat in haar houthuis op die Nottinghill Equestrian Estate naby Witrivier verkrag en vermoor is. Sy was ‘n vooraanstaande veearts en perdevoe-dingskenner. Mokoena verskyn terselfdertyd in die Nelspruit streekhof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, verkragting en poging tot moord op ‘n vrou in Matsafeni. Hy het gewerk op die landgoed waar De Wet vermoor isTSHWANE METRO MUNISIPALITEIT OP RAND VAN BANKROTSKAP
Die DA sê in ‘n mediaverklaring dit is in besit van die finansiële state van die Tshwane Metro Munisipaliteit vir 2013/14, wat aandui dat die stad op die rand van bankrotskap is. Indien in ag geneem word dat uitstaande skulde nie ingevorder word nie, projekteer die DA dat die stad uit operasionele kontant gaan loop. Die party sê dat dit oor die situasie skakel met die nasionale regering, die provinsiale regering, die ouditeur-generaal en die Parlement oor ongerymdhede soos die volgende in die finansiële state: Styging in ongemagtigde uitgawes tot R1,2 miljard / Styging in onreëlmatige uitgawes tot R451 miljoen / Onverklaarde bedrae van R705 miljoen in die state / Uitstaande verbruikersskulde van R1,4 miljard / In gebreke bly om ‘n bateregister in stand te hou / Besteding van ongeveer R100 miljoen op Tshwane House sonder om iets daarvoor te wys / Die onvermoë van die munisipaliteit om sy finansiële verpligtinge na te kom teen ‘n koers van 0.72:1 en ‘n suurkoerstoets van 0.66:1, wat impliseer dat die stad tegnies bankrot is.AfriSake BEVEG NUWE GRONDPOGINGS
In ‘n mediaverklaring sê AfriSake dit sal enige pogings aktief teenstaan om grondbesit te beperk, soos pas deur pres. Jacob Zuma in sy Staatsrede in die vooruitsig gestel. Die veldtog sal plaasvind by wyse van regsaksies, mobilisering van die plaaslike en internasionale sakesektor en aanmoediging van finansiële en ander druk op die regering. ‘Ekonomies het die Zuma-regering sy ’GPS’-sein verloor. Deur eiendomsreg af te takel, word die land  in die verkeerde ekonomiese rigting gestuur en algemene beleggingsvertroue word verlaag. Al die regering se ander planne, beleidsvoorstelle en goeie bedoelings word eintlik nietig verklaar teen die agtergrond dat eiendomsreg aktief ondermyn word. As landsburgers nie volledige eiendomsreg oor hul bates en inkomstes kan geniet nie, sal geen ekonomie-se onwikklingsplan slaag nie’, aldus AfriSake.***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *